Oppiwater Kunstefees-program
Die Oppiwater Kunstefees-program geloods en sorg vir baie opwinding!
Lefra Produksies en RSG se dertiende Oppiwater Kunstefees-program is so pas geloods en spog met meer as 30 verskillende top Afrikaanse teaterproduksies. Die Oppiwater Kunstefees vind volgende jaar van 14-19 Februarie 2027 aanboord die MSC Armonia plaas en vaar van Durban na Mosambiek se tropiese eilande, Pomene en die Portugese Eilande.
Kajuitbesprekings kan gedoen word by www.oppiwater.co.za of 011 844 6073. Besprekings vir feeskaartjies kan gedoen word by www.LTickets.co.za of 011 815 3000. Die Oppiwater Kunstefees word aangebied met die vriendelike samewerking van Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, Lekker FM, Lift Airlines, MSC Cruises, Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Mobilis Auto, Rent-a-piano, RSG, en Van Loveren Wyne. Meer inligting by www.oppiwater.co.za of skakel Monica Booysen by 011 815 3000.
Frans Swart, Feesdirekteur van die dertiende Oppiwater Kunstefees, sê hy is baie opgewonde oor die kunste-aanbod op 2027 se Oppiwater Kunstefees. “Ons kunsskippie gaan behoorlik uit sy nate bars met alle kunsvorme soos drama, komedie, klug, musiek, sang, kuns en radio. Die lekkerte van die Oppiwater Kunstefees is dat ons vir ses dae vasgevang word in ‘n borrel van die kunste, heerlik eet en drink, partytjie hou, Mosambiek besoek en veral nuwe vriende maak,” sê Swart. Hy sê dat alle vorige Oppiwater Kunstefeeste totaal uitverkoop is oor twaalf jaar. “Die feit dat ons reeds Oppiwater vir twaalf jaar kon uitverkoop, sê vir ons dat feesgangers hou waarvan hulle sien. Ons is baie dankbaar vir ons jarelange vennootskap met RSG wat ook radio as medium na die Oppiwater Kunstefees toe bring.”
Swart sê dat Lefra Produksies die volle MSC Armonia beset en van elke liewe beskikbare ruimte ‘n volwaardige teater maak. “Daar is natuurlik die pragtige Teatro La Fenice wat ongelooflik goed toegerus is en vergelyk met teaters regoor die wêreld. Die 120-sitplek besigheidssentrum is ook in der waarheid ‘n “klein teater” wat ons ook baie sterk aanwend vir kleiner produksies. Ons gebruik egter alle beskikbare sitkamers, kroeë, die disco, restaurante, koffiewinkels en selfs die biblioteek om kleiner teaters en “venues” te skep.” Hy se voorts dat dit baie belangrik is om die Oppiwater Kunstefees en die MSC Armonia totaal uit te verkoop. “Ons kontrak met MSC Cruises is dat as ons 95% uitverkoop is, het ons die reg om die totale skip oor te neem vir die Oppiwater Kunstefees. Ons beset dan die skip en kan dit eksklusief vir die Oppiwater Kunstefees, die kunstenaars en ons Oppiwater Feesgangers aanbied. Ek is baie positief dat ons vanjaar weer sal uitverkoop. Ons versoek egter ons Feesgangers om vroegtydig te bespreek. Vir nou hoef gaste slegs ‘n deposito van R3 000 per kajuit te betaal,” sê Swart.
Feesgangers kan lekker kom lag vir komedies en klugte soos Lefra Produksies se nuwe klug in die eg tradisionele styl van Lefra se klugte, Tertjies en Stertjies wat premiere op vanjaar se Oppiwater Kunstefees. Daar is ook Hannes van Wyk en Desire Gardner in Magda Louw en haar Erhard – how lou can you go? Botha Enslin in Dood van die Founmannetjie en ander Ferdinand Deist Weskus-stories, Margit Meyer-Rodenbeck is te sien in Ouma en die ou Koeie, jy kan kom skaterlag met Andre – die Skreeusnaakse Hipnotiseur, Magda Louw het ook ‘n eenvrou vertoning, Magda Louw en die kar se sleutels, Dinner for One/ Sopper vir Een, Frank Opperman in Reunie, Phillru van Achterbergh in Groet die Grotman 2, Dan is Frank Opperman en Margit Meyer-Rodenbeck ook te sien in hul Eerste vir Alles Op dramagebied, word daar heelwat top dramas aangebied soos ‘n splinternuwe drama deur Kobus van der Schyf-Smal, Dit wat merke los. Leon van Nierop se epiese Het van Verlangekraal gaan ‘n hele skeut nostalgie bring, Hartsbriewe met Hannes van Wyk en Coenraad Rall, en Rooidag met Leon Gropp.
Opwindende dinge gebeur op musiekgebied met ‘n debuut huldeblykproduksie aan die Traveling Wilburys met Fatman, Pieter Smith, Leon Gropp, Christiaan Baartman en Johnny Late. Op geestelike gebied, open Die Broers en ds Francois Gouws die Oppiwater Kunstefees met hul geestelike ervaring, Genade, Onbeskryflik Groot. Daar is ‘n Langarm Valentynsdans met Hennie de Bruyn en die Ghitaarkerels, ‘n splinternwe produksie oor Johny Cash en June Carter, Johny’s June, die RSG Valentyns Galakonsert, Wynand en Cheree, Wandel deur my woorde, Louis Loock sing Elvis, 32 jaar – Pieter en Fatman, Ou Ryperd – oom Chris Rock, ‘n huldeblykproduksie aan Chris Blignaut, Radioman vs Musiekman, Op die eerste een met Pieter se stukkies, Koos Doep, Andre Schwartz se Lief vir Alles Hier, Klassiek ontmoet Pop, Goue oues en Fatman se Legendes. Die Broers doen hul spesiale Afrifees op die dek, Alwyn Oberholster sing elke oggend op die dek en Hennie de Bruyn en die Ghitaarkerels is in die middae op die dek. Die Tropiese Ontploffingsdekpartytjie gaan ook vir lekker pret op die dek sorg.
Op kunsgebied, kan jy jou eie skildery Oppiwater kom maak met Hannelie Swart se gewilde, Verf en Vino. Alle kunsmateriaal en wyn word verskaf en geen kunservaring of opleiding is nodig nie. Op poësiegebied doen Phillru van Achterbergh sy Verskuns en Elma Potgieter Vrou vs Vrou RSG gaan elke dag regstreeks van die dek af uitsaai en feesgangers kan ‘n opname van ‘n radiodrama bywoon. Die RSG omroepers wat deel uitmaak van die Oppiwate Kunstefees is Derrich Gardner en Johan Rademan. Daar is ook die daaglikse Ontmoet die Kunstenaars waar feesgangers kan kom skouer skuur met die kunstenaars op die skip. André Schwartz gaan ook ‘n Meestersklas in Sang aanbied wat deur ‘n gehoor bygewoon kan word. Kom beleef ook die “magic” van Regardt Laubscher.
Die volledige program is beskikbaar by www.oppiwater.co.za Kajuitbesprekings kan gedoen word by www.oppiwater.co.za of by 011 844 6073. Feeskaartjies kan bespreek word by www.LTickets.co.za of by 011 815 3000. Vir enige navrae, skakel Monica Booysen by 011 815 3000 of epos aan info@lefra.com
UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
Medianavrae/Onderhoude:
Charl Senekal
Tel: 011 815 3000
Cell: 061 616 6138
Epos: admin@lefra.com
Charl Senekal
admin@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.oppiwater.co.za
