Klassiek ontmoet Pop by Emperors

Louis Loock en Cobus Snyman

In die spore van Pavarotti en Bryan Adams se “crossover” produksies, bring Louis Loock en Cobus Snyman nou Suid-Afrika se eie “crossover” produksie.

KLASSIEK ONTMOET POP BY EMPERORS PALACE!

met Louis Loock en Cobus Snyman

In die spore van Pavarotti en Bryan Adams Wat gebeur wanneer opera en pop, klassieke elegansie en moderne energie, op dieselfde verhoog ontmoet? Wat gebeur wanneer opera en populêre musiek op dieselfde verhoog ontmoet? Die grens tussen klassieke musiek en popmusiek bestaan eintlik net op papier. Dit is die uitgangspunt van die produksie, Klassiek Ontmoet Pop, die unieke musiekteaterproduksie met Louis Loock en Cobus Snyman wat spesiaal geskep is vir die Oppiwater Kunstefees en wat nou gehore regoor die land bekoor. Klassiek Ontmoet Pop word op Vrydag, 26 Junie 2026 om 19:00 by die Theatre of Marcellus aangebied. Besprekings by www.LTickets.co.za 011 815 3000 of www.lefra.com Die produksie word aangebied met die vriendelike samewerking van Ambassador Execudrive, BluBlood, Britz Couriers & Removals, Emperors Palace, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, Lift Airlines, Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Mobilis Auto, Shereno Printers, RSG en Van Loveren Wyne.

Geïnspireer deur die internasionale crossover-verskynsel wat wêreldwyd miljoene musiekliefhebbers aangegryp het, bring Klassiek Ontmoet Pop dieselfde gees van musikale avontuur na Suid-Afrikaanse verhoogteaters. Hierdie produksie word aangebied in die tradisie van ikoniese internasionale samewerkings soos Luciano Pavarotti se beroemde Pavarotti & Friends-konserte, waar kunstenaars soos Bryan Adams, Bono, Sting, Céline Dion en Jon Bon Jovi saam met die legendariese tenoor opgetree het en bewys het dat groot musiek geen genregrense ken nie. Wie kan die onvergeetlike uitvoering van All For Love deur Pavarotti en Bryan Adams vergeet? Klassiek Ontmoet Pop bring dieselfde opwindende crossover-ervaring na plaaslike gehore met ‘n vars, toeganklike en onmiskenbaar Suid-Afrikaanse aanslag.

Met Louis Loock se indrukwekkende tenoorstem en Cobus Snyman se veelsydige musikale vernuf word bekende klassieke meesterwerke en ikoniese poptreffers op verrassende nuwe maniere aangebied. Die produksie neem gehore op ‘n reis waar genres vervaag en waar bekende melodieë nuwe betekenis kry. Gehore kan treffers soos The Sound of Silence, Home, O Sole Mio, Nessum Dorma, The Drinking Song uit The Student Prince, Soos Bloed en vele meer.

“Klassiek Ontmoet Pop gaan nie daaroor om te bewys watter genre beter is nie,” sê Louis Loock. “Dit gaan daaroor om die wonder van albei wêrelde te vier. Wanneer ‘n poplied met klassieke tegniek vertolk word, of wanneer ‘n klassieke werk nuwe energie kry as popliedjie, ontdek mense dikwels iets nuuts in musiek wat hulle al vir jare ken.” Cobus Snyman voeg by: “Die internasionale crossover-kunstenaars het vir die wêreld gewys dat musiek nie in boksies hoort nie. Met hierdie produksie volg ons dieselfde filosofie. Ons wil gehore verras, ontroer en herinner dat goeie musiek altyd mense bymekaar bring.”

“Ons grootste beloning is wanneer iemand ná die vertoning sê: ‘Ek het nog nooit van klassieke musiek gehou nie, maar vanaand het iets verander,’ of wanneer ‘n klassieke musiekliefhebber verras word deur die diepte van ‘n poplied. Dít is waaroor hierdie vertoning gaan,” sê Loock. “Musiek het die vermoë om mense te verenig, ongeag ouderdom, taal of voorkeure. Wanneer die eerste note speel, verdwyn etikette en bly net die ervaring oor,” sluit Snyman af.

Beide Louis Loock en Cobus Snyman is bekendes in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Louis het sy debuut in die a-capella groep Romanz gemaak en volg deesdae sy eie sololoopbaan. Hy is ook te sien in Frans Swart se huldeblykroduksie aan Ge Korsten, GE SING – HOOR MY LIED. Cobus Snyman is ‘n talentvolle sanger en musikant in eie reg. Hy is ook deel van die groepe, Die Broers en Christo en Cobus wat groot treffers gehad het soos onder andere Trein na Margate, 7 X 70, Daar sal nuwe winde waai en vele meer.


UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES

MEDIANAVRAE: CHARL SENEKAL
TEL: 011 815 3000 of 061 616 6138
Epos: admin@lefra.com


Charl Senekal
info@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.lefra.com

Louis Loock
Louis Loock
Cobus Snyman
Cobus Snyman