Charl Folscher releases new single – Crazy Love

Charl Folscher - Crazy Love

Crazy Love celebrates God’s love and grace!

Have you ever wondered whether we are deserving of the fullness of God’s love? Whether we have earned it? Or even whether we are good enough to receive such a gift?

In his latest single, CRAZY LOVE, singer-songwriter Charl Folscher addresses this question – and concludes that despite deserving the opposite, God unconditionally bestows His unfathomable and extravagant love on us.

“I sat down at the piano one day and came up with the words ‘I am broken, you will heal, you were broken, God’s love revealed’,” says Charl. “Those first lines cemented the concept of Christ’s love for us and from there the rest just flowed.”

The track, produced by Franco Gagiano of Upper Room Studios, underlines the fact that God’s love is always available. It is for this reason that Charl believes that the song will truly resonate with listeners. “CRAZY LOVE expresses the concept of God’s undeserved love, which we receive by His grace alone. We don’t have to do anything to earn it – we receive it unconditionally.” In addition to its powerful message, the single is melodic with a strong dynamic.

A music video of this moving song can also now be seen on TV. It was shot by Josh Farrer in Die Strand and is based on Mutemath’s “one take” video concepts. After much deliberation, they decided on a slow action video at the sea. “The ocean is a constant reminder of God’s glory and of the abundance of His love and grace,” he shares. “The message is that God’s love is powerful. But just like you have to jump into the water to get wet, you have to run to God’s love and have faith in its power. His love will never leave you. The video begins with me, soaking wet (and cold on the day), walking deeper and deeper into the ocean.”

Watch the video here: https://youtu.be/g_TalnB-JCY

CRAZY LOVE is Charl’s third solo recording project. He released his first solo album, Day by Day, in 2005. This was followed by an album with Surrender Band, as well as two albums with Wholehearted Worship, which earned him a SAMA nomination in 2011. In 2017 he released an EP titled Humble King, which was recorded in Nashville.

For Charl, the highlight of his musical journey has been leading worship at Cape Town Stadium, at an Angus Buchan event, with 43 000 people in attendance. “This event stands out because it is perfectly aligned with what I want to achieve with my music – to glorify God and gather the church.”

The artist – who is the son of a prison warden and a nurse – describes himself as a dreamer, borderline bohemian, and eternal optimist. “In addition, I am married to the most amazing person, father to an incredible boy, and most importantly, very fortunately known by a God whose grace finds me always.”

As a multitalented artist – he is also a photographer and filmmaker – Charl has lived in several countries and done various jobs. However, his true passion is music, and it is what he always returns to. And although he enjoys listening to a variety of genres, Charl is inspired particularly by Coldplay, John Mayer, Mat Kearney and Need To Breathe. He’d also love to collaborate with songwriter Jonas Myrin.

In addition to working on his music, Charl is currently busy doing research for a documentary, which he plans to shoot in Iraq next year.

He cites his greatest life lesson as accepting that nothing is certain, except, as CRAZY LOVE affirms, that “we can always count on the grace and unconditional love of God”.

The single is available for download from:
Apple Music: https://music.apple.com/za/album/crazy-love/1586333278?i=1586333279
Spotify: https://open.spotify.com/album/35i0MBLUwSiqZrtSTAyO0K?si=4tb38y_WTJ20eB3njlj_eQ

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/charlfolscher
Instagram: @charlfolscher
Twitter: @charlfolscher
Web: www.charlfolscher.com


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alani Coetsee
Cell: 072 442 6918
E-mail: alani@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Charl Folscher stel enkelsnit, Crazy Love, vry

Crazy Love vier God se liefde en genade.

Het jy al ooit gewonder of ons God se liefde verdien en of ons goed genoeg is om so ’n groot geskenk te ontvang?

In sy nuutste enkelsnit, CRAZY LOVE, spreek die sanger en liedjeskrywer Charl Folscher hierdie vraag aan – en bevestig dat alhoewel ons die teenoorgestelde verdien, God ons seën met sy onvoorwaardelike liefde.

