Rinél Day releases new single – Jy het my gered

Rinél Day

Jy het my gered is Rinél dedicated to the love of her live.

Love can change your life. It can carry you in difficult times, give you hope for the future and make you happier than you ever thought possible.

This life-changing kind of love was the inspiration behind Rinél Day’s brand-new Country single, which fans are going to love just as much as she loves the man it was written for.

JY HET MY GERED is a love song she wrote for her fiancé (now her husband), Shaun Walker, just after they got engaged. “We met during a difficult time in my life, and he literally showed me that true love and selflessness can get you through any situation,” she shares. “I am grateful for the pillar of support he has been in my life. He really saved my life. Now we are expecting a beautiful baby girl, Emily Anlizé Walker, who is due in October, and I am excited about our future together.”

This single – which perfectly showcases her beautiful vocals – is the third release from her popular third studio album, Ek Het Opgestaan, and the singer believes that it will definitely appeal to audiences of all ages. “The reason I chose the song is because I believe that everyone has that one special person who showed them that pain will not win, and that true love really exists. You just have to be patient,” says the Ghoema-nominated brunette.

Rinél, who was born Vryheid and grew up in Richardsbaai and Swartruggens grootgeword, is known for hits like Dit Staan in die Sterre, Ligjare Weg, Een Somersaand (met Henri Alant), DJ Speel Dit Weer, Geluk and more.

Although Covid-19 has been especially hard on the music industry, she is very positive and believes that things will work out as they should. In addition to writing songs and preparing to become a mother later this year, she also started doing nails at the beginning of the year to earn an extra income.

It has always been important to Rinél to touch hearts with her music and to remain relevant in the music industry. JY HET MY GERED will capture the hearts of local music lovers and is a beautiful celebration of a new and exciting chapter in this versatile musician’s life and career.

Lyric Video: https://youtu.be/xMDTBh4YeRM

JY HET MY GERED is one of the tracks on her album EK HET OPGESTAAN which is available on all digital platforms.

Download it here: https://distrokid.com/hyperfollow/rinelday/ek-het-opgestaan-2

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: www.facebook.com/rineldayoffisieel
Instagram: @ekisrinelday
Twitter: @ekisrinelday
Website: www.rinel.co.za


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Rinél Day stel nuwe enkelsnit, Jy het my gered vry

Jy het my gered is opgedra aan die spesiale man in haar lewe!

Liefde kan jou lewe verander. Dit kan jou dra in moeilike tye, hoop gee vir die toekoms en gelukkiger maak as wat jy ooit gedink het moontlik is.

Hierdie lewensveranderende liefde is die inspirasie agter Rinél Day se splinternuwe Country-enkelsnit, waaroor bewonderaars net so mal gaan wees as wat sy is oor die man aan wie sy hierdie liedjie opdra.

JY HET MY GERED is ’n liefdesliedjie wat sy vir haar verloofde (nou haar man), Shaun Walker, geskryf het net nadat hulle verloof geraak het. “Hy het tydens ’n baie moeilike tyd van my lewe ingestap en kom wys dat opregte liefde en bystand ’n mens deur enige situasie kan dra,” deel sy. “Ek is dankbaar oor die steunpilaar wat hy in my lewe is. Hy het my kom heel maak en kom red. Nou verwag ons ’n pragtige babadogtertjie, Emily Anlizé Walker, wat in Oktober haar opwagting maak en ek is opgewonde oor ons toekoms saam.”

Hierdie enkelsnit – wat haar pragtige stem soos ’n handskoen pas – is die derde vrystelling vanaf haar gewilde derde ateljee-album, Ek Het Opgestaan, en die sangeres meen dat dit beslis sal aanklank vind by oud en jonk. “Die rede hoekom ek die liedjie gekies het is omdat ek glo dat elke vrou of mens daar buite daardie een spesiale iemand het wat hulle gewys het dat die seer nie sal seëvier nie en dat ware liefde regtig bestaan. Jy moet net bereid wees om geduldig te wag,” sê dié Ghoema-benoemde donkerkop met ’n vonkel in die oog.

Rinél, wat in Vryheid gebore is en hoofsaaklik in Richardsbaai en Swartruggens grootgeword het, is veral bekend vir treffers soos Dit Staan in die Sterre, Ligjare Weg, Een Somersaand (met Henri Alant), DJ Speel Dit Weer, Geluk en vele meer.

Alhoewel Covid-19 haar die musiekbedryf baie hard getref het, is sy baie positief en glo sy dat dinge sal uitwerk soos wat dit moet. Buiten vir liedjies skryf en haar voorbereidings om later vanjaar ma te word, het sy ook aan die begin van die jaar begin naels doen om haar inkomste aan te vul.

Dit was nog altyd vir Rinél belangrik dat haar musiek met luisteraars se harte moet praat en moet uitstaan in die musiekbedryf. JY HET MY GERED gaan verseker die harte van plaaslike musiekliefhebbers oorrompel en is ’n pragtige viering van ’n splinternuwe hoofstuk in hierdie veelsydige musikant se lewe en loopbaan.

Liriek Video: https://youtu.be/xMDTBh4YeRM

JY HET MY GERED is een van die snitte op haar album EK HET OPGESTAAN en beskikbaar op alle digitale platforms.

Laai dit hier af: https://distrokid.com/hyperfollow/rinelday/ek-het-opgestaan-2

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: www.facebook.com/rineldayoffisieel
Instagram: @ekisrinelday
Twitter: @ekisrinelday
Webblad: www.rinel.co.za


PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za