Oppiland Fees 24-26 Junie 2022

Oppiland Fees

Grootste kuierfees vir Gauteng met meer as 30 kunstenaars!

Lefra Produksies en die Stable Inn Konferensiesentrum het so pas die grootste Fees wat nog ooit vir Gauteng beplan is, bekend gestel. Die Oppiland Fees sal van 24-26 Junie 2022 by die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs plaasvind. “Ons het meer as dertig top kunstenaars wat gaan optree, vlooimarkte, vermaak vir die kinders, kos en drank, ‘n wynlapa, rofstoei, toneelopvoerings en selfs ‘n kunswerkswinkel,” sê Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksie en Feesdirekteur van die Oppiland Fees. “Ons het al lankal besef dat Gauteng nie ‘n lekker kuierfees aanbied nie en juis daarom het ons die Oppiland Fees in die lewe geroep. Die Stable Inn Konferensiesentrum is die ideale venu om so ‘n fees aan te bied, want die hele sentrum is groter as 25 hektaar. Daar is baie lokale op die perseel en ons gaan elke liewe gaatjie gebruik om ‘n lekker Fees aan te bied.” Die Oppiland Fees word aangebied met die vriendelike samewerking van Lefra Produksies, Stable Inn Konferensiesentrum, Lekker FM, ProSafe, Ambassador Execudrive, Britz Couriers and Removals, Crown National – tuiste van Six Gun Grill, Red Pen Marketing, WS Pianos, RSG, Lift, Hollywood Costumes, Grotman Biltong, LTickets, Ghostguard Security en Van Loveren Wyne.

Swart sê dat hy en die Bestuurders van Stable Inn, Gunte en Adri Kommer, een aand lekker oor ‘n bottel tequila gesels het oor ‘n Fees vir Ekurhuleni, maar ook vir die hele Oos-Rand. “Hulle het Lefra se Oppiwater Kunstefees aanboord die MSC Orchestra baie geniet en met die wonderlike idee van ‘n Oppiland Fees gekom. Ons het dadelik van die idee gehou en so is die Oppiland Fees gebore wat hopelik ‘n jaarlikse instelling op die Feeskalender gaan word,” sê Swart.

Die Oppiland Fees gaan oor drie dae aangebied word. Op Vrydag, 24 Junie 2022 is die tema Rock, op Saterdag, 25 Junie is dit Afrikaans en op Sondag, 26 Junie is dit Country.

Kunstenaars wat gaan optree, is volg:

Vrydag, 24 Junie 2022
•             SAARKIE
•             Biggy
•             Van Pletzen
•             Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
•             Van Kose
•             Erasmus/ Wellmuss
•             Chris Kearney
•             Kenny Hughes
•             Vaal Taki ft Nico Shevron

Saterdag, 25 Junie 2022
•             Juanita du Plessis
•             Steve Hofmeyr
•             Ruhan du Toit
•             West
•             Pieter Smith
•             Jennifer Zamudio
•             Mac Young
•             Helene Bester
•             Ernie Bates

Sondag, 26 Junie 2022
•             Manie Jackson
•             Barbara Ray
•             Billy Forrest
•             Lee Magnum
•             Caroline du Preez
•             Nadine Burness
•             Heartland
•             Die Rodeo Girls
•             Esmond
•             JJ Stephens

Op teatergebied word die volgende produksies aangebied:

Saterdag, 25 Junie 2022
•             Liewe Heksie – Big Six Teater om 08:30
•             Groet die Grotman 2 – Big Six Teater om 11:00
•             Wyn en Skilder Oppiland – Lions Sentrum van 10:00-14:00 (Kunswerkswinkel)

Sondag, 25 Junie 2022
•             Helene Bester sing Nana Mouskouri – Big Six Teater om 10:00

Aansoeke vir vlooimarkstalletjies het so pas geopen en vir meer inligting kan Lefra Produksies geskakel word by 0118153000 of 083 254 7293. Meer inligting is beskikbaar by www.oppiland.co.za Van Loveren sal ‘n wynlapa aanbied met heerlike wynproeë, kos en kunsstalletjies. Van Loveren se wyntuin sal op Cozy Island aangebied word waar feesgangers die geleentheid gebied gaan word om heerlik asem te skep, by tafeltjies iets te ete kry en dan natuurlik heerlike Van Loveren Wyne proe.

Vir die stoei-aanhangers, is daar rofstoei op Saterdag, 25 Junie en ook op Sondag, 26 Junie 2022.

Kaartjies kos R150pp per dag. ‘n Naweekkaartjie kos R360 vir die drie dae. Daar is ook ‘n beperkte aantal VIP/Goue Sirkel kaartjies teen R250pp per dag. ‘n VIP/Goue Sirkel kaarjie vir die hele naweek, kos R600pp vir die drie dae. Die VIP/Goue Sirkel-kaartjie gaan Feesgangers toegang tot die Stable Inn Vermaaklikheidssentrum en Kroeg gee wat uitkyk op die verhoog. Parkeringkaartjies kan vooraf bespreek word teen R30 per dag of R75 vir die drie dae. Daar is ook heelwat verblyfpakkette wat verblyf, ontbyt en naweekkaartjies insluit van so min as R2 400 vir twee persone wat deel. Stable Inn het ook ‘n pragtige karavaanpark en mense met karavane word uitgenooi om vir die Feesnaweek te kom kamp.

Besprekings by www.LTickets.co.za of by 011 815 3000. Meer inligting by www.oppiland.co.za


NOTA AAN REDAKTEURS:

1.            As julle kompetisies wil reël is julle welkom. Ons sal met elke plasing ‘n volle naweekkaartjie vir 2 persone as prys borg. Al wat lesers/luisteraars/kykers moet doen is om die volgende na 43366 te SMS: Wen Oppiland (DAN U PUBLIKASIE/RADIOSTASIE/TV KANAAL SE NAAM) dan die persoon se eie naam en van en epos adres. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en die beslissing van die Organiseerders is finaal. Laat weet ons asseblief net by admin@lefra.com as julle ‘n kompetisie doen.

2.            Ons kan onderhoude met kunstenaars en organiseerders ens reel. Kontak asseblief vir Charl Senekal by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com om dit te reel.

3.            Stuur asseblief alle artikels oor die Fees aan info@lefra.com


UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
VIR MEER INLIGTING/ONDERHOUDE/KOMPETISIES:
CHARL SENEKAL: 011 815 3000 / 061 616 6138
EPOS: admin@lefra.com


Charl Senekal
admin@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
http://www.oppiland.co.za