“Ek het eendag by die klavier gesit en die lirieke: ‘I am broken, you will heal, you were broken, God’s love revealed’ (Ek is stukkend, jy sal genees, God geopenbaar) uitgedink,” sê Charl. “Daardie eerste sin het lewe gegee aan die konsep van God se liefde vir ons, en die res het net gevloei.”

Die snit, wat deur Franco Gagiano van Upper Room Studios vervaardig is, onderstreep die feit dat God se liefde altyd beskikbaar is en daarom glo Charl dat dit by almal sal aanklank vind. “CRAZY LOVE beeld die konsep uit van die onverdiende liefde wat ons deur God se genade ontvang. Ons hoef niks te doen om dit te verdien nie – ons ontvang dit onvoorwaardelik.” Saam met die kragtige boodskap, spog die liedjie ook met ’n pragtige wysie wat sag is op die oor.

’n Musiekvideo van dié aangrypende snit is ook nou op die kassie te sien. Dit is deur Josh Farrer geskiet in Die Strand en is gebaseer op Mutemath se “one take”-videokonsepte. Na baie oorweging, het hulle besluit op ’n stadige aksievideo by die see. “Die see is vir my ’n konstante herinnering aan God se glorie en ook van die oorvloed van Sy liefde en genade,” vertel hy. “Die boodskap is dat God se liefde jou najaag en jou sal deurdrenk as jy dit toelaat. Maar soos jy in die see moet spring om nat te raak, moet jy na God se liefde hardloop en dit bly glo. Dat dit waar is en dat sy liefde jou nooit sal los nie. Die storie begin waar ek klaar sopnat (en koud op die dag) is en dan al hoe dieper in die see in loop.”

Kyk die musiekvideo hier: https://youtu.be/g_TalnB-JCY

CRAZY LOVE is Charl se derde solo-projek. Sy eerste solo-album, Day by Day, is in 2005 uitgereik gevolg deur een saam met Surrender Band en twee saam met Wholehearted Worship (wat aan hom ’n SAMA-benoeming besorg het in 2011). In 2017 het hy ’n kortspeelplaat vrygestel met die naam Humble King, wat in Nashville opgeneem is.

Vir Charl, is die hoogtepunt van sy musiekloopbaan om ’n aanbiddingsleier te wees tydens ’n Angus Bachan-vertoning in Kaapstad. Dié geleentheid is deur 43 000 mense bygewoon. “Dit staan uit, omdat dit perfek in lyn is met wat ek met my musiek wil bereik – om God te eer en Sy kerk bymekaar te bring.”

Die kunstenaar – wat die seun is van ’n tronkbewaarder en verpleegster – beskryf homself as ’n dromer, ’n effens boheems en ’n ewige optimis. “Daarmee saam, is ek ook met ’n ongelooflike mens getroud, die pa van ’n wonderlike seun en ’n gelowige wat altyd God se genade ontvang.”

Hierdie veelsydige kunstenaar – hy is ook ’n fotograaf en rolprentvervaardiger – het al in verskillende lande gewoon en meer as een beroepe gehad. Sy grootste passie bly egter musiek en dis waarna hy altyd terugkeer. Alhoewel hy na verskeie genres luister, vind hy inspirasie in name soos Coldplay, John Mayer, Mat Kearney en Need To Breathe. Een van sy grootste drome is om eendag saam met liedjieskrywer, Jonas Myrin, te werk.

Buiten vir sy musiek, is Charl ook besig met ’n dokumentêr wat hy volgende jaar in Irak wil verfilm.

Volgens hom, is die grootste les wat die lewe hom geleer het dat niks gewaarborg is nie, behalwe dat “ons altyd op God se genade en onvoorwaardelike liefde kan staatmaak,” soos wat hy in CRAZY LOVE bevestig.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Kry dit hier:
Apple Music: https://music.apple.com/za/album/crazy-love/1586333278?i=1586333279
Spotify: https://open.spotify.com/album/35i0MBLUwSiqZrtSTAyO0K?si=4tb38y_WTJ20eB3njlj_eQ

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/charlfolscher
Instagram: @charlfolscher
Twitter: @charlfolscher
Webblad: www.charlfolscher.com


PUBLISITEIT EN BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za