Logan Pietersen releases debut single – 3 Weke

Logan Pietersen - 3 Weke

Twenty-nine-year-old musician from Naboomspruit, Logan Pietersen has been in the music industry for the past decade and now his debut single, 3 WEKE has finally been released.

This song, which can be enjoyed just as much on a road-trip as on the dance floor, confirms that he is an artist to be reckoned with!

Audiences of all ages will enjoy this track because it is based on a real-life experience that everyone can identify with.

Relationships do not always work out like they are supposed to and can be a rollercoaster of emotions and experiences that can teach you a lot about yourself and life.

With this single, he looks back on a special relationship that wasn’t meant to be.

“While I was in a year-long relationship with a special girl, I relived everything I experienced in my previous relationships (over a period of seven years). She was a beautiful test that was sent to me to make me realize what I still needed to work on and why she wasn’t the right girl for me. It hurt because you fall in love with everything about a person and desperately want it to work out,” the singer explains about the meaning behind 3 WEKE that was produced by Forge Media’s Fanie Pieterse Jo Black Band’s Estian le Grange. “Everything in life happens at the right time and accepting this fact it the most important thing.”

“The song means a lot to me and helped me find peace after my relationship ended. I had already started writing it when we were still together. I couldn’t communicate with her and wanted to express what I was feeling. Initially the plan was to record one of my English songs, but we decided to go with this one instead,” he says.

A music video of this inspiring track will also be available soon.

“The message of the video is that you should not be in a relationship if you don’t know what you want. You have to know who you are first before you start engaging with someone else. We can make the world a better place by treating one another with love and respect. Everyone does not have to get along, but together we can make a difference,” shares the artist.

The video was produced by Fokkid Media and includes bush and rooftop scene. He looks forward to sharing it with fans.

Logan is the eldest of three children. Although he loves nature, music has always been his greatest passion and has always been a part of his life.

Some of his career highlights include reaching the Top 96 during season three of The Voice SA, as well as making it through to the Top 46 of Maak My Famous. He also successfully auditioned to represent South Africa in New York in 2020, but Covid-19 put an end to this dream.

“Losing my sister during the time I was auditioning for The Voice SA, was one of the biggest challenges of my career. She was the one who encouraged me to participate. To honour her memory, I decided not to give up and to continue with the audition,” he shares.

Being such a caring soul, who wants to help others in any possible way, he plans on studying psychology, which he would like to pursue as an extra profession in the future. In addition to this dream, he is also busy recording his second single, perfecting his guitar playing and planning shows.

3 WEKE is now available on all digital platforms.

Download it here:

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/3-weke/1583605348?i=1583605349&ls

Spotify: https://open.spotify.com/track/0AG6kmLaGeCtaVZznmbBUW?si=RRGRvkQYR1CWzeIdDO4XWw&utm_source=whatsapp&dl_branch=1

Deezer: https://deezer.page.link/9jvuihJTwjGBUKFj9

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100045252295855
Instagram: @l_o_g_a_n_29


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Logan Pietersen stel debuut enkelsnit, 3 Weke, vry

Hierdie nuwe uitreiking sal deur oud en jonk geniet word omdat dit gebaseer is op ’n ware gebeurtenis waarmee almal kan vereenselwig.

Die nege-en-twintig-jarige musikant, Logan Pietersen, van Naboomspruit werk al vir ’n dekade in die musiekbedryf, maar het pas eers sy debuut-enkeslnit, 3 WEKE, bekendgestel. Hierdie liedjie, wat net so lekker luister op die langpad as op die dansvloer, plaas hom stewig in die kollig en maak van hom ’n vars nuwe talent om verseker dop te hou!

Hierdie nuwe uitreiking sal deur oud en jonk geniet word omdat dit gebaseer is op ’n ware gebeurtenis waarmee almal kan vereenselwig.

Verhoudings werk nie altyd uit nie en kan jou op ’n mallemeule van emosies en ervarings neem waaruit jy baie oor jouself en die lewe kan leer.

Met hierdie liedjie kyk hy terug na ’n verhouding wat vir hom baie beteken het, maar wat nie bedoel was om te wees nie.

“Ek het tydens ’n jaarlange verhouding met ’n spesiale meisie, alles herleef wat ek ervaar het in my vorige verhoudings (oor ’n tydperk van sewe jaar). Sy was ’n pragtige toets wat vir my gestuur is om my te laat besef waaraan ek nog moet werk en waar sy ook nie reg was vir my nie. Dit was seer, want ’n mens raak lief vir alles van die persoon en wil dit so graag maak werk,” vertel hy oor die betekenis agter 3 WEKE, wat deur Fanie Pieterse van Forge Media en Estian le Grange van Jo Black Band vervaardig is. “Alles in die lewe word bepaal deur die regte tydsberekening en om dit te aanvaar is die belangrikste.”

“Die lied beteken vir my baie en het my gehelp om vrede te vind nadat my verhouding tot ’n einde gekom het. Ek het dit reeds begin skryf toe ons nog saam was en dit vir my onmoontlik gevoel het om met haar te kommunikeer en ek graag wou sê hoe ek voel. Aanvanklik sou ek ’n Engelse lied opneem, maar daai dag in die ateljee het die liedjie homself gekies en hier is ons nou,” verduidelik hy.

Daar is ook ’n musiekvideo op pad vir hierdie besonderse snit en dit sal binnekort uitgereik word.

Logan is die oudste van drie kinders. Alhoewel hy mal is oor die natuur, was musiek nog altyd sy grootste passie en was dit nog altyd deel van sy lewe. Loopbaan-hoogtepunte sluit in om deur te dring na die Top 96 van seisoen drie van The Voice SA en die Top 46 van Maak My Famous. Hy het ook twee oudisies geslaag om Suid-Afrika te verteenwoordig in New York in 2020, maar kon weens die Covid-19 pandemie nie hierdie droom verwesenlik nie.

“My grootste uitdaging sover, was om my sussie te verloor in die tyd wat ek deelgeneem het aan The Voice SA. Sy was die een wat my aangespoor het om dit te doen en ewe skielik was sy net weg. Ter ere van haar nagedagtenis het ek besluit om nie moed op te gee nie en wel deel te neem,” deel hy.

Omdat hy ’n groot hart het vir mense en hulle graag wil help, fisies en deur sy musiek, beplan hy om binne die volgende vyf jaar sielkunde te begin studeer wat hy graag as ’n tweede beroep wil beoefen. Hy is ook besig om sy tweede enkelsnit op te neem, die kitaar te bemeester en vertonings te beplan noudat kunstenaars weer mag optree.

3 WEKE is nou aanlyn op alle digitale platforms beskikbaar.

Kry dit hier:

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/3-weke/1583605348?i=1583605349&ls

Spotify: https://open.spotify.com/track/0AG6kmLaGeCtaVZznmbBUW?si=RRGRvkQYR1CWzeIdDO4XWw&utm_source=whatsapp&dl_branch=1

Deezer: https://deezer.page.link/9jvuihJTwjGBUKFj9

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100045252295855
Instagram: @l_o_g_a_n_29


PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za