Kaalgat Karel sneak previews

Kaalgat Karel

Be the first to see new streaking romcom, Kaalgat Karel.

Boondogle Films’ long-anticipated and highly acclaimed romcom, KAALGAT KAREL is finally hitting cinemas on Heritage Day, 24 September 2021 and the cast and crew cannot wait to share this hilarious film with local audiences.

For this reason, they have decided to give fans the opportunity to see it first with sneak previews at participating cinemas, nationwide, on 18 September and 19 September 2021.

“It has been super-frustrating having to postpone the release of KAALGAT KAREL twice. But the new timing is excellent,” says director Meg Rickards, who co-wrote and produced the feature with husband Paul Egan. “Things are opening up; people cannot wait to get out and we think a fun fliek is more needed than ever, because the past eighteen months have been full of sadness and loss. Funnily enough, as we count the days, we are feeling a bit like how streakers must feel before they go for it – nervous and excited at the same time!”

This tummy-tickling motion picture, starring Francois Jacobs (Donkerland, Vir die Voëls, Pad Na Jou Hart) and Christia Visser (Tess, Ballade vir ’n Enkeling, Hollywood in my Huis), has already impressed overseas critics and movie enthusiasts and won awards at several prestigious international film festivals, including Best Feature Film, Best Romantic Comedy, Best Produced Feature Film Screenplay and Best International Production.

KAALGAT KAREL tells the heart-warming story of Karel Venter (Jacobs), a thirty-year-old guy who loves the thrill and accompanying social media stardom of streaking during sports matches. He falls head-over-heels for the paramedic, Rita (Visser), who saves him after a streak gone wrong, but there’s a problem; she’s a strait-laced single mom who has no interest in his streaking shenanigans.

Aside from brilliant cinematography by Bert Haitsma, the movie also boasts a star-studded cast that includes Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen, Eden Classens and comedian Schalk Bezuidenhout, who agrees that this feelgood movie is just what the doctor ordered. “KAALGAT KAREL has nothing to do with Covid and was filmed before the pandemic was a thing. I think we all need something light and humorous to make us feel good, that has nothing to do with sanitizer or masks,” he explains. “You will also get to see a lot of Francois Jacobs’ butt throughout the movie,” he adds with a twinkle in his eye.

Furthermore, KAALGAT KAREL also features English sub-titles, an impressive music score by Loki Rothman and a cheeky theme song by Jack Parow, Altyd Op Vakansie.

It is locally distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. and was produced in cooperation with kykNET, the Eastern Cape Development Corporation (ECDC), the Eastern Cape Provincial Arts and Culture Council (ECPACC), the Department of Trade and Industry (DTI) and its brand integration partners, Galito’s, Red Alert and the Hathaway Group of Guesthouses.

Watch the trailer here:  https://youtu.be/8_hGAiPX5GI

To be part of the excitement, book your tickets at:
https://www.sterkinekor.com/details/HO00002123/kaalgat-karel
https://numetro.co.za/movie/5757/

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel
Twitter: @kaalgatkarel
Hashtag: #KaalgatKarelFilm


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Kaalgat Karel spesiale voorskoue

Sien Kaalgat Karel eerste op 18 & 19 September!

Boondogle Films se langverwagte en bekroonde romantiese komedie, KAALGAT KAREL, word uiteindelik op Erfenisdag, 24 September 2021 vrygestel en die produksiespan en akteurs kan nie meer wag om dit met plaaslike kykers te deel nie.

Daarom het hulle besluit om vir aanhangers die geleentheid om die prent eerste te sien met voorskoue by verskeie deelnemende bioskope regoor die land. Dit sal plaasvind op 18 September en 19 September 2021.

“Dit was baie frustrerend om KAALGAT KAREL se vrystelling twee keer uit te stel. Meer die tydsberekening is nou perfek,” sê regisseur Meg Rickards, wat die film geskryf en vervaardig het saam met haar man, Paul Egan. “Alles is besig om uiteindelik weer oop te maak en mense sien uit daarna om uit te gaan. Ons dink ’n prettige fliek is net wat almal nodig het na die hartseer en verlies van die afgelope agtien maande. Soos wat die tyd nader kom, voel ons amper soos ’n kaalnaeler voordat hy sy ding doen – senuweeagtig en opgewonde!”

Hierdie skreeusnaakse rolprent, met Francois Jacobs (Donkerland, Vir die Voëls, Pad Na Jou Hart) en Christia Visser (Tess, Ballade vir ’n Enkeling, Hollywood in my Huis) in die hoofrolle, het reeds ’n groot indruk gemaak op oorsese kykers en kritici en het toekennings by verskeie internasionale rolprentfeeste gewen, waaronder Beste Speelfilm, Beste Romantiese Komedie, Beste Vervaardigde Rolprentdraaiboek en Beste Internasionale Produksie.

KAALGAT KAREL vertel die storie van Karel Venter (Jacobs), – ’n dertigjarige kaalnaeler wat die ongewensde aandag wat sy aksies by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus, Rita (Visser) wat hom red nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Buiten vir uitstaande kinematografie deur Bert Haitsma, spog die fliek ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, waaronder Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen, Eden Classens en die komediant Schalk Bezuidenhout, wat saamstem dat hierdie goedvoel-prent presies is wat die dokter voorgeskryf het.

“KAALGAT KAREL het niks te doen met Covid nie en is in elk geval geskiet voordat dié pandemie ’n ding was. In hierdie tye kan ons almal doen met ietsie lig wat jou laat goed voel, sonder ’n enkele masker of sanitizer in sig,” verduidelik hy. “O ja, en jy sien Francois Jacobs se boude nogal baie in die movie,” voeg hy by met ’n vonkel in die oog.

Verder kom KAALGAT KAREL ook met Engelse onderskrifte, ’n indrukwekkende klankbaan deur Loki Rothman, en ’n tong-in-die-kies-temalied deur Jack Parow – Altyd Op Vakansie.

Dit word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die -Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.

Kyk die lokprent hier: https://youtu.be/8_hGAiPX5GI

Om deel te wees van die opwinding, bespreek jou kaartjies hier:
https://www.sterkinekor.com/details/HO00002123/kaalgat-karel
https://numetro.co.za/movie/5757/

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel
Twitter: @kaalgatkarel
Hutsmerk: #KaalgatKarelFilm


PUBLISITEIT EN BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za