Sassy new single celebrates girl power

Cindy-Louise - FEMME FATALE

South African singer and songwriter Cindy-Louise’s latest single, FEMME FATALE, is about celebrating and empowering women.

There is something irresistible about a confident woman; something that says don’t underestimate me – I am smart, I am powerful, and I am beautiful.

South African singer and songwriter Cindy-Louise’s latest single, FEMME FATALE, is about celebrating and empowering women.

“Let’s face it, women know they are in charge,” says the singer. “Women are powerful, intelligent, and talented. We are born leaders. We show this every day… and we do it in heels!”

Cindy-Louise was inspired to write a song to celebrate women. “Like the name suggests, FEMME FATALE is alluring and implies that women are in control. You never know what we are planning or thinking,” she laughs.

That said, the track boasts a powerful message supported by a great tune. It has a smooth melody that will mesmerize listeners, and the lyrics are guaranteed to raise a smile.

The track, written by the artist herself, was recorded by Frank de Jong/Hal5 Studio. She once again collaborated with Clinton Nicholas Watts (chief mixer) and Andre Remesses Scheepers (arrangement and additional instrumentation) to ensure a flawless track. In addition to Cindy-Louise’s unique sound, the single features her trademark blend of genres – in this case, commercial pop and R&B with hints of dark pop.

As with her previous releases (Make It Out Here Alive, The Mask), which were well-received by radio stations and listeners alike, FEMME FATALE will be accompanied by a music video. Produced by Manda Productions and directed by Antonia Ackermans, it was shot in the Netherlands.

“In support of the song’s empowering message, I wanted the music video to showcase my sexuality and confidence as a woman. I wanted to show my body and the luxury that comes with loving and embracing who I am. Of course, no Femme Fatale story would be complete without a little danger…”

According to Cindy-Louise, the music video is a result of the combined creative efforts of everyone involved and “it was a privilege to work with a team who understands and expresses their artistry and imagination.”

Watch the video here: https://youtu.be/er_LS1ez8Qk

The artist officially launched her music career in 2019 and has since taken the industry by storm, swiftly releasing a string of singles and steadily growing her fanbase. She also recently released her debut album, Humanity. She finds inspiration in everything around her and often uses her music to create awareness around social and/or emotional issues.

Despite being far from ‘home’, it is important for Cindy-Louise to share her music with her country(wo)men. “It is my way of staying connected to my homeland, especially as I cannot travel home to see my family and friends. This is my way of connecting and sharing my love of music with them.”

With the release of FEMME FATALE, this versatile young singer-songwriter is sure to reinforce her position as a rising star!

Download the single here: http://lnk.to/GT5zTcCj

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/cindylouiseofficial/
Instagram: https://www.instagram.com/cindylouiseofficial/
Twitter: https://twitter.com/cindylouiseoffl
Website: http://cindy-louise.com/
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCZyMq57lYEd0omCjyyvp7JQ


PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Cindy-Louise vier vrouwees met nuwe enkelsnit!

Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Cindy-Louise, se nuutste enkelsnit – FEMME FATALE – vier vrouwees op ’n humoristiese manier.

Daar is iets onweerstaanbaar omtrent ’n vrou met selfvertroue; iets wat sê dat jy haar nie moet onderskat nie, want sy is slim, sterk en beeldskoon.

Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Cindy-Louise, se nuutste enkelsnit – FEMME FATALE – vier vrouwees op ’n humoristiese manier.

“Wees nou maar eerlik, ons vroue weet dat ons in beheer is,” sê die sangeres. “Vroue is sterk, slim en talentvol. Ons is gebore leiers. Ons bewys dit elke dag… en ons doen dit in hoëhakskoene!”

Cindy-Louise wou graag ’n liedjie skryf wat vrouwees vier. “Net soos wat die naam aandui, sê FEMME FATALE dat vroue in beheer is. Jy weet nooit wat ons voel of beplan nie,” lag sy.

Die kragtige boodskap van die snit, word gekomplementeer deur ’n meesleurende wysie wat dadelik die aandag trek, strelend is op die oor en luisteraars sal laat glimlag.

FEMME FATALE is deur die kunstenaar self geskryf en opgeneem deur Frank de Jong/Hal5 Studio. Sy het weereens saam met Clinton Nicholas Watts (hoof-vervaardiger) en Andre Remesses Scheepers (toonsetting en bykomende instrumente) gewerk om die perfekte eindresultaat te skep. Buiten vir Cindy-Louise se unieke klank, kombineer die enkelsnit ook elemente van verskeie genres – in hierdie geval kommersiële pop en R&B, met ’n bietjie donker pop.

Net soos met haar vorige vrystellings (Make It Out Here Alive, The Mask), wat baie goed deur radiostasies en luisteraars ontvang is, spog FEMME FATALE ook met ’n indrukwekkende musiekvideo. Dit is in Nederland verfilm deur Manda Productions, met Antonia Ackermans as regisseur.

“Om aan te sluit by die liedjie se bemagtigende boodskap, wou ek hê dat die video my seksualiteit en selfvertroue as vrou moes weerspieël. Ek wou my lyf wys en die luuksheid wat daarmee gepaard gaan om lief te wees vir wie jy is. Natuurlik sou geen ‘Femme Fatale’-storie kompleet wees sonder ’n bietjie opwinding nie…”

Volgens die kunstenaar, is die musiekvideo die resultaat van almal wat betrokke was se kreatiewe insae en was dit “’n voorreg om saam met ’n span te werk wat nie bang is om uiting te gee aan hulle verbeelding nie.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/er_LS1ez8Qk

Die kunstenaar het die musiekbedryf amptelik in 2019 betree en het reeds groot opslae gemaak met die enkelsnitte wat sy reeds vrygestel het. Humanity, haar debuut-album, is ook onlangs uitgereik en is baie goed ontvang. Sy put inspirasie uit alles rondom haar en gebruik haar musiek om bewusmaking te skep oor sekere sosiale en emosionele kwessies.

Alhoewel sy ver van die huis af is, is dit vir die musikant belangrik om haar musiek met haar landsgenote te deel. “Dit is my manier om in kontak te bly met my geboorteland, veral omdat ek nie huistoe kan kom om tyd saam met vriende en familie deur te bring nie. Op hierdie manier kan ek my passie vir musiek met hulle deel.”

Met die vrystelling van FEMME FATALE, bewys hierdie veelsydige sanger en liedjieskrywer net weereens dat daar nog groot dinge vir haar wag in die toekoms!

Laai die enkelsnit hier af: http://lnk.to/GT5zTcCj

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/cindylouiseofficial/
Instagram: https://www.instagram.com/cindylouiseofficial/
Twitter: https://twitter.com/cindylouiseoffl
Website: http://cindy-louise.com/
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCZyMq57lYEd0omCjyyvp7JQ


PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za