Daniah de Villiers releases debut single, GOLD

Daniah de Villiers releases debut single, GOLD

Daniah de Villiers has been working in the entertainment industry for six years and is best-known as Trudie in Binnelanders, presenter of the kykNET series, Dierepraters and for her outstanding acting in acclaimed films like Mia and the White Lion and Nul is Nie Niks Nie.

Now she is back in the spotlight to win over even more hearts… but this time with the release of her debut single, GOLD.

According to the eighteen-year-old Capetonian this pop single, which she wrote herself, is about discovering what really matters in life.

“The song was written for the lions I grew up with for three years,” she shares. “It made me realize that I determine my own happiness and that I should be grateful for the real gold in my life, like the lions.”

This inspirational track was produced by StoneBear & Mayor, and she believes that it will appeal to listeners of all ages. “It’s a little different, but I think that it is a heartfelt song that will speak to people’s hearts and invite them to make it their own.”

A music video of this unique song is also available. Produced by Josh Farrer and Martin McCarthy, the video was filmed at various locations in and around Gordon’s Bay. The idea was to emphasise the message of the song and capture what matters most.

“I thought I knew what the gold in my life was, and at that point, it was the lions. We then decided to show that true gold actually lies within yourself and not in materialistic things or relationships,” the artist intimates.

Watch the video here: https://youtu.be/Rq-fXfnGtNI

Music has always been a big part of Daniah’s life. She comes from a very musical family and has been singing alone, and with her sister, since she was a little girl.

The talented actress won the junior world championship for acting in Hollywood at the age of twelve and although this has been her main focus, her passion for music never faded and motivated her to write her own songs.

Daniah finds inspiration in jazz and soul music, as well as her surroundings. She admires artists like Sia, Dua Lipa and Ben Platt and would love to collaborate with Jeremy Loops and Neon Dreams someday.

Over the years, she has had several career highlights and starred in various films and series and admits that playing Mia in Mia and the White Lion has been her favourite role so far. If she had to choose a different career, she would have been a writer or playwright with her own business.

The versatile entertainer reveals that fans can look forward to seeing her in various new films and series over the next few months and that she is planning on releasing more music in the future.

“I want people to be able to relate to my music by speaking to their hearts,” she concludes.

GOLD is now available on all digital platforms. Download it here:
https://distrokid.com/hyperfollow/daniah/gold-2

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/devilliersdaniah
Instagram: @daniahdevilliers_official


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee
Cell: 072 442 6918
E-mail: alani@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Daniah de Villiers stel debuut-enkelsnit vry

Volgens dié agtienjarige Kapenaar gaan hierdie popsnit, uit haar eie pen, daaroor om te besef wat die ware goud in jou lewe is.

Daniah de Villiers werk al vir ses jaar in die vermaakbedryf en is veral bekend as Trudie in Binnelanders, aanbieder van die kykNET-reeks, Dierepraters, en vir haar uitstaande vertolking in die bekroonde rolprente, Mia and the White Lion en Nul is Nie Niks Nie.

Nou is sy terug in die kollig om plaaslike harte op ’n nuwe vlak te verower met haar debuut-enkelsnit, GOLD, wat pas vrygestel is.

Volgens dié agtienjarige Kapenaar gaan hierdie popsnit, uit haar eie pen, daaroor om te besef wat die ware goud in jou lewe is.

“Ek het die liedjie verlede jaar begin skryf vir die leeus saam met wie ek vir drie jaar grootgeword het,” vertel sy. “Dit het my laat besef dat ’n mens jou eie geluk bepaal en dat ek moet dankbaar wees vir die ware goud in my lewe, soos die leeus.”

Hierdie inspirerende snit is deur StoneBear & Mayor vervaardig en sy glo dat luisteraars van alle ouderdomme daarby sal aanklank vind. “Dit is ’n bietjie anders, maar ek glo dat dit ’n hartroerende liedjie is wat met mense sal praat en uitnooi om dit hulle eie te maak.”

’n Musiekvideo van hierdie unieke treffer is ook nou beskikbaar. Dit is deur Josh Farrer en Martin McCarthy vervaardig en op verskeie mooi plekke in en rondom Gordonsbaai verfilm. Die idee was om die boodskap van die liedjie – om te besef wat regtig belangrik is – vas te vang.

“Ek het gedink ek weet wat die ware goud in my lewe is en daai tyd was dit die leeus, toe besluit ons om uit te beeld dat die ware goud eintlik in jouself lê en nie in materialiste dinge of verhoudings nie,” deel die kunstenaar. 

Kyk die video hier: https://youtu.be/Rq-fXfnGtNI

Vir Daniah, is musiek soos asemhaal. Sy kom uit ’n baie musikale familie en het van kleins af aan sangkompetisies deelgeneem en saam met haar sussie duette gesing.

Alhoewel sy reeds toneelspeel vandat sy twaalf is nadat sy as junior-wêreldkampioen aangewys is vir toneelspel tydens ’n kompetisie en Hollywood, het haar passie vir sing brandend gebly en het sy oor die jare ook ’n klomp liedjies geskryf waaraan sy nog besig is om te skaaf.

Daniah put inspirasie uit ander musiek en die dinge wat rondom haar gebeur. Sy het groot bewondering vir kunstenaars soos Sia, Dua Lipa en Ben Platt en sal graag eendag saam met Jeremy Loops en Neon Dreams wil werk.

Oor die jare, het sy heelwat loopbaanhoogtepunte behaal en hoof- en ondersteunende rolle gespeel, en sonder haar rol as Mia in Mia and the White Lion uit as haar gunsteling. As sy nie kon sing of toneelspeel nie, sou sy beslis ’n skrywer of draaiboekskrywer wou wees met haar eie besigheid.

Tans werk sy aan ’n nuwe reeks waarin sy ’n psigopaat speel en verklap die aktrise dat sy in verskeie reekse en rolprente te sien is in die komende jaar. Verder werk sy daaraan om haar musiekloopbaan te groei en ’n indruk op luisteraars te maak.

“Ek wil mense se harte aanraak en hê dat hulle moet kan vereenselwig met my musiek op watter vlak ook al,” sluit sy af.

GOLD is nou beskikbaar en kan hier afgelaai word: https://distrokid.com/hyperfollow/daniah/gold-2

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/devilliersdaniah
Instagram: @daniahdevilliers_official


PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za