Dinner for One at Emperors Palace

Dinner for One

The table is set for Dinner for One at Emperors Palace!

Director and producer Frans Swart

With Elma Potgieter and Justin Strydom

Theatre of Marcellus, Emperors Palace, 64 Jones Road, Kempton Park

Friday, 19 April 2024 at 19:00

Bookings: www.LTickets.co.za

www.dinnerforone.co.za

The classical Dinner for One and the satirical local version Sopper vir Een will be on stage at the Theatre of Marcellus at Emperors Palace on Friday, 19 April at 19:00 after a series of sold-out shows across South Africa, with Justin Strydom as James the butler, and Elma Potgieter as Miss Sophie. Bookings can be made online at www.LTickets.co.za. Groups of 10 or more people get a nice discount – call Lefra Productions on 011 815 3000 or send an e-mail to info@lefra.com. Please also visit www.dinnerforone.co.za for more information. The production is also available for corporate functions or fundraising events. Please call Monica Booysen on 011 815 3000 or e-mail to info@lefra.com. Dinner for One is presented with the generous support of Blu Blood, Lefra Productions, Hollywood Costumes, RSG, Lift, Britz Couriers and Removals and WS Pianos.

Dinner for One (also known as The 90th Birthday), which is now a New Year’s tradition on television, gained cult movie status in Germany after it was filmed in Hamburg in 1963. This extremely funny slapstick comedy takes place in a centuries-old British mansion, where the last remaining member of the family, Miss Sophie, celebrates her 90th birthday. The whole sketch takes place in the dining room, with Miss Sophie at the head of the table, and places are set for her ‘guests’ – all of whom are deceased.

The butler, James, has to serve the guests a four-course meal – and there is a drink for each course! Since none of the guests except Miss Sophie are there in flesh and blood, Miss Sophie insists that James play each guest’s role and therefore drink all their drinks on their behalf’. “Same procedure as every year, James.” As he struggles to help Miss Sophie celebrate her 90th birthday by acting out the parts of her dearly departed drinking friends at the annual dinner party, the ensuing mishaps provide unpredictably funny results.

As a bonus, Elma and Justin also perform Sopper vir Een after the break. The surprise is that Sopper vir Een makes fun of Dinner for One. Elma then plays the role of the butler, and Justin that of Miss Sophie. Sopper vir Een was adapted by Frans Swart to make it South African. “The plot is exactly the same – it’s still a big “jol”!” says Frans. “But I ‘South Africanised’ the second version, and it was a lot of fun! The audience is going to love it! The classic version is so familiar, and the audience knows exactly what to expect, but there are going to be a whole lot of surprises in the second version”.

Elma Potgieter is known as, among other things, actress, presenter, writer, language practitioner, translator, word artist, and author of more than fifty Afrikaans short stories and four novels. She graduated from the University of Pretoria with subjects such as French, German, Afrikaans/Dutch, English, Art History and Psychology. Later she took singing and drama lessons privately. After three years as a journalist at Die Transvaler and Huisgenoot, she began her stage career at the then CAPAB in 1973. Whilst there, she performed in four one-woman shows: Darling Blossom, Laetitia kom Terug, Vrou aan Flarde and Moervrug, in which she played six characters (three women and three men). More recently, she was seen in Lefra Productions’ farce My Oom se Vrou se Plekkie in 2019, after she had to take over a role the role in the farce Daa’ Gaat die Bruid! within a week the previous year. In 2021 she played the role of Mariana in Schalk Schoombe’s one-woman play, Klipgebede. Her latest novel, Skerwe, was released earlier this year.

Justin Strydom is a well-known television, film and stage actor and can currently be seen in the telenovela Diepe Waters in the role of swimming coach Gys Swarts. He played Ak in Isidingo, for which he won the SAFTA for Best Supporting Actor 2015 and was nominated for a SAFTA Best Actor 2017 for Paul King in High Rollers. Justin is also a voice artist, lecturer, writer, director and producer. He studied drama at the then Pretoria Technikon and was also the head of the drama department at the AFDA Film School. Other television roles include roles in Egoli, Zero Tolerance, Generations, Jozi Streets, Scandal!, Song vir Katryn, The Res, Villa Rosa, 7de Laan and Binnelanders.

