Emile Welman releases Sprokiesland music video

SPROKIESLAND

To celebrate the success of the song, he decided to spoil South Africans with the release of a beautiful music video before returning to America.

Emile Welman, former member of the group Overtone and popular South African singer, composer and songwriter who currently lives in California, recently made headlines when he decided to visit the country to release an Afrikaans love song and film a brand-new music video on local soil.

SPROKIESLAND was incredibly well received and immediately got playlisted on some of the biggest radio stations in South Africa.

To celebrate the success of the song, he decided to spoil South Africans with the release of a beautiful music video before returning to America.

This love story was filmed by Vonk Musiek’s talented producer, Wian van der Walt at the Van Wyngaard residence in Elspark with its beautiful grand piano. Emile and Ashley du Toit worked hard to come up with the perfect concept to convey the message of the song in the best way possible.

“I wanted an old-school video, so we used old Frank Sinatra-type films as a reference,” he shares. In this romantic and intimate music video, the main character writes a song for the woman in his life (played by Tracey Kroukamp) about when they met and sings it to her in their living room.

The video is the perfect match for the impressive pop track, which was originally inspired by Emile’s late father.

“In July 2019, my dad was diagnosed with stage four liver cancer. I had been living in the US for almost 10 years and had returned to South Africa only once or twice a year. My dad loved Afrikaans music and I wanted to write something that he would like and appreciate. So, I wrote the song hoping to get it recorded and playing on radio as soon as possible. Unfortunately, my dad passed away before he could hear the song, but I am determined to still make him proud.”

Watch the video here: https://youtu.be/4ABabkfBODw

With this captivating video and song, Emile Welman has ensured that he will definitely not be forgotten by the people of his country and with the success SPROKIESLAND has already achieved in the local music market, fans will definitely insist on him returning to spoil them with more good music.

SPROKIESLAND is available for download on all digital platforms. Get it here: https://sprokiesland.lnk.to/I8GBVGzl

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/emilewelmanmusic
Instagram: @emilewelman
Website: www.emilewelman.com
YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=AcvYgxzFyCY


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Emile Welman stel Sprokiesland musiekvideo vry!

SPROKIESLAND word sedert uitreiking ongelooflik positief ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van die grootste radiostasies regoor die land geho

Emile Welman, die voormalige lid van Overtone, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer wat tans in Kalifornië woon, het onlangs spesiaal teruggekeer na sy geboorteland om ’n Afrikaanse liefdesliedjie op plaaslike bodem te kom uitreik en ’n musiekvideo hier te kom verfilm.

SPROKIESLAND word sedert uitreiking ongelooflik positief ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van die grootste radiostasies regoor die land gehoor word.

Nou, voordat hy terugkeer na Amerika bederf hy Suid-Afrikaners met die vrystelling van die pragtige musiekvideo vir hierdie liedjie, wat beslis jou asem gaan wegslaan.

Die talentvolle vervaardiger, Wian van der Walt van Vonk Musiek, was weereens agter die kamera en dié liefdesverhaal is in die Van Wyngaards van Elspark se huis, met sy pragtige vleuelklavier, verfilm. Emile en Ashley du Toit het saam aan ’n konsep gewerk om sy boodskap op die treffendste manier moontlik oor te dra.

“Ek wou graag ’n ouskool-tipe video gehad het en ons het daarom ou Frank Sinatra-tipe films gebruik as verwysing,” deel hy. In dié romantiese en intieme musiekvideo skryf en sing hy vir die vrou in sy lewe (gespeel deur Tracey Kroukamp) ’n liedjie oor toe hulle ontmoet het en maak hulle selfs ’n paar danspassies in die sitkamer.

Die video is die perfekte pasmaat vir die indrukwekkende popsnit wat deur Emile se oorlede pa geïnspireer is. “In Julie 2019 is my pa met fase vier Lewerkanker gediagnoseer. Op daardie stadium het ek reeds vir tien jaar in Amerika gewoon en slegs een of twee keer per jaar in Suid-Afrika kom kuier. My pa was mal oor Afrikaanse musiek en ek wou iets skryf waarvan hy sou hou en sou waardeer. Ek het dus die liedjie geskryf in die hoop om dit so gou as moontlik op die radio te kry. Hy is toe ongelukkig oorlede en het nooit die liedjie gehoor nie, maar ek is vasberade om hom steeds trots te maak.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/4ABabkfBODw

Met hierdie treffende video en liedjie maak Emile Welman seker dat sy geliefde land en mense hom nie gaan vergeet nie. Met die sukses wat SPROKIESLAND reeds in die plaaslike musiekmark bereik het, gaan sy aanhangers beslis aandring op sy terugkeer om hulle met nog nuwe musiek te kom bederf.

SPROKIESLAND is beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://sprokiesland.lnk.to/I8GBVGzl

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/emilewelmanmusic
Instagram: @emilewelman
Webblad: www.emilewelman.com
YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=AcvYgxzFyCY


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za