Captivating new single demands deep listening

Lonefield - WE GO BLIND AT NIGHT.

Lonefield has just released a captivating single titled WE GO BLIND AT NIGHT.

It is the artist’s first track to be released to radio and media following the digital release of his debut album Feel Good in 2020.

“I am really excited about releasing some singles in between the mammoth task of writing full albums. These smaller projects allow me to experiment with different styles, to collaborate with different artists, and to just have fun creating something new,” he explains.

Lonefield summarises the theme for WE GO BLIND AT NIGHT in a single line from the song: “We’re crossing a lie now they drew between you and I”. He says: “Even though I don’t think explaining the meaning of a song ever really adds to the experience, we can all recognise that we often have to dig deeper into our perception of the world to untangle our true feelings and opinions from those of the people around us to find happiness and make peace with who we are. We shouldn’t waste our lives concerning ourselves with the opinions of strangers.”

For the musician, being stuck at home during the pandemic was a blessing in disguise as it forced him to find new ways of collaborating with artists from around the world. For WE GO BLIND AT NIGHT, he teamed up with a musical legend. “I had the most amazing honour of working with the legendary Dave Roe, who was the long-time bass player for Johnny Cash. He was such a professional and perfectly delivered the sound I wanted for my bass arrangement, bringing some organic warmth to the bass parts of the song.”

Commenting on the partnership, he says: “At first I felt so insecure about working with such an amazing artist, but he loved my arrangements, which calmed my nerves. It took just over a week of phone calls and e-mails, chatting about the project and the sound we were looking for, before we booked a session. Dave then worked with a recording engineer in Nashville to lay down a few bass takes for me, which were exactly what I needed!”

The decision to include more prominent electric guitars in the single, compared to his album, happened towards the end of the production cycle. “I knew that I was missing an important element, so I called in the help of South African guitarist Zane Fourie,” the artist explains. “We spent an entire night in my studio recording ideas and trying different approaches and, in the end, I was able to fill that void.”

As with his album, the artist worked with Grammy Award-winning mastering engineer John Greenham. “From the beginning it was most important for me to create a good listening experience on headphones/earphones, and his work with artists such as Billie Eilish, Finneas and Ashniko really stood out for me in this regard. John is a meticulous and patient artist and certainly makes my production sound much greater than I could ever achieve on my own.”

Backing vocals by Alessandra Maris completed his vision for WE GO BLIND AT NIGHT.

So, who or what is Lonefield? “It is a project I started to focus on creating music that married my love for electronic music and acoustic singer-songwriter style songs. This has been a long time-passion of mine and it took almost eight years from planning my first release to actually having my first songs published,” he explains. “The biggest challenge was finding a sound that came naturally to me, as this was the main point of the project. I wanted to create an immersive feeling and not the impression that you were listening to a ‘singer’, but rather to a person’s perspective on life. That is why it was so important to release music under a project name and not use my actual name… It was never about me, but about the summative exposure of all the music and experiences that has inspired me in my lifetime.” 

A self-confessed introvert, Lonefield says that he is learning to put himself out there. As the owner of a media company, he has had the privilege of working on many amazing local and international film and music projects. “My team and I have enjoyed a lot of success over the last few years and without the support of the amazing people around me, I would not have had the opportunity to do what I love. I have been making music my entire life in one form or another, from school, chamber and national choirs to opera productions and rock bands. I have just always found myself gravitating towards making music.” His band Oursilence was his biggest venture into creating original works and laid the foundation for Lonefield.

Lonefield’s music is unique in that each song tangles many sounds together and then releases it in a beautiful mix of orchestral arrangements and electronic breakdowns. As an advocate of ‘deep listening’, he explains how his music should be experienced. “‘Deep Listening’ is the intentional act of listening to a piece of music or an album like you would watch a film in the cinema – no phone, no talking, no distractions. Simply clear your schedule, grab your earphones, close your eyes and start listening.”

The musical artist’s greatest dream is for people to discover the special moments scattered across his debut album and believes that WE GO BLIND AT NIGHT serves as an excellent introduction to what he has to offer. 

The single is now available for digital download. Get it here: https://ampl.ink/9pnJJ

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/LonefieldMusic
Instagram: @lonefieldmusic
IMDB: https://www.imdb.com/name/nm7478023/?ref_=fn_al_nm_2


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Lonefield stel enkelsnit vry!

Lonefield het pas ’n aangrypende enkelsnit, genaamd WE GO BLIND AT NIGHT, vrygestel

Lonefield het pas ’n aangrypende enkelsnit, genaamd WE GO BLIND AT NIGHT, vrygestel. Dit is die kunstenaar se eerste vrystelling aan radio en media sedert sy debuut-album, Feel Good, in 2020 digitaal uitgereik is.

“Ek is regtig opgewonde daaroor om musiek vry te stel tussendeur die enorme taak om ’n album saam te stel. Hierdie kleiner projekte stel my in staat om met verskillende style te eksperimenteer, saam met ander kunstenaars te werk en dit te geniet om iets nuut te skep,” verduidelik hy.

