Oudisisies vir ‘n rol in Liewe Heksie

Liewe Heksie (Ana van Achterbergh)

Lefra het tans oudisies vir n rol in die teaterproduksie, LIEWE HEKSIE.

OUDISIES VIR ROLLE IN DIE TEATERPRODUKSIE, LIEWE HEKSIE!

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help. Lefra Produksies toer al vir bykans twee dekades met verskeie Liewe heksie-Teaterproduksies. Dit het vir ons nodig geword om ’n nuwe, jong akteur in te studeer. Die akteur sal onder andere die volgende karakters vertolk:

•              Koning Rosekrans

•              Kerrie / Borrie                                                       

•              Casper, die Tuindwergie

•              Karring, die Melkkabouter

Oudisies vir al die bogenoemde karakters word gehou op Dinsdag, 8 September by die AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark, Pretoria. Akteurs wat oudisies wil kom aflê, kan gerus gerus die volgende vorm voltooi: https://www.emailmeform.com/builder/form/3iXYwlMey7694gzbc41d, en sy CV en foto oplaai waar aangedui. Nie alle aansoeke gaan outomaties genooi word vir die oudisie nie, maar slegs diegene wat ons geidentifiseer het. Kandidate sal gekontak word indien hul vir ‘n oudisie genooi word. Vir meer inligting skakel Charl Senekal by 011 815 3000.

Oudisietekste is beskibaar by www.liewheksie.co.za Alle akteurs moet woordvas wees vir die oudisies. Daar sal ook ‘n professionele aktrise teenwoordig wees by die oudisies om die ander teenoor kandidaat in te lees.

Liewe Heksie speel grotendeels in die oggende van 08:00-14:00. Spelers moet dus beskikbaar wee in die oggende. Daar mag hier en daar ‘n aand show wees, maar dit gaan in die minderheid wees.


UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
MEER INLIGTING: CHARL SENEKAL
TEL: 011 815 3000
EPOS: info@lefra.com


Charl Senekal
info@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.lieweheksie.co.za

Kwaaibaba (Phillru van Achterberg)
Kwaaibaba (Phillru van Achterberg)
Frans Swart en Verna Vels
Frans Swart en Verna Vels