Stefan Jansen is back with his second single

Stefan Jansen - SUIKERBOS

Stefan Jansen is proof that hard work pays off. In the midst of a global pandemic, his career has gone from strength to strength.

His debut single, Verdienste en Genade, was playlisted by major radio stations and he recently landed a record deal with Vonk Musiek.

To add to the excitement, he has just released a brand-new song and it is definitely going to create a buzz on the radio as well as in music circles.

SUIKERBOS is a contemporary track, written by the artist himself, that encourages listeners to find happiness before it passes them by.

“This song was inspired by a conversation I had with myself in the mirror. I was lost and fighting an internal battle. The moment I started focusing on the things that were important to me (music), I rediscovered myself and calmed down. Suddenly, it was easy to talk about my career. I felt proud and worked harder than ever before. Furthermore, I also found love with someone who has always been there for me,” he shares about this song, produced by Vonk Musiek’s Tertius Human.

According to the versatile musician, Tertius immediately thought that the song had potential and recorded it to play for his colleagues. It has opened many doors for him, and he is very grateful for the opportunity to share his music with the public.

“SUIKERBOS tells the story of my journey to self-discovery. I hope people will experience the passion and emotion I put into the song and that it will remind them that there is a lot to be thankful for. Happiness (love) is often much closer than you think,” he says.

The song is so dear to him, that he decided to record his first official music video of this track.

The video is based on his own life and tells the story of a hard-working emerging musician who struggles with the daily challenges of the music world and then realises that he was looking for happiness and success in all the wrong places.

It was produced by Vonk Musiek’s Wian van der Walt and shot on location at the Infinity Theatre in Pretoria, as well as a house in the East Rand.

“Because fans are used to seeing me on stage, we decided to include a few performance shots. The rest of the video depicts my everyday life between shows and creates the scenario that makes me realize that what I want has always been right in front of me,” he says. “Shooting my first music video was a great experience and it was a privilege to work with Vonk’s professional team.”

Watch the video here: https://youtu.be/Sn-jrOLT3CM

Stefan has always loved music and was still in school when his father taught him to play guitar. What started out as campfire music in the bush, soon grew into paid solo performances at restaurants and bars for pocket money in Pretoria, where he went to study Law.

Over the years, he has shared the stage with several big names, including Jan Blohm, Valiant Swart, Justin Serrao, Crash Car Burn, The Parlotones and Anton Goosen.

When not writing music, he is building his own acoustic guitar – a project he embarked on during the third wave of the Covid-19 pandemic. He reveals that it is almost finished and that he cannot wait to play it on stage.

In these uncertain times, he tries not to plan too far ahead. But he has come to realise that he is looking for stability and wants to continue pursuing his dreams and talent with people. “I want to spend time with my people, learn, grow and enjoy life. In the end, that is all we really have,” he concludes.

SUIKERBOS is now available on all digital platforms.

Download it here: http://stefanjansen.hearnow.com/suikerbos

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/StefanJansenMusic/
Instagram: @stefanjansenmusic


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za



Stefan Jansen stel tweede enkelsnit vry!

SUIKERBOS is ’n kontemporêre snit, uit sy eie pen, wat luisteraars aanmoedig om geluk te vind voordat dit by hulle verbygaan.

Stefan Jansen is ’n goeie bewys dat harde werk vrugte afwerp. Ten spyt van ’n wêreldwye pandemie, het sy loopbaan sedert 2020 nog net van krag-tot-krag gegaan.

Sy debuut-enkelsnit, Verdienste en Genade, is deur van die land se grootste radiostasies gespeel én hy het onlangs ’n gesogte platekontrak met Vonk Musiek gesluit.

Om dinge nog meer opwindend te maak, het hy pas ’n splinternuwe lied vrygestel wat verseker opslae landswyd onder die publiek, op radiostasies en in musiekkringe gaan maak.

SUIKERBOS is ’n kontemporêre snit, uit sy eie pen, wat luisteraars aanmoedig om geluk te vind voordat dit by hulle verbygaan, maar dit is die ongelooflike verwerking, stem en manier waarop hy hierdie besonderse lied sing en oordra wat jou laat stop waarmee jy besig is en ‘luister”.

