Willem van der Ryst releases his third single

Willem van der Ryst - NIKKELS EN DIE WYN

NIKKELS EN DIE WYN is about a man who falls in love with a woman, but circumstances force her to wait for him.

In 2020, Centurion singer Willem van der Ryst made headlines with his song, Knipmes Aand, which is still a favourite on everyone’s social music playlist. Now the singing sensation, who grew up on a farm in the the Northern Cape, is back with a brand-new single that promises to conquer the hearts of even more Afrikaans music lovers across the country.

“NIKKELS EN DIE WYN is about a man who falls in love with a woman, but circumstances force her to wait for him. He does not know how long she will wait… but in the meantime they regularly drink wine together and she is worth more to him than money (nickels),” he reveals about his third release, which he believes will appeal to audiences of all ages.

This catchy folk-pop song was written by the artist, who has been working in the music industry for the past fourteen years, himself and perfectly showcases his deep soothing voice. “I think it is a strong song with a good story that all people will be able to relate to, because we have all had similar experiences in life,” he says.

A music video of the single will also be released soon, but he does not want to give too much away about it at this stage.

Although he was more interested in sports for most of his school career and had no formal music training, there was a boy in his hostel who always played guitar. One day he decided to give it a try and discovered that he had a knack for playing guitar and he has never looked back since.

The artist enjoys listening to modern Country and credits Keith Urban, Kip Moore and Zac Brown Band as having the biggest influence on his own musical style. He also reveals that he would love to work with the likes of Mauritz Lotz, David Classen, Denny Lalouette and Vinnie Henrico someday.

About his music, he says: “I sing simple songs that tell stories. Anything can inspire me, from a bum to a guy in a Ferrari. It’s not something specific that makes me write songs, I just know when it happens.”

Willem is passionate about flying and would have been a pilot if he had to choose a different career. He is currently in the process of getting his commercial flying license and is also working hard on creating new music for the future.

NIKKELS EN DIE WYN is a beautiful result of the hard work and passion that he has already invested in his career and is one of those songs that is going to remain popular for a long time.

The single is now available on all digital platforms. Download it here:
https://willemvanderryst2.hearnow.com/nikkels-en-die-wyn

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/willemmusiek
Instagram: @willemmusiek


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Willem van der Ryst stel derde enkelsnit vry

Nikkels en die wyn gaan oor ’n man wat verlief raak op ’n vrou, maar as gevolg van omstandighede moet sy vir hom wag.

In 2020 het Willem van der Ryst van Centurion, opslae gemaak met sy liedjie, Knipmes Aand, wat steeds ’n gunsteling is op almal se kuiermusiekspeellys. Nou is dié populêre sanger wat grootgeword het op ’n plaas in die Noordkaap terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat nóg dieper in Afrikaanse musiekharte gaan kruip.

“NIKKELS EN DIE WYN gaan oor ’n man wat verlief raak op ’n vrou, maar as gevolg van omstandighede moet sy vir hom wag. Hy weet nie vir hoe lank sy sal wag nie… maar intussen drink hulle gereeld saam wyn en is sy vir hom meer werd as geld (nikkels),” verklap Willem, wat al veertien jaar doenig is in die bedryf, oor sy derde vrystelling waarby hy glo almal sal aanklank vind.

Hierdie lekkerluister folk-popliedjie kom uit sy eie pen en pas sy growwe storievertellerstem soos ’n handskoen. “Ek dink dis ’n sterk liedjie, met ’n goeie storie waarmee mense sal kan vereenselwig, omdat almal sulke tipe stories het wat hulle in die lewe ervaar,” sê hy.  

’n Musiekvideo van die snit sal ook eersdaags aanlyn en op die kassie beskikbaar wees, maar hieroor wil hy nog nie te veel verklap nie.

Alhoewel hy vir die grootste gedeelte van sy skoolloopbaan meer in sport belanggestel het en geen formele musiekopleiding het nie, was daar ’n seun in sy koshuis wat altyd kitaar gespeel het. Nadat hy op ’n dag besluit het om die kitaar op te tel en te begin tokkel, het hy ontdek dat hy ’n natuurlike aanvoeling het daarvoor en so het sy liefde vir musiek ontstaan.

Hy is mal oor moderne Country-musiek en sonder Keith Urban, Kip Moore en Zac Brown Band uit as sy grootste inspirasie en verklap dat hy graag nog eendag saam met musikante soos Mauritz Lotz, David Classen, Denny Lalouette en Vinnie Henrico sou wou werk.

“Ek sing eenvoudige liedjies, wat stories vertel. Enigiets kan my inspireer, van ’n boemelaar tot ’n ou in ’n Ferrari. Dis nie iets spesifiek wat my laat liedjies skryf nie, maar ek weet dadelik wanneer iets my wel geïnspireer het”, sê Willem.

Willem het ’n groot liefde vir vlieg en sou graag ’n vlieënier wou wees as hy nie kon sing nie. Hy is hoeka tans besig om sy kommersiële vlieglisensie te kry en werk ook hard aan nuwe musiek vir die toekoms.

NIKKELS EN DIE WYN is nie net ’n pragtige resultaat van die werk en passie wat hy reeds in sy loopbaan belê het nie, maar is ook een van daai liedjies wat vir nog lank gewild gaan wees onder oud en jonk.

Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier:
https://willemvanderryst2.hearnow.com/nikkels-en-die-wyn

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/willemmusiek
Instagram: @willemmusiek


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za