Ariose is back with a brand new single – JY

Ariose - JY

JY is an honest love letter dedicated to the one person you could never connect with and eventually let slip through your fingers.

The group ARIOSE is back with a brand new single after they achieved great success with their very first single as a trio, BLY JY HIER at the end of last year.

“It was fun chatting to radio presenters, sharing our music and to hear the feedback from their listeners about our creation,” says Renier.

JY, written by Xander Filmalter, is an honest love letter dedicated to the one person you could never connect with and eventually let slip through your fingers. It’s about the struggle when anything and everything you say goes wrong.

“it’s about the emotions you need to embrace and the journey to accept the fact that the person you love with your heart and soul, cannot accept or return the same feelings. Depending on the listener’s current chapter in their life, some people may immediately identify with the lyrics while others may only in future and some never,” says Xander.

The contemporary track tells the story of a widespread situation that most people probably had to endure.

“Everyone had a crush on someone that never took notice of them,” explains Xander.

The Afrikaans group consist of Xander Filmalter, Renier Henning and Heidi Henning – a passion project that started in October 2020 to produce high quality music. The group’s name, ARIOSE, means “a melody”.

“Ariose’s goal is to produce quality Afrikaans music. Our music is written and based on acoustic guitar. During production other instruments are added such as electrical guitar or piano. The acoustic guitar remains our focus instrument to produce our music,” says Renier.

The music video for the single is produced by Xander and Renier, as with their previous video.

“Sometimes one feels as if you’ve been hit by a truck, as if you’re stuck in an emotional war just to get your mind straight. In some parts we’ve tried to portray loneliness and feeling helpless,” explains Xander.

“In some parts of the video he is dressed neatly and in some parts defeated. Love has the ability to some days get the better of you and it’s not always going to be easy. We wanted to portray this with Xander’s look. I think the message is that you shouldn’t pressure yourself too much, rather stay positive and believe that your situation will change for the better, even though it doesn’t look like it,” says Renier.

Watch the video here: https://youtu.be/7LisaJ8gNs8

The single is available here:
https://distrokid.com/hyperfollow/ariose2/jy
https://music.apple.com/us/album/jy-single/1566473566?uo=4&app=itunes&at=1001lry3&ct=dashboard

SOCIAL MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/ArioseBand/
Instagram: ariose_sa


PUBLICITY AND MARKETING
Starburst Promotions
Alani Coetsee
Cell: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Ariose is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit – JY

JY kom uit die pen van Xander Filmalter en is ’n eerlike liefdesbrief opgedra aan die een persoon wat jy nie kon bekoor nie!

Die drie musikantvriende van ARIOSE is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit na die suksesvolle vrystelling van hul eerste enkelsnit, BLY JY HIER, verlede jaar.

“Dit was lekker om met omroepers te kon gesels en meer oor onsself te deel en te hoor hoe hulle en hul luisteraars voel oor ons skepping,” sê Renier.

JY kom uit die pen van Xander Filmalter en is ’n eerlike liefdesbrief opgedra aan die een persoon wat jy nie kon bekoor nie en uiteindelik deur jou vingers laat glip het. Dit handel oor die stryd wanneer alles wat jy sê, verkeerd uitkom.

“Dit gaan oor die emosies waardeur ‘n persoon moet veg en die roete om die uitkoms te aanvaar, of die proses om by aanvaarding te kom dat die persoon wat jy met jou hart en siel liefhet, nie jou gevoelens kan ontvang en teruggee nie. Afhangende in watter hoofstuk die luisteraar hulself nou vind in hul lewe, sal party mense dadelik met die tema kan identifiseer en ander dalk eers eendag, of dalk nooit,” vertel Xander.

Hierdie kontemporêre snit beskryf ‘n algemene onderwerp waarmee die meeste mense seker al mee moes deel.

“Almal het al ‘n ‘crush’ op iemand gehad wat hulle nie raakgesien het nie,” meen Xander.

Die Afrikaanse groep bestaan uit Xander Filmalter, Renier Henning en Heidi Henning – ‘n passieprojek wat in Oktober 2020 gestig is om hoë gehalte musiek te skep. Die groep se naam, ARIOSE, beteken “’n melodie”.

“Ariose se doel is om goeie Afrikaanse musiek te maak. Ons musiek word geskryf op ’n akoestiese kitaar en gedurende produksie sal ander elemente bygevoeg word soos elektriese kitaar of klavier. Maar die akoestiese kitaar bly die instrument waarom als gebou word,” sê Renier.

Die musiekvideo van die enkelsnit is, soos met hul vorige video, deur Xander en Renier self vervaardig.

“Die persoon voel soms asof ‘n trok hulle getref het, asof hulle in ‘n emosionele oorlog is waardeur hul moet veg net om reguit te dink. In ander dele het ons probeer om eensaamheid of hulpelose gevoelens uit te beeld,” meen Xander.

“In die video is hy soms mooi aangetrek en op ander dele, verslaan. Liefde het die vermoë om mens party dae te oorwin en nie als gaan altyd rooskleurig lyk nie. Ons wou dit uitbeeld in Xander se voorkoms. Ek dink die boodskap is dat mens nie te veel druk op jouself moet sit nie, maar net moet probeer positief bly en glo dat dinge sal beter raak selfs wanneer dit nie so lyk nie,” vertel Renier.

Kyk die video hier: https://youtu.be/7LisaJ8gNs8

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar:
https://distrokid.com/hyperfollow/ariose2/jy
https://music.apple.com/us/album/jy-single/1566473566?uo=4&app=itunes&at=1001lry3&ct=dashboard

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/ArioseBand/
Instagram: ariose_sa


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za