Gé Korsten Fees by die Monument

Gé Korsten - Luitenant B.F. Pinkerton (Madame Butterfly, 1960)

Gé Korsten – Luitenant B.F. Pinkerton (Madame Butterfly, 1960)

Nostalgie op sy beste. Hele dag van hulde bring aan Gé Korsten by die Voortrekker Monument op Saterdag, 27 Junie. Hekke open 11:00.

GÉ KORSTEN FEES BY DIE VOORTREKKERMONUMENT

Gé Sing: Hoor My Lied vir oulaas in Pretoria!

NOSTALGIE OP SY BESTE!

Met Andrè Schwartz, Arina de Witt, Jannie Moolman en Stephanie Baartman

Regie: Frans Swart | Musiekregisseur: Chanie Jonker

Voortrekkermonument, Eeufeesweg, Groenkloof, Pretoria

Saterdag, 27 Junie.

Kukltuurmark en vermaak vanaf 11:00; huldeblykkonsert vanaf 15:00

Besprekings: www.LTickets.co.za

Groepbesprekings en Navrae: Monica Booysen by 011 815-3000 of epos admin@lefra.com

Meer inligting: www.gesing.co.za

Lefra Produksies bied ’n wonderlike Gé Korsten Fees aan by die Voortrekker Monument in Pretoria op Saterdag, 27 Junie 2026. Die Fees skop af om 11:00 met gaskunstenaars Ruan Josh, Mari Bosman en Francois van Rensburg. Liewe Heksie kom die kinders vermaak met die volle produksie, LIEWE HEKSIE EN BOTTERBLOM. Die Gé Korsten Fees word gevier met heerlike vermaak, kos en kultuurmark-stalletjies. Daar sal ook ’n biertent beskikbaar wees. Die hoogtepunt van die dag is Frans Swart se wonderlike huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied!, wat vir oulaas in Pretoria op Saterdag, 27 Junie 2026 op die ikoniese trappe van die Voortrekkermonument aangebied word om 15:00. Liewe Heksie, die ander kunstenaars en die kultuurmark word gratis in jou kaartjie gedek. Besprekings kan gedoen word by www.Ltickets.co.za 011 815 3000 of by www.gesing.co.za Daar is kos- en kultuurmarkstalletjies beskikbaar. Om stalletjies te bespreek, skakel 011 815 3000 of bespreek direk aanlyn by: https://markets.ltickets.co.za/ Stalletjie-eienaars kan ook ’n epos stuur aan info@lefra.com Gé Sing: Hoor My Lied! word aangebied met die trotse ondersteuning van die FAK, Ambassador Execudrive, Britz Couriers and Removals, Lift.co.za, Hollywood Costumes, Pretoria FM, Shereno Printers, Van Loveren Wines, The Piano Friend en die Voortrekkermonument.

Gé Sing: Hoor My Lied!, kom om 15:00 aan die beurt. Frans Swart sê dat almal uitgenooi word om reeds vanaf 11:00 op die markplein bymekaar te kom. “Ons wil dit ’n wonderlike dag maak om hulde aan Gé Korsten te bring, wat terloops reeds in die FAK se Liedjietuin en die Voortrekkermonument se museum vereer is. Daar gaan genoeg te doen wees. Die ma’s hoef nie kos te maak nie, want daar gaan genoeg kosstalletjies wees. En ook ’n lekker snuffelmark. Dit gaan ’n eenmalige ikoniese vertoning wees. Wat kan dan lekkerder as dit wees? Ons het ook besluit om die Gé Sing: Hoor My Lied-vertoning om 15:00 te begin sodat dit nie te koud is nie … Pretoria het mos lekker warm winterweer, maar bring maar ’n baadjie saam!”

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie Gé Sing: Hoor My Lied word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur vier van die land se voorste kunstenaars: Andrè Schwartz, Jannie Moolman, Arina de Witt en Stephanie Baartman. ‘n Volle orkes, onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker begelei die viermanskap. Die produksie was in 2025 vir vier Naledi-teatertoekennings benoem. Jonker is benoem in die kategorie beste oorspronklike klankbaan, verwerking of klankskap, Swart as beste regisseur van ’n musiekteaterproduksie en sangeres Stephanie Baartman as beste aktrise in ’n musiekteaterproduksie. Die produksie self is benoem vir beste kabaret, revue kleinskaalse musiekteaterproduksie.

Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland gebore. Hy was die jongste van agt kinders en het in 1936 as negejarige seun saam met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer. Hy het sy loopbaan as operasanger begin en was reeds op 20-jarige ouderdom lid van die SAUK se kore. Hy het in 1952 stemopleiding ontvang aan die South African College of Music in Kaapstad onder leiding van Adelheid Armhold. In 1955 het hy na Pretoria verhuis waar hy verdere opleiding onder leiding van Albrecht Lewald ontvang het. Hy was in dieselfde jaar ook een van die stigterslede van die Pretoria-operagroep. Sy operadebuut maak hy in 1956 as Canio in Pagliacci. In 1962 word ‘n oorsese studiebeurs aan hom toegeken waarna hy in 1963 in Europa onder Judith Hellwig verdere opleiding ontvang en ook die geleentheid kry om in operas in Europese stede soos Wenen en München op te tree. In 1976 het hy die Nederburgprys vir Opera ontvang vir sy hoofrol in Andrea Chénier.

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 ‘n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee. Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir ‘n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

Gé Sing: Hoor My Lied beloof ‘n aand se elegante vermaak, geskik vir die hele gesin, wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring. Kry jou kaartjies vir die ongelooflike teaterervaring nou by www.LTickets.co.za, of skakel 011 815 3000, en druk opsie 2. Vir groepbesprekings, kontak Monica Booysen by Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.


UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
MEER INLIGTING/ ONDERHOUDE/KOMPETISIES:
CHARL SENEKAL: 011 815 3000 OF 061 616 6138
EPOS: admin@lefra.com


Charl Senekal
admin@lefra.com
082 468 2732
Lefra Produksies
http://www.lefra.com

Andre Schwartz
Andre Schwartz
Arina de Witt
Arina de Witt
Stephanie Baartman
Stephanie Baartman
Ruan Josh
Ruan Josh