Join Miss Sophie’s 90th birthday party at Emperors Palace on Friday, 19 April at 19:00. Book you tickets now at www.LTickets.co.za


NOTE TO EDITORS:

1.            Lefra Productions and Blu Blood presents Dinner for One at the Theatre of Marcellus at Emperors Palace on Friday, 19 April at 19:00;

2.            We would like to do a readers or listeners competitions for the show. If you would like to use our competition line kindly respond to this e-mail. Please see the information below. We will draw and contact the winners, then pass on the details for publication:

WIN TICKETS TO DINNER FOR ONE/SOPPER VIR EEN AT EMPERORS PALACE!

Three readers can each win a double ticket to DINNER FOR ONE/SOPPER VIR EEN at the Theatre of Marcellus at Emperors Palace on 19 April 2024 at 19:00. All that you must do, is to send us an SMS to 37338 with the following information: Publication/Radio/TV Name followed by EP, your name and surname, email address and city. Winners will be notified by email and the decision of the Organizers is final. SMS’s at R1,50 each. Terms and Conditions Apply.

3.            For interviews with the managing director of Lefra Frans Swart, or any of the actors, feel free to contact Charl Senekal at 011 815 3000 / 061 616 6138 or e-mail admin@lefra.com.


ISSUED BY LEFRA PRODUCTIONS

MEDIA ENQUIRIES | Charl Senekal at 061 616 6138 / 011 815 3000 or admin@lefra.com


KOM SIT AAN VIR DINNER FOR ONE BY EMPERORS PALACE!

Regisseur en vervaardiger Frans Swart

Met Elma Potgieter en Justin Strydom

Theatre of Marcellus, Emperors Palace, Jonesweg 64, Kemptonpark

Vrydag, 19 April 2024 @ 19:00

Besprekings: www.LTickets.co.za

www.dinnerforone.co.za

Die klassieke Dinner for One en die satiriese plaaslike weergawe Sopper vir Een word op Vrydag, 19 April by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace op die planke gebring na ‘n reeks uitverkoopte vertonings regoor Suid-Afrika, met Justin Strydom as James die Butler, en Elma Potgieter Miss Sophie. Besprekings kan aanlyn by www.LTickets.co.za gedoen word. Groepe van 10 of meer mense kry oudergewoonte ‘n lekker afslag – skakel Lefra Produksies by 011 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan info@lefra.com. Besoek ook gerus www.dinnerforone.co.za vir meer inigting. Die produksie is ook beskikbaar vir korporatiewe funksies of fondswerwingsaksies. Skakel gerus vir Monica Booysen by 011 815 3000 of epos aan info@lefra.com Dinner for One word aangebied met die trotse ondersteuning van Blu Blood, Lefra Produksies, Hollywood Costumes, RSG, Lift, Britz Couriers and Removals en WS Pianos.

 Dinner for One (ook bekend as The 90th Birthday), wat op TV nou al ‘n Oujaarstradisie is, het in Duitsland kultusfliek-status gekry nadat dit in 1963 in Hamburg verfilm is. Dié uiters snaakse roomtert-komedie speel af in ‘n eeue-oue Britse herehuis, waar die laaste oorblywende lid van die familie, Miss Sophie, haar 90ste verjaardag vier. Die hele skets vind in die eetkamer plaas, met Miss Sophie aan die koppenent van die tafel, en daar is vir haar ‘gaste’ – wat almal al dood is – plekke gedek.

Die butler, James, moet vir die gaste ‘n viergang-maaltyd bedien – en daar is vir elke gang ‘n drankie! Aangesien nie een van die gaste behalwe Miss Sophie in ‘lewende lywe’ daar is nie, dring Miss Sophie daarop aan dat James elke gas se rol moet speel (en dus al sy drankies ‘namens’ hom moet drink). “Same procedure as every year, James.”

Hoe later, hoe kwater, en James raak al hoër in die takke … die spanning loop al hoe hoër elke keer as James nóg ‘n rondte om die tafel oorleef sonder om oor die “kop” van die tiervelmat te val.

As ‘n toegif voer Elma en Justin ná pouse Sopper vir Een ook op. Die verrassing is dat Sopper vir Een die spot dryf met Dinner for One. Elma speel dan die rol van die butler, en Justin dié van Miss Sophie. Sopper vir Een is deur Frans Swart verwerk om dit Suid-Afrikaans te maak. “Die intrige is presies dieselfde – dis nog steeds ‘n verspotte jol!” sê Frans. Maar ek het die tweede weergawe ‘versuidafrikaniseer’, en dit was baie groot pret! Die gehoor gaan mal wees daaroor! Die klassieke weergawe is so bekend, en die gehoor weet presies wat om te verwag, maar daar gaan ‘n hele klomp verrassings in die tweede weergawe wees”.

