Posduif is back with new single and music video

POSDUIF - Niks Vergelyk!

Posduif’s new single, Niks Vergelyk, celebrates the gift of friendship.

POSDUIF has a gift for expressing thoughts and feelings in an easy-listening and relatable way, and their latest single is no exception. In true POSDUIF style, NIKS VERGELYK takes something many of us take for granted – the gift of friendship – and celebrates it!

The single, written by lead singer James Boland and guitarist Nick Jordaan, is a great singalong song. But, as with all their songs, it is not only aimed at getting people on their feet, but also has deep meaning.

“We all have a friend who is unique and who has a characteristic way of doing things; a friend who is fun and with whom we can let loose and laugh. This song is about that friend,” says James. “But it is also about realising that life isn’t always a party and that even the happiest people experience sorrow and hurt. That’s when friends need one another the most. In essence, it’s about being thankful for friendship.”

The song, explains Boland, was inspired by a friend who was going through a difficult time and who needed to know that they were there to support him. “We all have someone in our lives we’d like to thank for their friendship; someone we’d like to tell ‘I’m here for you’.”

In true POSDUIF fashion, the release of this catchy song is complemented by an equally exciting music video filmed and directed by SAMA nominated producer, Kyle White at Soirée in Sunninghill. Because the song has an eighties inspired soundscape, they decided on a fun themed performance video concept. “Kyle filmed our very first music video and we have become great friends over the years and enjoy working with him. Because it is an eighties throwback video, it is more of an experience, and is guaranteed to make you smile,” explains Jordaan.

“There is no progression or narrative to the music video. It is set on a ‘live’ concert stage and the boys are having the most epic jol,” says Kyle. “I have known these gentlemen for a very long time and always enjoy working with them, because they are so much fun. They love what they do, and their music speak to that.”

Bassist, Amiel Gopal adds that he thinks fans will be able to relate to this video because it symbolises the memories and quirks associated with long-lasting friendships. “I think it’s more engaging and a lot of fun to watch and really gives the viewer the experience of what our live show could be like.”

“We wanted the video to look authentically vintage and not cheap. Everything, from the dance moves to the wardrobe was thought through, even if they weren’t the ‘cool’ choices… polo necks and all,” producer and lead-guitarist, Brendan Campbell concludes.

WATCH THE VIDEO HERE: https://www.youtube.com/watch?v=YBqUKMmNxGw

NIKS VERGELYK is the titular track from their upcoming album and follows the release of the captivating and emotional hit, Herinner My, which was not only well received, but also featured on the charts of various radio stations.

POSDUIF was initially planning on releasing their debut album last year. However, their plan was thwarted by the pandemic and related lockdown regulations. As is their nature, the band managed to put a positive spin on it by using the time to produce an album that they are truly proud of.

NIKS VERGELYK, scheduled for release on 28 October, promises to stay true to the POSDUIF sound and includes something for everyone. “All the songs we included are full and interesting and tell a story that listeners will be able to make their own.”

To celebrate and launch their debut album, the band will be performing live at Heroes in Cape Town (Cape Gate Décor Centre, Nitida Avenue, Brackenfell) on 28 October 2021 at 19h30, as well as Daisy Jones Bar (Summerhill Wines, Stellenbosch) on 31 October 2021 from 17h00.

For the Heroes show, book your tickets here: https://wimtv.net/af-za/events/wim-tv-teater/posduif-2

For the Daisy Jones Bar show, book your tickets here: https://qkt.io/kLLHpb

POSDUIF was formed in 2018 the group consists of Boland, Jordaan, Gopal, Campbell and new member Nick McCreadie on drums.

NIKS VERGELYK (the single) is available for download on all digital platforms.

Download it here: https://Posduif.lnk.to/NiksVergelykMB

In order to get their fans even more excited about the upcoming album they decided to release another track, titled:

Die Braai Song – Download it here: https://posduif.lnk.to/DieBraaiSongMB

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/PosduifLive/
Instagram: @posduif_live
Twitter: @Posduif14
Website: https://posduif.live/


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Posduif is terug met nuwe enkelsnit en musiekvideo!

Posduif se nuwe enkelsnit, Niks Vergelyk, vier die geskenk van vriendskap.

POSDUIF het nou maar een maal die unieke gawe om hulle gedagtes en gevoelens op ’n manier weer te gee, wat so lekker is om na te luister, dat almal daarby aanklank vind. Hulle nuutste enkelsnit, NIKS VERGELYK, is geen uitsondering nie. In tipiese POSDUIF-styl, kry hierdie liedjie dit reg om iets te vier wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar – vriendskap!

Hierdie enkelsnit, uit die pen van hoofsanger James Boland en kitaarspeler Nick Jordaan, is ’n lekker saamsing-liedjie. Maar, net soos die res van hulle arsenaal, is dit nie net daarop gemik om mense op hulle voete te kry nie en het dit ook ’n dieper betekenis.

