Lefra gaan groot by Umuzi Fees

Wynand Strydom

Lefra bied vier top produksies aan by vanjaar se Umuzi Kunstefees van 18-26 September in Secunda.

Lefra Produksies gaan sommer groot by vanjaar se Umuzi Kunstefees in Secunda met 4 produksies wat van 18-26 September by die Umuzi Teater aangebied word.

Dit is die derde Umuzi Kunstefees wat deur die Lake Umuzi Ontwikkeling en die Umuzi Teater aangebied word. Lefra open vanjaar weer die Umuzi Fees met Wynand Strydom se huldeblykproduksie aan Koos du Plessis, KOOS DOEP op Vrydag, 18 September om 19:00. Lefra het verlede jaar ook die Fees en die Umuzi Teater geopen met die produksie, Gé Sing – Hoor my Lied. Op Saterdag, 19 September kom Wynand en Cheree aan die beurt om 14:00 en op Sondag, 20 September is dit die beurt van Stephanie Baartman se ‘n Skatkis uit ons Musiekverlede. Die kinders moet nader staan, want Liewe Heksie speel op Saterdag, 26 September om 09:00 by die Umuzi Teater. Besprekings by www.LTickets.co.za Groepe meer as 10, skakel 011 815 3000.

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies sê hy is baie opgewonde oor Lefra se opvoerings by die Umuzi Fees. “Ons het hierdie Fees sien groei oor die jare en dit is vir ons belangrik om ook ons produksies na die Umuzi Fees en Secunda en omstreke te bring. Die nuwe Umuzi Teater is ‘n wonderlike ontwikkeling en beslis ‘n aanwins vir die aanbied van teaterproduksies.” Swart sê ook dat die Lake Umuzi Ontwikkeling met baie goeie akkommodasie spog. “Mens kan gerus ‘n naweek daarvan maak. Die omgewing is baie mooi en jy kan kies uit baie luukse hotelle, gastehuis, lodges en selfs ‘n karavaanpark. Kom man … jy gaan nie spyt wees nie!” Hierdie produksies word aangebied deur die vriendelike samewerking van Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, Lift Airlines, Mobilis Auto, RSG, Rent A Piano, die Umuzi Kunstefees, Van Loveren Wyne en WS Pianos aangebied.

Volgens feesorganiseerder Alma Swart is daar deeglik ag geslaan op die terugvoering van feesgangers tydens die vorige twee Umuzi Kunstefeeste. “Ons het geluister na wat ons feesgangers wil sien en beleef. Vanjaar bied die program heelwat meer ligte vermaak – iets wat nodig is in ’n tyd waarin mense dikwels oorweldig voel deur wêreldgebeure en persoonlike uitdagings,” sê Swart.


KOOS DOEP

Wynand Strydom was nog altyd ‘n groot aanhanger van Koos du Plessis se musiek en met sy diep, donker stem wat meesterlik Koos se liedjies vertolk en met Chanie Jonker op klavier en Leon Gropp op ghitraar, is hierdie produksie ‘n moet sien vir alle Koos du Plessis-aanhangers. Koos Doep is ’n roerende huldeblykproduksie waarin Wynand Strydom met rou eerlikheid die tydlose musiek van Koos du Plessis laat herleef. Met ’n stem wat die diepte en nostalgie van Koos se lirieke vasvang, bring Wynand ’n onopgesmukte vertoning wat die siel van hierdie legendariese sanger en liedjieskrywer eer. Elke liedjie dra die gewig van Koos se poëtiese hart, en Koos Doep word ’n intieme reis deur verlange, hoop en die skoonheid van eenvoud WYNAND EN CHEREE Wynand en Chereé is een van Suid-Afrika se gewildste en mees suksesvolle Afrikaanse country- en duetpare. Met hul unieke harmonieë. Sterk verhoogaanbieding en sielvolle musiek, het hulle al harte regoor die land verower. Beide het suksesvolle solo-loopbane, maar dit is hulle samewerking as ‘n duet wat ware “magic” skep. Hulle is veral bekend vir hul unieke stemkontras – Wynand se diep basstem gekombineer met Chereé se hoë, helder country-klanke.


‘N SKATKIS UIT ONS MUSIEKVERLEDE

n Skatkis uit Ons Musiekverlede is ’n ontroerende en nostalgiese musiekreis waarin Stephanie Baartman haar stem en storie verbind met die klanke wat generasies Suid-Afrikaners gevorm het. Stephanie is natuurlik baie bekend as die karakter, Lettie op Diepe Waters. Met Chanie Jonker as pianis en musiekregisseur word hierdie produksie ’n intieme maar kragtige huldeblyk aan die liedjies en veral die vroue wat ons musieklandskap help vorm het. Deur ikoniese liedjies en humor word ’n musikale “skatkis” oopgemaak, van Miriam Makeba se wêreldklanke tot Afrikaanse gunstelinge van Laurika Rauch en Sonja Herholdt. Die produksie vier die ryk, veelstemmige erfenis van Suid-Afrikaanse musiek – ’n skatkis nie van goud nie, maar van stories, emosie en onvergeetlike melodieë.


LIEWE HEKSIE

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help. Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier by die AfriForum Tteater. Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet. Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?

Besprekings by www.LTickets.co.za Groepe meer as 10: 011 815 3000 – kies Opsie 2.


UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES


MEER INLIGTING/ ONDERHOUDE/ KOMPETISIES:
CHARL SENEKAL
011 815 3000 / 061 616 6138
EPOS: admin@lefra.com


Charl Senekal
info@lefra.com
011 815 3000
Lefra.Produksies
http://www.lefra.com

Stephanie Baartman
Stephanie Baartman
Chanie Jonker
Chanie Jonker
Koos Doep
Koos Doep
Liewe Heksie (Ana van Achterbergh) bak koekies
Liewe Heksie (Ana van Achterbergh) bak koekies
Frans Swart en Verna Vels
Frans Swart en Verna Vels