Elma Potgieter is bekend as onder meer aktrise, aanbieder, skrywer, taalpraktisyn, vertaler, woordkunstenaar, en skrywer van meer as vyftig Afrikaanse kortverhale en vier romans. Sy het aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met vakke soos Frans, Duits, Afrikaans/Nederlands, Engels, Kunsgeskiedenis en Sielkunde. Later het sy sang- en dramalesse privaat geneem. Ná drie jaar as joernalis by Die Transvaler en Huisgenoot het sy in 1973 haar verhoogloopbaan by die destydse KRUIK begin. Terwyl sy daar was, het sy in vier eenvrouvertonings opgetree: Darling Blossom, Laetitia kom Terug, Vrou aan Flarde en Moervrug, waarin sy ses karakters (drie vroue en drie mans) vertolk het. Meer onlangs was sy te sien in Lefra Produksies se klug My Oom se Vrou se Plekkie in 2019, nadat sy die vorige jaar inderhaas die rol in die klug Daa’ Gaat die Bruid! binne ‘n week moes oorneem. In 2021 vertolk se die rol van Mariana in Schalk Schoombe se eenvroustuk, Klipgebede. Haar nuutste roman, Skerwe, is vroeër vanjaar vrygestel.

Justin Strydom is ‘n bekende televisie-, rolprent- en verhoogakteur en is tans onder meer te sien in die telenovela Diepe Waters in die rol van die swem-afrigter Gys Swarts. Hy het Ak in Isidingo gespeel, waarvoor hy die SAFTA vir beste ondersteunende akteur 2015 gewen het en is genomineer vir ‘n SAFTA beste akteur 2017 vir Paul King in High Rollers. Justin is ook ‘n stemkunstenaar, dosent, skrywer, regisseur en vervaardiger. Hy het drama aan die destydse Pretoria Technikon studeer en was ook die hoof van die dramadepartement by die AFDA Filmskool. Ander televisierolle sluit in rolle in Egoli, Zero Tolerance, Generations, Jozi Streets, Scandal!, Song vir Katryn, The Res, Villa Rosa, 7de Laan en Binnelanders.

Sluit aan by juffrou Sophie se 90ste verjaardagpartytjie by Emperors Palace op Vrydag, 19 April om 19:00. Besprekings kan aanlyn by www.LTickets.co.za gedoen word. Groepe van 10 of meer mense kry oudergewoonte ‘n lekker afslag – skakel Lefra Produksies by 011 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan info@lefra.com. Besoek ook gerus www.dinnerforone.co.za vir meer inigting.


NOTA AAN REDAKTEURS:

1.            Lefra Produksies en Blu Blood bied Dinner for One in Theatre of Marcellus by Emperors Palace aan op Vrydag, 19 April 2024 om 19:00;

2.            Ons doen graag ‘n lesers- of luisteraarskompetisies vir die vertoning. Indien u van ons kompetisielyn gebruik wil maak, antwoord bloot op hierdie e-pos. Sien asseblief die onderstaande inligting. Ons sal die wenners trek en kontak, en dan die besonderhede deurgee vir publikasie:

WEN KAARTJIES NA DINNER FOR ONE/SOPPER VIR EEN BY EMPERORS PALACE!

Drie lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie wen na DINNER FOR ONE/SOPPER VIR EEN by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace op 19 April 2024 om 19:00. Al wat jy moet doen, is om vir ons ‘n SMS na 37338 te stuur met die volgende inligting: Publikasie/Radio/TV-naam gevolg deur EP, jou naam en van, e-posadres en stad. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en die besluit van die Organiseerders is finaal. SMS’e teen R1,50 elk. Bepalings en voorwaardes geld.

3.            Vir onderhoude met die besturende direkteur van Lefra Frans Swart, of enige van die akteurs, kontak gerus vir Charl Senekal by 011 815 3000 / 061 616 6138 of epos aan admin@lefra.com.


UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES

MEDIANAVRAE: CHARL SENEKAL 011 815 3000 of admin@lefra.com

Dinner for One
Dinner for One
Dinner for One
Dinner for One
Dinner for One
Dinner for One