“Ons almal het ’n goeie vriend of vriende wat uniek is en hulle eie manier het om goed te doen; ’n vriend wat pret is en saam met wie jy kan groot kuier en lag. Hierdie liedjie gaan oor daai vriend,” sê James. “Maar dit gaan ook daaroor om te besef dat die lewe nie altyd net een groot partytjie is nie en dat selfs die gelukkigste mense soms hartseer ervaar. Dit is wanneer vriende mekaar die meeste nodig het. In die geheel, gaan dit daaroor om dankbaar te wees vir vriendskap.”

Die liedjie, verduidelik Boland, is geïnspireer deur ’n vriend wat besig was om deur ’n moeilike tyd te gaan en nodig gehad het om te weet dat hulle daar is om hom te ondersteun. “Ons het almal iemand in ons lewe vir wie ons wil dankie sê vir hulle vriendskap; iemand vir wie ons wil sê: ‘Ek is hier vir jou’.”

In ware POSDUIF-tradisie, word die liedjie ook gekomplementeer deur ’n opwindende musiekvideo wat deur die SAMA-benoemde vervaardiger, Kyle White, vervaardig en verfilm is by Soirée in Sunninghill. Omdat die liedjie ’n tagtigs-aanslag het, het hulle besluit op ’n prettige verhoogoptrede-konsep. “Kyle het ons eerste video opgeneem en ons het oor die jare vriende geword wat dit geniet om saam te werk. Omdat dit ’n lighartige video is, wat die tagtigs uitbeeld, is dit nogal ’n ervaring wat beloof om kykers te laat glimlag,” verduidelik Jordaan.

“Die musiekvideo vertel nie ’n storie nie. Dit speel af op die verhoog en die manne geniet hulleself gate uit,” sê Kyle. “Ek ken die groep al lank en geniet dit om saam met hulle te werk. Hulle is passievol oor wat hulle doen en ’n mens kan dit hoor in hulle musiek.”

Baskitaarspeler, Amiel Gopal voeg by dat hy dink mense sal aanklank vind by die video, omdat dit die prettige herinneringe van ware vriendskap versinnebeeld. “Ek dink dis meer interaktief en baie pret om na te kyk omdat dit kykers ’n idee gee van hoe ons lewendige optredes is.”

“Ons wou ’n video skep wat outentiek en vintage lyk… en nie goedkoop nie. Alles is baie mooi deurdink, van die danspassies tot die kleredrag, al het ons nie noodwendig ‘cool’ keuses gemaak nie,” bevestig vervaardiger en kitaarspeler, Brendan Campbell.

KYK DIE VIDEO HIER: https://www.youtube.com/watch?v=YBqUKMmNxGw

NIKS VERGELYK is die titelsnit van hulle opkomende album en volg in die voetspore van die emosiebelaaide treffer, Herinner My, wat uitstekend ontvang is en op die treffersparades van verskeie radiostasies landswyd gekuier het.

POSDUIF het beplan om hulle debuut-album verlede jaar vry te stel, maar die pandemie en inperkingsmaatreëls het hierdie planne in die wiele gery. Soos altyd het hulle dit reggekry om iets positief daarvan te maak en ’n album saamgestel waarop hulle regtig trots is.

NIKS VERGELYK, wat op 28 Oktober uiteindelik bekendgestel word, beloof om eie te wees aan POSDUIF se klank en sal iets hê om elke oor tevrede te stel. “Elke liedjie wat ons ingesluit het, is vol en interessant en vertel stories waarmee luisteraars kan vereenselwig.”

Om hulle debuut-album behoorlik te vier en bekend te stel, sal die groep twee spesiale optredes doen. Die eerste een is op 28 Oktober by Heroes in die Kaap (Cape Gate-dekorsentrum, Nitida Avenue, Brackenfell) om 19h30, en die tweede sal by Daisy Jones Bar (Summerhill Wines, Stellenbosch) plaas vind op 31 Oktober 2021 vanaf 17h00.

Vir die optrede by Heroes bespreek hier: https://wimtv.net/af-za/events/wim-tv-teater/posduif-2

Vir die optrede by Daisy Jones Bar bespreek hier: https://qkt.io/kLLHpb

POSDUIF is in 2018 gestig en bestaan uit Boland, Jordaan, Gopal, Campbell en nuweling, Nick McCreadie, op die dromme.

NIKS VERGELYK (die enkelsnit) is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af:

https://Posduif.lnk.to/NiksVergelykMB

Om aanhangers te bederf en regtig lus te maak vir die album het hulle nog ‘n snit beskikbaar gemaak voor die album bekendstel getiteld:

Die Braai Song – Laai dit hier af: https://posduif.lnk.to/DieBraaiSongMB

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/PosduifLive/
Instagram: @posduif_live
Twitter: @Posduif14
Webblad: https://posduif.live/


PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za