Lonefield som die tema van WE GO BLIND AT NIGHT op met ’n enkele sin uit die liedjie: “We’re crossing a lie now they drew between you and I (“Ons kruis nou ’n leuen wat hulle tussen ons geplaas het”)”. He sê: “Alhoewel ek nie dink dat dit bydra tot die ervaring om die betekenis agter ’n liedjie te verklap nie, kan ons saamstem dat dit dikwels nodig is om dieper te delf in ons persepsie van die wêreld om ons ware gevoelens en opinies los te maak van ander mense s’n. Dis nodig om geluk te vind en vrede te maak met wie ons is. Ons moenie ons lewens mors deur onsself te steur aan vreemdelinge se opinies nie.”

Vir die musikant was dit ’n bedekte seën om gedurende die pandemie ingeperk te wees, omdat dit hom gedwing het om nuwe maniere te vind om saam met ander kunstenaars, regoor die wêreld, te werk. Met WE GO BLIND AT NIGHT het hy die geleentheid gekry om saam met ’n musieklegende te werk. “Ek het die ongelooflike voorreg gehad om saam met die Iegendariese Dave Roe te werk wat vir ’n lang tyd Johnny Cash se baskitaarspeler was. Hy was so professioneel en het die perfekte klank gelewer wat ek graag wou hê.”

Oor hierdie besonderse saamwerkgeleentheid verklap hy: “Aan die begin was ek baie selfbewus om saam met so ’n talentvolle musikant te werk, maar hy was mal oor my musiek en dit het my senuwees laat bedaar. Ons het vir ’n week oor die foon en e-posse gesels oor die projek en die klank wat ons graag wou skep en toe ’n sessie bespreek. Dave het saam sy opnames in Nashville gedoen en dit was presies wat ek nodig gehad het!”

Die besluit om meer prominente elektriese kitare in die agtergrond in te werk as gewoonlik, het aan die einde van die produksiesiklus gebeur. “Ek het besef dat daar ’n belangrike element was wat ontbreek het, so ek het die hulp van die Suid-Afrikaanse kitaarspeler, Zane Fourie, ingeroep,” verduidelik die kunstenaar. “Ons het die hele aand in my ateljee spandeer om idees op te neem en verskillende invalshoeke te probeer en dit is wat op die ou einde die gaping gevul het.”

Net soos met sy album, is die enkelsnit deur die Grammy-wenner John Greenham verwerk. “Dit was vir my van die begin af belangrik om ’n lekkerluister-ervaring te skep en sy werk saam met name soos Billie Eilish, Finneas en Ashniko het vir my uitgestaan. John is punteneurig en geduldig en die maak die eindresultaat beter as wat ek op my eie sou kon bereik het.”

Alessandra Maris is ingespan as agtergrondsanger om die visie vir WE GO BLIND AT NIGHT af te rond.

So, wie of wat is Lonefield? “Dit is ’n projek waarmee ek begin het om musiek te skep en my passie vir elektroniese en akoestiese style te kombineer. Dit kom al ’n lang pad en ek het agt jaar gevat voordat ek my eerste liedjie vrygestel het,” deel hy. “Die grootste uitdaging was om my natuurlike klank te vind, aangesien dit die punt van die projek is. Ek wou ’n omvattende gevoel skep en dit nie laat klink asof jy na ’n ‘sanger’ luister nie, maar eerder na ’n persoon se perspektief oor die lewe. Dit is hoekom dit so belangrik was om die projek onder sy eie naam, en nie my eie nie, te loods… Dit was nooit oor my nie, maar die musiek en ervaringe wat my gedurende my leeftyd geïnspireer het.”

As selferkende introvert, erken Lonefield dat hy nog leer om homself in die kollig te plaas. Hy is ook die eienaar van ’n mediabesigheid en het die geleentheid gehad om op baie plaaslike en internasionale projekte te werk. “Ek en my span het baie sukses behaal oor die afgelope jaar, te danke aand ondersteuning van baie wonderlike mense rondom my, wat my in staat stel om te doen waarvan ek hou. Ek skep al my hele lewe lank musiek, in een of ander vorm, van koor- en operaproduksies tot rockgroepe. Dit is net iets wat my nog altyd aangetrek het.” Sy musiekgroep, Oursilence, was sy grootste poging om oorspronklike werke te skep en het die fondasie gelê vir die Lonefield-projek.

Lonefield se musiek is uniek omdat elke liedjie soveel klank saamvoeg om ’n pragtige eindresultaat met orkes- en elektroniese elemente te skep. As voorstander van ‘diep luister’, verduidelik hy hoe sy musiek ervaar moet word. “‘Diep Luister’ is om bewustelik na ’n liedjie of album te luister soos wat jy na ’n fliek sou kyk by die bioskoop – geen foon, geselsies of iets wat jou aandag aftrek nie. Maak tyd, gryp jou oorfone, maak jou oë toe en luister.”

Die musikant se grootste droom is vir mense om die spesiale oomblikke in sy debuut-album te ontdek en glo dat WE GO BLIND AT NIGHT die perfekte voorbeeld is van wat hy het om te bied.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier: https://ampl.ink/9pnJJ

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/LonefieldMusic
Instagram: @lonefieldmusic
IMDB: https://www.imdb.com/name/nm7478023/?ref_=fn_al_nm_2


PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za