Lefra Produksies gaan groot by Kalfiefees

Gè Sing (2024)

Lefra Produksies bring vanjaar vyf top produksies na die Kalfiefees in Hermanus. Van Grotman tot Het van Verlangekraal.

VYF TOP-LEFRA PRODUKSIES BY VANJAAR SE KALFIEFEES OP HERMANUS!

Groet die Grotman 2 | Woensdag, 5 Augustus @ 20:00 | Grobbelaarsaal
’n Skatkis uit ons Musiekverlede | Donderdag, 6 Augustus @ 16:00 | NG Kerk Hermanus
Gè Sing: Hoor my Lied! | Vrydag, 7 Augustuis @ 16:00 | NG Kerk Hermanus
Liewe Heksie | Saterdag, 8 Augustus @ 10:00 | NG Kerk Hermanus
Het van Verlangekraal | Saterdag, 8 Augustus @ 16:00 | NG Kerk Hermanus

Bespreek by www.LTickets.co.za

Met hul bekende leuse “Lefra vermaak Suid-Afrika!” bly Lefra Produksies getrou aan hul missie om teater na die mense toe te neem. Lefra besoek vanjaar se Kalfiefees op Hermanus vanaf 5 tot 8 Augustus met vyf uiteenlopende en hoë-gehalte produksies – voorwaar ’n fees van drama, musiek, nostalgie en humor wat gehore van alle ouderdomme sal betower. Met van Suid-Afrika se geliefdste kunstenaars op die planke, beloof Lefra se produksies om iets vir elke smaak by die Kalfiefees te bied en skop af met die komedie Groet die Grotman 2 op Woensdag, 5 Augustus om agtuur. Stephanie Baartman en Chanie Jonker vier ons land se ryk musiekgeskiedenis in ‘n Skatkis uit ins Musiekverlede op Donderdag, 6 Augustus om vieruur. Op Vrydag, 7 Augustus om vieruur bring ons hulde aan Suid-Afrika se musiekikoon Gè Korsten in Frans Swart se elegante Gè Sing: Hoor my Lied!

Die jongspan kan op Saterdag, 8 Augustus om tienuur naderskuif wanneer Liewe Heksie en haar Blommelandmaats die Kalfiefees besoek. Lefra sluit hulle besoek aan die Kalfifees af met Leon van Nierop se Het van Verlangekraal van om vieruur daardie middag. Die prduksies word in samewerking met die Kalfiefees aangebied en met die trotse ondersteuning Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, Lekker FM, LTickets, Lift Airlines, die Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Mobilis Auto, RSG, Shereno Printers en Van Loveren-wyne aangebied. Besprekings vir al vyf produksies kan aanlyn by www.LTickets.co.za gedoen word.

Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen mans en vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram). Groet die Grotman 2 speel op op Woensdag, 5 Augustus om agtuur in die Grobbelaarsaal.

’n Skatkis uit Ons Musiekverlede is ’n ontroerende en nostalgiese musiekreis waarin Stephanie Baartman haar stem en storie verbind met die klanke wat generasies Suid-Afrikaners gevorm het. Op Donderdag, 6 Augustus om vieruur word die produksie om drie-uur in die AfriForum Teater aangebied. Met Chanie Jonker as pianis en musiekregisseur word hierdie produksie ’n intieme maar kragtige huldeblyk aan die liedjies en veral die vroue wat ons musieklandskap help vorm het. Deur ikoniese liedjies en humor word ’n musikale “skatkis” oopgemaak, van Miriam Makeba se wêreldklanke tot Afrikaanse gunstelinge van Laurika Rauch en Sonja Herholdt. Die produksie vier die ryk, veelstemmige erfenis van Suid-Afrikaanse musiek – ’n skatkis nie van goud nie, maar van stories, emosie en onvergeetlike melodieë.

Dit is bykans drie dekades sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied! Die produksie word op Vrydag, 7 Augustus om vieruur in die NG Kerk Hermanus aangebied. Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing.” Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur vier van die land se voorste kunstenaars: Andrè Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman. ‘n Volle orkes, onder leiding van musikale regisseur Chanie Jonker begelei viermanskap.

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help. Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier by die Kalfiefees op Saterdag, 8 Augustus om tienuur. Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet. Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?

Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan. Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het. Leon van Nierop (na die verhaal van Johann Bekker) se Het van Verlangekraal gaan verhoog toe, met die regie deur Frans Swart. Het van Verlangekraal speel op Saterdag, 8 Augustus om vieruur in die N.G. Kerk Hermanus.

Besprekings vir al vyf produksies kan aanlyn by www.LTickets.co.za gedoen word.


UITGEREIK DEUR: LEFRA PRODUKSIES

MEDIANAVRAE/KOMPETISIES/ONDERHOUDE/FOTO’S:
CHARL SENEKAL
TEL: 011 815 3000
SEL: 061 616 6138
E-POS: admin@lefra.com


Charl Senekal
admin@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.lefra.com

Gè Sing span
Gè Sing span
Gé Korsten - Luitenant B.F. Pinkerton (Madame Butterfly, 1960)
Gé Korsten – Luitenant B.F. Pinkerton (Madame Butterfly, 1960)
Het van verlangekraal
Het van Verlangekraal
Stephanie Baartman
Stephanie Baartman
Liewe Heksie (Ana van Achterbergh)
Liewe Heksie (Ana van Achterbergh)
Phillru van Achterbergh - Grotman  - Sudwala Grotte - Fotograaf: Mia Louw
Phillru van Achterbergh – Grotman – Sudwala Grotte – Fotograaf: Mia Louw