Hot new band, Tailor & Tramp, releases debut song

Tailor & Tramp

Tailor & Tramp, a hot new local band, releases their debut single, Midnight Temptation!

Tailor & Tramp, a hot new local band, has made a name for themselves with their unique country rock sound… and every now and again group frontman, Werner “Weerlig” Kruger, also makes the girls squirm by taking off his shirt. With the release of their debut single, MIDNIGHT TEMPTATION, the Pretoria-based band is hoping to reach even more people with their catchy lyrics and upbeat style.

Written by Werner and lead guitarist Fish Archer, MIDNIGHT TEMPTATION is essentially about being caught up in a bad relationship. “We all know someone who has been in a toxic relationship for longer than they should have… or have been in one ourselves… and that is what this song is about,” shares Werner, about the message behind their first release.

With great melodies and a relatable message tied neatly with a modern country-rock bow, the song offers easy listening and will no doubt appeal to a wide audience.

A music video of the single will also be available soon, but they do not want to give away too much at this stage. “We work hard, have done a lot of shows and would like viewers to experience the band in a live performance setting,” explains Werner.

Tailor & Tramp was established in 2018 and consists of Werner Kruger, Fish Archer, Matthew Gerli and Reinhardt von Solms. The band’s name comes from Kruger’s own interpretation of Yin and Yang – the perfect balance between good and evil.

This project started after Werner and Fish met through mutual friends and started playing together for fun. “We then arranged our first show ourselves as ‘Uit die Bloute’, because that is how the band started. ‘Uit Die Bloute’ was mainly a cover band with a few originals. I then decided that I really wanted to write Country music and wanted to try something new and that’s how Tailor & Tramp originated,” shares Kruger.

The band developed and established its unique sound and vision and moved towards live performances; the most notable of which was performing with Jo Black, Snotkop, Franja Du Plessis, Jay, Pieter Koen and more. They were also scheduled to perform with Biggy and Early B at Sun Arena, but the show was cancelled because of the Covid-19 pandemic.

This foursome already has already created seven original tracks and would like to release their first album as soon as possible. They also plan to visit Nashville in the near future to introduce their music to the international market.

THE MEN BEHIND THE MUSIC

Werner ‘Weerlig’ Kruger, lead singer, songwriter and guitarist, grew up in the East Rand and taught himself to play guitar at the age of sixteen. This thirty-five-year-old EPCM project manager has always been obsessed with music and believes that musicians like Koos Kombuis, Chris Stapleton and Kip Moore have all influenced his own music style.

Fish Archer has been in the music business for twenty years and started playing guitar at the age of thirteen. The group’s lead guitarist grew up in Pretoria, loves people and believes that his passion for music originated in primary school, after discovering groups like Blink 182, The Rolling Stones and Green Day.

Matthew Gerli is Tailor & Tramp’s bassist. This twenty-eight-year-old Italian describes himself as routine based and motivated and loves classical, alternative, blues and jazz music. After school he studied Musicology at UNISA and is celebrating his twelfth year in the music industry. Charles Mingus, Chris Wolstenholme, Pino Palladino and Tim Commerford are all musicians who have influenced his own style. When is he is not busy performing, he works as a short term insurance broker.

Drummer, Reinhardt von Solms, has been living in Pretoria all of his life. He is thirty-eight years old and has been making music professionally for about fifteen years. When not on stage, he works as an architect and enjoys listening to a wide variety of music, ranging from Punk and Rock to Dubstep.

Tailor & Tramp is a versatile country rock band whose unique style and sound has a wide appeal. Coupled with the band’s energetic stage presence, their music is sure to please fans of all ages and walks of life.

Download the song here:
Itunes: http://itunes.apple.com/album/id/1565802966
Spotify: https://open.spotify.com/album/4F9xodT4TS7mPfLF9gH2RG

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/Tailor-Tramp-102263375363620/?ref=page_internal
Instagram: @tailor_and_tramp


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Tailor & Tramp stel debuut enkelsnit vry!

MIDNIGHT TEMPTATION gaan oor iemand wat in ’n slegte verhouding is en in die verhouding bly ten spyte van die pyn wat dit veroorsaak.

Hulle is ’n groep van vier musikante wat die kuns vervolmaak het om gehore te bekoor met hulle unieke Country-Rockklank. So nou en dan ruk Werner “Weerlig” Kruger (die groep se voorsanger) sy hemp af op die verhoog en dan smelt elke meisie in die gehoor se hart! Dit is die nuwe witwarm groep, Tailor & Tramp. Met die vrystelling van hulle debuut-enkelsnit, MIDNIGHT TEMPTATION, gaan dié Pretoriaanse musiekgroep verseker nog meer harte laat smelt en luisteraars bereik met hulle storievertellerslirieke en voetstamplekker melodieë.

