Ray Dylan releases new touching ballad

Ray Dylan - Laaste Groet

Everyone predicts that the chillingly beautiful lyrics of his latest ballad, LAASTE GROET will have fans mesmerised.

SAMA acclaimed musician and songwriter, Ray Dylan, is best-known for big hits like Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin and Hier Teen Jou Lyf and has mastered the art of speaking to fans’ hearts.

LAASTE GROET follows in the footsteps of the catchy pop song, By Jou Voete Lê, which has become quite popular on the dance floor over the past few months and is still in the #1 position on the charts of many radio stations across the country. The music video, produced by Vonk’s Wian van der Walt, has already had half a million views on YouTube.

Everyone predicts that the chillingly beautiful lyrics of his latest ballad, LAASTE GROET will have fans mesmerised.

This emotional song, which he wrote with Piet Farrell, is about saying goodbye to a loved one and is very relevant in the devastating times we are living in.

“Piet and I have both lost people close to us and have come to realise that time is precious and goes by so quickly,” shares the singer. “The song made me realize that we have to appreciate and support each other in difficult times.”

Ray describes LAASTE GROET as “food for the soul” and believes that people will be able to relate to the lyrics because of the loss and sadness caused by Covid-19. He also hopes that this song will provide some comfort in these difficult times.

Ray Dylan has been in the music industry for thirty-three years and was twelve when he started performing and touring with Bles Bridges. Over the years, he has released several gold and double platinum albums and singles and has become a household name in the Afrikaans music industry.

He is currently working on two new albums and is looking forward to performing again after lockdown.

LAASTE GROET is available on all digital platforms.

Download it here: https://raydylan.hearnow.com/laaste-groet

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook – https://www.facebook.com/raydylan
Instagram – @raydylanmusic
Website – www.ray-dylan.co.za

FOR BOOKINGS:
RDM PROMOTIONS
Jessica Dylan-Jersich
Cell: 084 561 1865
E-mail: jessica@ray-dylan.co.za


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Ray Dylan stel ballade vry!

Ray beskryf LAASTE GROET as “kos vir die siel” en glo dat mense by die lirieke sal aanklank vind

Die SAMA-bekroonde musikant en liedjieskrywer, Ray Dylan, het oor die jare bekendheid verwerf vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en meer en het lankal reeds die kuns vervolmaak om met Afrikaners se harte te praat.

Sy nuutste vrystelling, LAASTE GROET volg in die voetspore van die voetjeuklekker-popsnit, By Jou Voete Lê, wat dansvloere laat gons het oor die afgelope paar maande en steeds in die #1 posissie op talle radiostasies se trefferparades pryk. Die musiekvideo, wat deur Wian van der Walt van Vonk vervaardig is, is ook reeds deur sowat ’n halfmiljoen mense op YouTube gekyk.

Die voorspelling is dat hierdie nuwe ballade se hoendervleismooi lirieke luisteraars in vervoering gaan hê. Hierdie emosiebelaaide snit, wat hy saam met Piet Farrell geskryf het, gaan daaroor om afskeid te neem van ’n geliefde en is baie gepas in die hartseer tye waarin ons onsself tans bevind.

“Ek en Piet het destyds albei mense baie na aan ons verloor en toe besef dat tyd kosbaar en net vir ons geleen is,” vertel die sanger. “Die lied het my weereens net laat besef dat ons mekaar moet waardeer en ondersteun in moeilike tye.”

Ray beskryf LAASTE GROET as “kos vir die siel” en glo dat mense by die lirieke sal aanklank vind juis omdat Covid-19 soveel verlies en hartseer veroorsaak het. Hy hoop ook dat die liedjie in ’n mate vertroosting sal bring.

Ray Dylan is al vir drie-en-dertig-jaar in die musiekbedryf doenig en was maar twaalf jaar oud toe hy saam met Bles Bridges begin toer en optree het. Oor die jare, het hy verskeie goue- en dubbelplatinumstatus-albums en -liedjies uitgereik wat van hom ’n huishoudelike naam en groot gunsteling op die dansbaan gemaak het.

Tans werk hy aan twee nuwe albums wat hy binnekort wil uitreik en sien uit daarna om weer voor groot gehore op te tree.

LAASTE GROET is op alle digitale platforms beskikbaar.

Laai dit hier af: https://raydylan.hearnow.com/laaste-groet

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook – https://www.facebook.com/raydylan
Instagram – @raydylanmusic
Webblad – www.ray-dylan.co.za

BESPREKINGS:
RDM PROMOSIES
Jessica Dylan-Jersich
Sel: 084 561 1865
E-pos: jessica@ray-dylan.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za