Ouma en die ou koeie

OUMA EN DIE OU KOEIE

OUMA EN DIE OU KOEIE kuier Sondag, 24 Mei by die Mannah Konferensiesentrum in Kempton Park (langs die OR Tambo-lughawe).

OUMA EN DIE OU KOEIE KOM KUIER IN KEMPTON PARK!

Teks en regie Jurgen Human

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (klavier)

Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Pomonaweg 39, Kempton Park

Sondag, 24 Mei @ 15:00 | Geen onder 14’s (Taal)

Bespreek vir die vertoning en ‘n driegangmiddagete of net die vertoning by www.LTickets.co.za

Margit Meyer-Rödenbeck, beter bekend as Dowwe Dolla, se Ouma en die ou koeie word uit die spreekwoordelike sloot gegrawe by die Mannah Konferensiesentrum in Kempton Park op Sondag 24 Mei om drie-uur. Ouma sê sy en Dowwe Dolla het op dieselfde tyd afgetree. Ouma en die ou koeie is deur Jurgen Human geskryf en is geskoei op die ouma van die immergewilde karakter, Dowwe Dolla. “Coenraad Rall is die tokkelaar op die klavier,” sê Ouma. “En boeta kan daai man daardie klavier tokkel!”

Besprekings vir Ouma en die ou koeie kan gedoen word by www.LTickets.co.za, 011 815-3000 of by www.lefra.com. Die dag se verrigtinge skop met heerlike middagete om 12:00 af. Nadat daar heerlik gekuier is, sit ons aan vir Ouma en die ou koeie. Belangstellendes kan besluit of hulle vir die ete en die vertoning wil bespreek, of net die vertoning wil bywoon om 15:00. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar en geen geen drinkgoed toegelaat nie. Ouma is op pad word aangebied met die vriendelike samewerking van die Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, Lift Airlines, Mobilis Auto, RSG, Shereno Printers en Van Loveren-wyne.

Soos ons ouer word is meeste mense geneig om, (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie WIL onthou nie. En die wat ons WIL onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by! ‘n Halwe waarheid in die 50’s, word ‘n voldonge feit 50 jaar later. ‘n Wolhaarstorie word ge-“blow-dry” tot n manjifieke “beehive”, en ‘n besope “one night stand” verander jare later in n pragtige kortstondige romanse.

Maar daar skort nog niks met Ouma se geheue nie..en sy onthou… nie net haar eie stories nie, maar ook die van die ‘vromes” onder ons… wie se ou koeie hulle baie eerder diep in die sloot sou wou los. Wat Ouma wel vergeet het, is hoe om doekies om te draai Ouma en die ou koeie is ‘n komedie -kabaret wat jou een oomblik sal laat skaterlag en die volgende een saggies laat snak na jou asem, want jy mag jouself dalk net herken. Die produksie is genomineer as beste komedie by KKNK 2026 vir ’n Kanna-toekenning.

Van Ouma se debuut in Ouma is op pad skryf ’n gehoorlid: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super-humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag, terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”

Bespreek vir Ouma en die ou koeie by die Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum op Sondag, 24 Mei by www.LTickets.co.za.


UITGEREIK DEUR: LEFRA PRODUKSIES

MEDIANAVRAE/KOMPETISIES/ONDERHOUDE/FOTO’S:
CHARL SENEKAL: 011 815 3000 of 061 616 6138 Epos: admin@lefra.com
TEL: 011 815 3000 | SEL: 061 616 6138 | E-POS: admin@lefra.com


Charl Senekal
admin@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.lefra.com

Coenraad Rall en Ouma
Coenraad Rall en Ouma
Ouma
Ouma
Ouma
Ouma