MIDNIGHT TEMPTATION – geskryf deur, Werner en hoofkitaarspeler, Fish Archer – gaan oor iemand wat in ’n slegte verhouding is en in die verhouding bly ten spyte van die pyn wat dit veroorsaak. “Almal van ons ken iemand of was dalk al self in ’n verhouding wat sleg is en langer aanhou as wat dit moet,” verduidelik Werner, oor die boodskap agter hulle eerste vrystelling.

Omdat die enkelsnit ’n moderne energieke wysie en universele boodskap het, is dit ‘n regte oorkruiper en is dit beslis iets waarby oud en jonk sal aanklank vind.

’n Musiekvideo hiervan sal ook eersdaags op die kassie beskikbaar wees, maar hieroor wil hulle nog nie te veel verklap nie. “Ons werk hard, het al baie vertonings gedoen en wil daarom graag die gevoel van die groep aan kykers deurgee met ’n video waarin ons lewendig optree,” deel Werner. “Dit gaan beslis besonders wees”.

Tailor & Tramp is in 2018 gestig en bestaan uit Werner Kruger, Fish Archer, Matthew Gerli en Reinhardt von Solms. Die naam is gebaseer op Werner se eie interpretasie van Yin en Yang; die perfekte balans tussen goed en kwaad.

Hierdie projek het hoofsaaklik begin nadat hy en Fish mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet en vir die pret begin saamspeel het. “Ons het toe ons eerste vertoning self gereël as ‘Uit Die Bloute’, want dit is hoe die band begin het. ‘Uit Die Bloute’ het ’n mengsel van bekende treffers en oorspronklike liedjies gedoen. Ek het toe besluit dat ek eintlik graag Country-musiek wil skryf en iets nuuts wou probeer en só het Tailor & Tramp ontstaan,” vertel hy.

Sedertdien het hulle van krag-tot-krag gegaan en die verhoog gedeel met verskeie groot name, waaronder Jo Black, Snotkop, Franja Du Plessis, Jay, Pieter Koen en vele meer. Hulle sou ook ’n vertoning gedoen het by Sun Arena saam met Biggy en Early B, maar dit is ongelukkig as gevolg van Covid afgestel.

Dié viermanskap het reeds sewe oorspronklike snitte gereed en wil graag so gou as moontlik hulle eerste album uitreik. Hulle beplan ook om in die nabye toekoms in Nashville te gaan toer en hulle musiek aan die internasionale mark bekend te stel.

DIE MANNE AGTER DIE MUSIEK

Werner “Weerlig” Kruger, hoofsanger, liedjieskrywer en kitaarspeler, het in die Oos-Rand grootgeword en het homself op sestien geleer kitaarspeel. Hierdie vyf-en-dertigjarige EPCM-projekbestuurder was nog altyd versot op musiek, en glo dat musikante soos Koos Kombuis, Chris Stapleton en Kip Moore die grootste invloed gehad het op sy eie styl.

Fish Archer is al vir twintig jaar in die musiekbedryf en het begin kitaarspeel op die ouderdom van dertien. Die groep se hoofkitaarspeler het in Pretoria grootgeword, is lief vir mense en meen dat sy passie vir musiek reeds op laerskool ontstaan het, nadat hy groepe soos Blink 182, The Rolling Stones en Green Day ontdek het.

Matthew Gerli is Tailor & Tramp se baskitaarspeler. Hierdie agt-en-twintigjarige Italianer beskryf homself as ’n roetine-mens wat mal is oor, klassieke-, alternatiewe-, blues- en jazz-musiek. Na skool het hy Musiekwetenskap by UNISA studeer en vier vanjaar sy twaalfde jaar in die musiekbedryf. Charles Mingus, Chris Wolstenholme, Pino Palladino en Tim Commerford is almal musikante wat ’n invloed gehad het op sy eie styl. Wanneer hy nie musiek maak nie, is hy ’n korttermynversekeringsmakelaar.

Dromspeler, Reinhardt von Solms, woon nog sy hele lewe lank in Pretoria. Hy is agt-en-dertig-jaar oud en is al vir so vyftien jaar in die musiekbedryf doenig. Wanneer hy nie op die verhoog is nie, werk hy as ’n argitek en geniet hy dit om na ’n wye verskeidenheid musiek te luister, wat wissel van Punk en Rock tot Dubstep.

Tailor & Tramp is ’n veelsydige Country-Rockgroep met ’n unieke styl en klank. Met hulle betekenisvolle lirieke en energieke verhoogpersoonlikheid sal hulle musiek beslis aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Laai die enkelsnit hier af:
Itunes: http://itunes.apple.com/album/id/1565802966
Spotify: https://open.spotify.com/album/4F9xodT4TS7mPfLF9gH2RG

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/Tailor-Tramp-102263375363620/?ref=page_internal
Instagram: @tailor_and_tramp


PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za