Kersfees Skouspel terug by SunBet Arena

Lefra Produksies kondig met trots aan dat vanjaar se Kersfees Skouspel terugkeer na die SunBet Arena by Time Square in Pretoria op Sondag, 17 Desember om 15:00.
Meer as 15 top kunstenaars gaan in hierdie produksie optree en dit gaan ‘n wonderlike Kerskonsert wees in die ware Boney M-styl van Kerskonserte. Noot vir Noot se Jaconell Mouton is weer eens die musikale regisseur en Frans Swart, wat bekend is as regisseur van al die skreeunsnaakse klugte soos My Vrou se Man se Vrou is die regisseur met ‘n volle orkes. Besprekings kan aanlyn gedoen word by LTickets.co.za en groepe van meer as 10 kry ‘n lekker afslag – skakel Monica by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com. Maatskappye kan ook losies vir hulle gaste of personeel koop – skakel vir Monica ook in hierdie verband. Lees meer by www.kersfeesskouspel.co.za Kersfees Skouspel word aangebied met die trotse ondersteuning van Ambassador Execudrive, Van Loveren Wyne, Hollywood Costumes, VIA, Lift, Britz Couriers and Removals en WS Pianos.
Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ‘n fees van talent sien en hoor, met Alwyn Oberholster, Anna Davel, Andrè Schwartz, Arina de Witt, Bobby van Jaarsveld, Cindy Alter van Clout-faam, Corlea Botha, Granville Michaels, Jak de Priester, Karin Hougaard, Louis Loock, Ruhan du Toit en Ernie Bates, Mac Young en Hugo Hewitt, natuurlik beter bekend as die treffergroep West, almal op een verhoog. Kersfees Skouspel bring ook twee kunstenaars uit vanaf Amerika en Nederland, naamlik Cindy Alter van Clout (Internasionale Treffer: Substitute) en kaalvoetsangeres, Karin Hougaard.
Regisseur Frans Swart sê hy is baie opgewonde oor die sterk span sangers en musikante wat in Kersfees Skouspel gaan optree. “Deur die jare was Kersfees Skouspel nog altyd ‘n skouspel van klank, kleur, kostuums, musiek, sang en beslis ‘n skouspel van Kersmusiek. Kersfees is so ‘n wonderlike tyd met die viering van Jesus se geboorte en dit is so ‘n voorreg om hierdie produksie net voor Kersfees aan te bied. Ons nooi al ons mense uit om Kersfees te kom vier met die wonderlikste kunstenaars en die mooiste Kersmusiek wat nog ooit geskryf is.”
Jaconell Mouton, Musikale Regisseur, sê dit is elke jaar vir haar so opwindend om aan Kersfees Skouspel te werk. “Elke jaar het ons nuwe kunstenaars wat ‘n totale nuwe dinamika na die produksie toe bring. Kunstenaars sing duette saam, daar is lekker groep liedjies en ek wil nie te veel uitlap nie, maar toeskouers is in vir ‘n hele paar verrassings!”
Bespreek onmiddellik by www.LTickets.co.za. Groepe meer as 10 teen afslag – skakel Monica by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com.
NOTA AAN REDAKTEURS:
1. Onderhoude met kunstenaars, regisseur en musikale regisseur kan gereël word;
2. Julle is welkom om kompetisies te reël – ons sal kaartjies beskikbaar maak vir kompetisies. Bespreek asb met Charl Senekal.
3. Uitnodigings is oppad – skryf solank 17 Desember om 15:00 in julle dagboeke
4. Verdere inligting: Charl Senekal by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com
KERSFEES SKOUSPEL TERUG BY DIE SUNBET ARENA
SUNBET ARENA @ TIME SQUARE, MENLYN MAINE, ARAMISTLAAN 209, MENLYN, PRETORIA
SONDAG, 17 DESEMBER 2023 @ 15:00
MET ALWYN OBERHOLSTER | ANNA DAVEL | ANDRÈ SCHWARTZ | ARINA DE WITT | BOBBY VAN JAARSVELD | CINDY ALTER | CORLEA BOTHA | GRANVILLE MICHAELS | JAK DE PRIESTER | KARIN HOUGAARD | LOUIS LOOCK | RUHAN DU TOIT | WEST MUSIKALE REGISSEUR: JACONELL MOUTON
REGISSEUR: FRANS SWART
BESPREKINGS: WWW.LTICKETS.CO.ZA
GROEPE VAN 10 OF MEER TEEN AFSLAG: SKAKEL 011 815 3000 OF E-POS ADMIN@LEFRA.COM MEER INLIGTING BY: WWW.LEFRA.COM
MEER INLIGTING/ONDERHOUDE/KOMPETISIES:
CHARL SENEKAL | TEL: 011 815 3000 | SEL: 061 616 6138 | E-POS: admin@lefra.com
Charl Senekal
admin@lefra.com
011 815 3000
Lefra Productions
http://www.lefra.com







