My Boetie se Sussie se Ou

Phillru van Achterbergh en Danielle Britz.

Diepe Waters-akteur speel die rol van Dêda in Lefra Produksies se klug, My Boetie se Sussie se Ou by die AfriForum Teater van 30 Oktober – 1 November 2026.

DIEPE WATERS SE JUSTIN STRYDOM SPEEL IN “MY BOETIE SE SUSSIE SE OU” BY DIE AFRIFORUM TEATER

Deur Ray Cooney

Regisseur en Vervaardiger Frans Swart

Met Phillru van Achterbergh en Botha Enslin, asook Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Lotter, Nikita Meyer en Justin Strydom as Dêda

AfriForum Teater (30 Oktober – 1 Nov 2026)

Besprekings: www.ltickets.co.za

Meer inligting: www.myboetie.co.za

Diepe Waters-akteur speel die rol van Dêda in Lefra Produksies se klug, My Boetie se Sussie se Ou by die AfriForum Teater van 30 Oktober tot 1 November nadat Nico Laubser wat aanvanklik die rol gespeel het aansterk in die hospitaal. Justin Strydom is een van Suid-Afrika se mees veelsydige akteurs. Kykers ken hom veral as Gys in die gewilde kykNET-telenovela Diepe Waters. Die reeks speel af rondom die swemklub Swartmarlyne in die dorpie Diepe Waters en ontbloot die donker kant van kompetisieswem. Gys staan sentraal in die bitter vete met Zelda, en vir dié rol is Justin in 2024 by die Silwerskerm-fees benoem vir die toekenning vir Beste Akteur. Sy wortels lê egter stewig op die verhoog. Hy het in produksies soos Vettie! Vettie!, The Judas Kiss en Love! Valour! Compassion! gespeel, en is vir sy vertolking in Death of a Salesman vir ‘n Vita-toekenning vir Beste Byspeler benoem. Op die skerm het hy onder meer in die kykNET-reeks Kruispad en die rolprent Wolf Wolf gespeel. Besprekings vir My Boetie se Sussie se Ou kan by www.LTickets.co.za 011 815 3000 of by www.myboetie.co.za gedoen word.

Die produksie word in samewerking met die AfriForum Teater aangebied, met die trotse ondersteuning van Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Changan, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, Lift Airlines, Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum Mobilis Auto, RSG, Shereno Drukkers en Van Loveren-wyne aangebied.

As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou is dit agtien jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op ‘sosiale media raak gesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou.

In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Marissa Claasen) in Highgate gewoon het… en ook met sy vrou Barbara (Danielle Britz) in Finchley, net vier minute uitmekaar. Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se dogter en Gavin (Stefan Lotter), seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ‘n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith… wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy “kinders” uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe. En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Justin Strydom) opdaag vir ‘n vakansie , is die gort behoorlik gaar.

Regisseur Frans Swart sêMy Boetie se Sussie se Ou is natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou. “Daardie ‘laugh per minute’. En dis presies wat ons met My Boetie se Sussie se Ou doen. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ’n mens beter laat ontspan as lag nie. En daarom is dit vir Lefra Produksies so ’n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag. En dis juis wat My Boetie se Sussie se Ou bring.”

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer, maar dat dit nou tyd is vir My Boetie se Sussie se Ou om te groet. “Hierdie is ons laaste speelvak, en dis ’n groot eer dat ons dit by die wonderlike AfriForum Teater kan doen.” Bespreek jou kaartjies nou by www.LTickets.co.za


NOTA AAN REDAKTEURS:

1.            Lefra Produksies doen in 2026 gestand aan hul leuse “Lefra vermaak Suid-Afrika”! Frans Swart se trefferklug, My Boetie se Sussie se Ou is vir oulaas in die AfriForum Teater van 30 Okt – 1 Nov te sien.

2.            Ons wil graag lesers- en luisteraarskompetisies vir die vertoning op die Vrydagaand aanbied. As u van ons kompetisielyn gebruik wil maak, sien asseblief die inligting hieronder. Ons sal die wenners trek en kontak, en dan die besonderhede vir publikasie deurgee:

WEN KAARTJIES NA DIE “MY BOETIE SE SUSSIE SE OU” BY DIE AFRIFORUM TEATER Drie lesers/luisteraars kan elk ‘n dubbelkaartjie wen na Frans Swart se trefferklug My Boetie se Sussie se Ou by die AfriForum Teater. Om deel te neem aan [PUBLIKASIE/RADIO/TV-TITEL] en Lefra se kompetisie, kan u die volgende na 37338 SMS: BOETIE, dan U NAAM EN VAN, E-POS en dan U STAD OF DORP. Wenners sal per e-pos gekontak word en die besluit van die Organiseerders is finaal. Byvoorbeeld: Boetie Jan van der Merwe jan@vandermerwe.co.za, Pretoria

  1. Vir onderhoude, kontak asseblief Charl Senekal by 011 815 3000 / 061 616-6138 of e-pos admin@lefra.com
  2. UITGEREIK DEUR: LEFRA PRODUKSIES
  3. MEDIANAVRAE | Charl Senekal by 0616166138/0118153000 of admin@lefra.com


Charl Senekal
info@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.lefra.com

Justin Strydom
Justin Strydom
Botha Enslin en Nikita Meyer.
Botha Enslin en Nikita Meyer.
Botha Enslin en Phillru van Achterbergh.
Botha Enslin en Phillru van Achterbergh.
James
James