“Hierdie lied is geïnspireer deur ’n gesprek wat ek met myself gehad het in die spieël. Ek was op soek na myself en liefde, en het met baie interne vrae geworstel. Die oomblik toe ek my volle tyd en aandag begin spandeer het aan die dinge wat vir my belangrik is (musiek), het ek myself gevind en kalm geword. Ewe skielik het ek uitgesien dat mense my vra wat ek doen vir ’n lewe. Ek was trots op myself en ek het harder as ooit begin werk. Verder het ek ook besef dat iemand wat ek al lank ken, en wat my nog altyd ondersteun het, die perfekte maat is vir my. Ek het dit net nooit raakgesien nie,” deel hy oor die betekenis agter hierdie emosiebelaaide liedjie, wat deur Tertius Human van Vonk Musiek vervaardig is.

Volgens dié veelsydige musikant het Tertius dadelik die potensiaal van die snit raakgesien en dit toe opgeneem om vir sy kollegas te speel. Dit het vir hom ongelooflik baie deure oopgemaak en hy is baie dankbaar vir die geleentheid om sy musiek met mense te deel.

“SUIKERBOS is die storie van die pad wat ek moes stap om myself te vind. Ek hoop dat mense die passie en wroeging deur die liedjie sal voel en dat dit hulle sal herinner dat daar baie is om voor dankbaar te wees. Geluk (liefde) is dikwels baie nader aan jou as wat jy gereed is om te sien,” sê hy.

Hierdie lied lê hom so na aan die hart, dat hy besluit het om sy heel eerste formele musiekvideo daarvoor op te neem.

Die video is gebaseer op sy eie lewe en vertel die verhaal van ’n hardwerkende opkomende musikant wat wroeg met die daaglikse uitdagings van die musiekwêreld en dan uitvind dat geluk en sukses nader aan hom was as wat hy ooit besef het.

Dit is deur Vonk Musiek se Wian van der Walt verfilm by die Infinity-teater in Pretoria en by ’n huis in die Oos-Rand.

“Omdat my aanhangers gewoond is om my op die verhoog te sien, het ons besluit om ’n hele paar tonele in te werk waar ek die liedjie sing. Tussen-in is ’n uitbeelding van my normale lewe tussen vertonings, en dit skep die prentjie wat my laat besef dat ek nog altyd omring was met dit waarna ek opsoek was,” verduidelik hy. “Om my eerste musiekvideo te skiet was ’n lekker ervaring en dit was ’n voorreg om saam met Vonk se professionele span te kon werk.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/Sn-jrOLT3CM

Stefan was nog altyd versot op musiek en was in graad-10 toe hy sy pa gevra het om hom te leer kitaar speel. Wat begin het as kampvuurmusiek in die bosveld, het gou gegroei na betaalde solo-optredes by restaurante en kroeë vir sakgeld in Pretoria waar hy gaan Regte studeer het.

Oor die jare, het hy die verhoog saam met verskeie groot name gedeel, waaronder Jan Blohm, Valiant Swart, Justin Serrao, Crash Car Burn, The Parlotones en Anton Goosen.

Wanneer hy nie besig is om musiek te skryf nie, bou hy sy eie akoestiese kitaar – ’n projek waarmee hy tydens die derde vlaag van die Covid-19 pandemie begin het. Hy verklap dat dit amper klaar is en dat hy nie kan wag om op die verhoog daarmee te speel nie.

Met die toekoms wat so onseker is, probeer hy om nie te ver vooruit te beplan nie. Wat hy wel weet, is dat hy opsoek is na stabiliteit en rustigheid en dat hy sy drome wil najaag en sy talent met mense wil deel. “Ek wil tyd saam met my mense spandeer, leer, groei en dit geniet. Dis al wat ons eintlik het,” sluit hy af.

SUIKERBOS is nou aanlyn beskikbaar.

Kry dit hier: http://stefanjansen.hearnow.com/suikerbos

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/StefanJansenMusic
Instagram: @stefanjansenmusic


PUBLISITEIT EN BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za