Rita Li releases sexy new Afrikaans song

Rita Li - DINK AAN JOU LYNE

RITA LI is becoming increasingly popular by the day, and it is no surprise that audiences of all ages are falling in love with this beautiful woman with her incredible voice, energetic stage presence, blue eyes and shiny blonde hair!

The release of her latest pop single, DINK AAN JOU LYNE will most definitely increase her popularity and will make you feel nostalgic about the past.

This sexy song, written by Stella (Christelle Combrink) and produced by The Hit Factory’s Murray Lubbe, not only invites you to sing along, but will also remind you of special memories you shared in previous relationships.

“The song celebrates memories of a previous relationship; the places the couple used to visit and the physical features she appreciated about her ex-partner like his body, his lips and hands. It’s a sexy song,” she says with a twinkle in her eye. “We have all been in love at some point in our lives and most people will be able to relate to the lyrics. It is a nostalgic song, with a catchy tune that invites you to sing along.”

A music video of this Afrikaans track is also available online. Afrikaans is Groot’s Barry Pretorius was the creative director and the video was filmed at the pool area on the seventeenth floor of the Maslow Hotel in Menlyn Maine, as well as in one of their luxurious rooms.

“The concept was inspired by the lyrics and depicts special moments from a previous relationship. Co-actor, Kallas Eksteen, is a good friend from my childhood and the perfect example of the ‘lines’ in the song. It was also important to include performance shots. The storyline was secondary,” she explains. “Having the opportunity to work with Barry was a huge privilege and a wonderful experience! I was able to completely immerse myself in the production and forget about the responsibilities!”

Watch the video here:
https://youtu.be/m58uzfPQNks

DINK AAN JOU LYNE is the third release from her debut album, Roekeloos Verlief, which featured on the Apple Top 5 Album charts three days after its release.

RITA LI grew up on a farm in Clocolan in the Free State and currently lives in Pretoria. She is a versatile musician and songwriter, a professional dancer and a trained sports physiotherapist who has never been afraid to dream big.

She is currently working on her second album and clothing brand and planning a few a few big shows, including a charity event for women, a nationwide tour and a Christmas production.

DINK AAN JOU LYNE is bona fide hit and is available on all digital platforms as part of her album.

Download it here:
https://RitaLi.lnk.to/DinkAanJouLyneMB
https://vibe.to/RoekeloosVerlief

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/ritalimusiek
Instagram: @ritalimusiek
Twitter: @RitaLimusiek
Website: www.ritali.co.za
YouTube: Rita Li Musiek


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Web: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Rita Li stel ‘n sexy nuwe enkelsnit vry!

DINK AAN JOU LYNE vier die onthou-oomblikke van ’n vorige verhouding.

RITA LI raak by die dag meer gewild en met haar aansteeklike lus vir die lewe, is dit te verstane dat oud en jonk besig is om versot te raak op hierdie pragtige jong vrou met die blou oë, goue lokke en energieke verhoogpersoonlikheid.

En nou gaan sy verseker nóg meer harte verower met haar nuwe popsnit, DINK AAN JOU LYNE. Dit is pas vrygestel en vier die onthou-oomblikke van ’n vorige verhouding.

Dié sexy nommertjie, geskryf deur Stella (Christelle Combrink) en vervaardig deur The Hit Factory se Murray Lubbe, nooi jou nie net uit om saam te sing nie, maar sal jou ook nostalgies laat terugverlang na die tye toe jy verlief en verlore was.

“Hierdie lied gaan oor herinneringe van ’n vorige verhouding; die plekke wat die paartjie besoek het en die fisiese aspekte van haar maat soos die lyne van sy lyf, sy lippe en hande. Dis ’n sexy snit,” vertel sy met ’n vonkel in die oog. “Elkeen van ons het iemand waarop ons verlief was iewers in ons lewens en daarom sal die lirieke aanklank vind by meeste mense. Dis ’n smeulende onthou-liedjie met ’n lekkerluister koorgedeelte en melodie.”

Daar is natuurlik ook ’n musiekvideo om lewe te gee aan hierdie Afrikaanse treffer. Afrikaans is Groot se Barry Pretorius wat die kreatiewe regisseur agter die skerms en die video is by die swembadarea op die sewentiende vloer van die Maslow Hotel in Menlyn Maine verfilm, asook in een van hulle luukse hotelkamers.

“Die konsep is gevorm rondom die lirieke en beeld spesiale oomblikke van ’n vorige verhouding uit. Die akteur saam met my, Kallas Eksteen, is ’n goeie vriend uit my kinderdae en natuurlik ’n goeie uitbeelding van die lyf se lyne. Dit was ook vir my belangrik om die grootste gedeelte aan optrede van die liedjie te spandeer. Die storielyn was sekondêr,” verduidelik sy. “Om saam met Barry te kon werk was ’n reuse voorreg en ’n wonderlike ervaring! Ek kon myself heeltemal inleef in die produksie sonder om aan enige verantwoordelikhede te dink!”

Kyk die musiekvideo hier:
https://youtu.be/m58uzfPQNks

DINK AAN JOU LYNE is die derde vrystelling vanaf haar debuut-album, Roekeloos Verlief, wat binne drie dae nadat dit uitgereik is onder die top 5 album op Apple se treffersparade gelys is.

RITA LI is ’n plaasmeisie van Clocolan in die Vrystaat, maar woon deesdae in Pretoria. Sy is ’n veelsydige musikant en liedjieskrywer, ’n kranige danser en ’n opgeleide sportfisioterapeut wat nie bang is om groot te droom nie.

Tans werk sy aan materiaal vir haar tweede album en haar eie klerereeks en beplan sy aan verskeie groot vertonings, wat ’n liefdadigheidsfunksie vir vroue, landswye toer en Kersproduksie insluit.

DINK AAN JOU LYNE gaan verseker ’n indruk maak en is beskikbaar op alle digitale platforms as deel van haar album.

Laai dit hier af:
https://RitaLi.lnk.to/DinkAanJouLyneMB

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/ritalimusiek
Instagram: @ritalimusiek
Twitter: @RitaLimusiek
Webblad: www.ritali.co.za
YouTube: Rita Li Musiek


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za

Rita Li
Rita Li