Phumi Morare’s short film wins gold!

Lakutshon’ Ilanga (When the Sun Sets)

South African-born Phumi Morare’s short film Lakutshon’ Ilanga (When the Sun Sets), has won Gold at the 49th Annual Student Academy Awards this year in the Narrative: Domestic Schools category.

“I’m deeply honored to be a Student Academy Award winner. To think that a personal story, based on my South African family history, can resonate with an international audience and receive this type of accolade is deeply humbling and inspiring. I am so grateful to the community that came around us to make this film possible against all odds.”

Shot on location in Soweto, Lakutshon’ Ilanga tells the story of a young, black nurse living in 1985 apartheid South Africa who must face her worst fears when she learns that her younger brother, an activist, may be in danger.

“It’s a story of a black woman’s transcendence as she tries to protect her family under the constraints of oppression,” says Morare. “The film pays homage to my mother as it was inspired by a real incident that happened in her life. Her courage inspired me to honor and observe the quiet heroism of ordinary, African women.”

Currently based in Los Angeles, California, Morare submitted the film as her thesis for her MFA in Film Directing at Chapman University, along with fellow student Christine Cho in the role of producer, in 2019. The film has since received various accolades, including a Student BAFTA nomination and selection as a finalist in the 2021 American Black Film Festival’s Annual HBO Short Film Competition, not to mention screenings at some of the world’s most prestigious film festivals.

“Stage 5 Films has a keen focus on developing the careers of first-time feature filmmakers, and often, this starts at an emerging talent level,” says Marcelle du Toit, head of production at Stage 5 Films and executive producer on Lakutshon’ Ilanga. “Annually, Stage 5 Films invests in producing one short film by a talented South African filmmaker as a commitment to fostering our country’s creative industry. ‘Lakutshon’ Ilanga’ and the powerhouse female team that is Phumi and Christine, encapsulates this mission. Phumi’s touching personal connection to the narrative, as well as her ambitious and committed approach to authentic execution, resulted in a standout project.”

Based in Cape Town, Stage 5 Films specializes in producing films, television series and documentaries for local and international audiences, drawing on decades of experience and a global network to create powerful narratives packaged in technical excellence. And they’re no stranger to the Academy Awards: Noem My Skollie, co-produced by Stage 5 Films, was selected as South Africa’s official entry to the 2017 Academy Awards. Founder, Dylan Voogt also co-produced the countries official 2011 Academy Award entry, Skoonheid.

Stage 5 Films wishes Phumi Morare continued success in her promising career.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/Stage5Films
Instagram: @stage5films
Website: www.stage5films.com


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Phumi Morare se kortfilm wen goud!

Die Suid-Afrikaner, Phumi Morare, se kortfilm – Lakutshon’ Ilanga (When the Sun Sets) – het goud gewen, in die Narratief: Binnelandse Skole-afdeling, van die 49ste jaarlikse Studente Oscars.

“Dit is ’n groot eer om ’n Studente Oscar-wenner te wees. Dit is ongelooflik inspirerend dat ’n persoonlike storie, wat op my Suid-Afrikaanse familiegeskiedenis gebaseer is, aanklank gevind het by ’n internasionale gehoor. Ek is dankbaar vir die gemeenskap wat gehelp het om hierdie film moontlik te maak, ten spyte van talle uitdagings.”

Lakutshon’ Ilanga, wat in Soweto verfilm is, vertel die storie van ’n jong swart verpleegster wat in 1985 – te midde van Apartheid – in Suid-Afrika woon. Haar grootste vrees word waar wanneer sy uitvind dat haar jonger broer (’n aktivis) in gevaar is.

“Dit is die verhaal van ’n swart vrou se stryd om haar familie te beskerm onder die beperkings van onderdrukking,” sê Morare. “Die film is ’n eerbetoon aan my ma, aangesien dit geïnspireer is deur ’n ware gebeurtenis in haar lewe. Haar moed het my geïnspireer om die onopsigtelike heldhaftigheid van gewone Afrika-vroue te vier.”

Morare, wat tans in Los Angeles, Kalifornië woon, het hierdie kortfilm in 2019 as tesis voorgelê vir haar MFA in Rolprentregie by Chapman Universiteit, saam met ’n mede-student – Christine Cho – in die rol van vervaardiger. Sedertdien het dit talle prestasies behaal, waaronder ’n benoeming vir ’n Studente BAFTA-toekenning. Dit is ook gekies as ’n finalis in die 2021 Amerikaanse Swartrolprentfees se jaarlikse HBO-kortfilmkompetisie en is by van die wêreld se mees gesogte rolprentfeeste vertoon.

“Stage 5 Films fokus graag op loopbaanontwikkeling en dit begin dikwels op opkomende-talentvlak,” sê Marcelle du Toit, produksiehoof van Stage 5 Films en uitvoerende vervaardiger van Lakutshon’ Ilanga. “Jaarliks belê Stage 5 in die vervaardiging van een kortfilm deur ’n talentvolle plaaslike rolprentmaker om kreatiwiteit in die land te bevorder. ‘Lakutshon’ Ilanga’, wat geskep is deur ’n merkwaardige span vroue soos Phumi en Christine, versinnebeeld hierdie doelwit. Phumi se aangrypende persoonlike verbintenis met die storie, asook haar ambisie en toewyding om die projek so eg as moontlik weer te gee, het ’n uitstaande eindresultaat tot gevolg gehad.”

Stage 5 Films, wat in Kaapstad geleë is, spesialiseer in die vervaardiging van rolprente, televisiereekse en dokumentêre vir plaaslike en internasionale gehore, en maak gebruik van dekades se ervaring en ’n wêreldwye netwerk om kragtige verhale, met uitstaande tegniese vaardighede, te skep. Dié maatskappy is ook beslis nie ’n nuweling by die Oscars nie: Noem My Skollie, waarvan Stage 5 Films die mede-vervaardiger was, is gekies as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars in 2017. Stigter, Dylan Voogt, was ook die mede-vervaardiger van Skoonheid wat in 2011 ingeskryf is vir die Oscars.

Stage 5 Films wens Phumi Morare sukses toe met haar baie belowende loopbaan.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/Stage5Films
Instagram: @stage5films
Webblad: www.stage5films.com


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za