My Boetie se Sussie se Ou
Kom ontmoet MY BOETIE SE SUSSIE SE OU by die Roodepoort Teater en by Emperors Palace.
Deur Ray Cooney
Regisseur en Vervaardiger Frans Swart
Met Phillru van Achterbergh en Botha Enslin, asook Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Lotter, Nikita Meyer en Nico Loubser as Dêda
Roodepoort Teater, Christiaan de Wet Weg 100, Florida Park, Roodepoort | 9 tot 13 Oktober 2024
Emperors Palace, Theatre of Marcellus, Emperors Palace, Jones Weg 64, Kempton Park | 16 tot 20 Oktober 2024
Besprekings: www.LTickets.co.za
Groepe van meer as 10 & gasvryheidspakkette: Skakel 011 815 3000 of e-pos admin@lefra.com As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou is dit agtien jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op ‘sosiale media raakgesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou. My Boetie se Sussie se Ou is onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart. My Boetie se Sussie se Ou speel vanaf 9 tot 13 Oktober by die Roodepoort Teater, gevolg deur ‘n speelvak van 16 tot 20 Oktober by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park.
Besprekings vir al die vertonings kan by www.LTickets.co.za. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra Produksies te skakel by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com. Ons stel ook vertonings by die bogenoemde venues beskikbaar aan organisasies wat dit wil gebruik as fondsinsamelingsprojek. Belangstellendes kan Monica Booysen kontak by 011 815 3000 of ‘n e-pos stuur aan info@lefra.com. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.myboetie.co.za.
In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Marissa Claasen) in Highgate gewoon het… en ook met sy vrou Barbara (Danielle Britz) in Finchley, net vier minute uitmekaar. Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se dogter en Gavin (Stefan Lotter), seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ‘n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith… wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy “kinders” uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardner (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe gebruik om John se agterwêreld te red.. En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Nico Loubser) opdaag vir ‘n vakansie, is die gort behoorlik gaar.
Regisseur Frans Swart sê My Boetie se Sussie se Ouis natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou. “Daardie ‘laugh per minute’. En dis presies wat ons met My Boetie se Sussie se Ou wil doen. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ’n mens beter laat ontspan as lag nie. En daarom is dit vir Lefra Produksies so ’n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag. En dis juis wat My Boetie se Sussie se Ou gaan bring.”
Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. “Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien.”
Bespreek jou kaartjies vir My Boetie se Sussie se Ou nou by www.LTickets.co.za. Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na info@lefra.com.
UITGEREIK DEUR: LEFRA PRODUKSIES
MEDIANAVRAE | Monica Booysen: 011 815 3000 of admin@lefra.com
Charl Senekal
admin@lefra.com
011 815 3000
Lefra Productions
http://www.myboetie.co.za