Rita Li releases debut album – Roekeloos Verlief

Rita Li releases debut album - Roekeloos Verlief

Rita Li’s debut album, ROEKELOOS VERLIEF (RECKLESSLY IN LOVE) will do exactly that. Leave you feeling recklessly in love and wanting more!

Rita Li’s debut album, ROEKELOOS VERLIEF (RECKLESSLY IN LOVE) will do exactly that. Leave you feeling recklessly in love and wanting more! The album is a mixture of twelve beautiful contemporary tracks, with a modern country-pop sound, aimed to appeal to a wide audience. Most of the songs are fresh, original creations that were created with the help of talented musicians and songwriters like Johan Oberholzer, Elvis Blue, Stella, Dewald Wasserfall and Danny Smoke.

With the release of her first single from this album, Iemand Anders, on 12 February 2021, she already made people fall in love with her, making them gasp for air with her blue eyes, incredible voice, optimism and positivity.

“ROEKELOOS VERLIEF is also the name of one of the songs on the album and I decided that it was the perfect title for my debut release. The purpose of the album was to establish my own identity, to create original material, record songs and pave my way in the Afrikaans music industry.” says Rita Li.

Although the recording process only took three months, the artist has been planning and collecting content for this special project for more than two years and believes that events from her own and other people’s lives were the main inspiration behind each of the song’s lyrics. “I would like listeners to find their own story in my music and experience the emotions that comes with it,” she says. “It is important to me that fans must be able to sing along and resonate with my songs and that it will give them courage on the days they need it the most.”

According to the singer, it is difficult to choose a favourite song on the album, because they are all very dear to her. “My current single, ‘Iemand Anders’, which is doing exceptionally well on radio, stood out for me since day one and I believe that this song and ‘Vir ewig anders’ are going to be popular with listeners, because both are about making choices with strong messages that everyone will be able to relate to.”

The release of her album is accompanied by the release of a new single and music video, Kleur My In. According to Rita Li, this extraordinary song reflects her relationship with her husband. The song was written by Elvis Blue. “The song is literally about a person who entered my life and changed all the black and white lines into rainbow colours. Because he is enough and all I need I will walk with him through the deserts and droughts faced in life. I also firmly believe that this is what God wants to tell each of us – that we are enough – because He created us. We just need to believe that and live to that,“ says Rita Li about thìs song, which is very dear to her.

The music video of Kleur my in was shot on an open gravel road somewhere on the border of Gauteng and the Free State. The video was produced by Christian Wolf from BrickWolf Creations and the concept was “simplicity”. “The gravel road represents Rita Li’s heart growing up in the heart of the Eastern Free State, where becoming silent in nature was part of her experiences as a child. The lyrics “good enough” is a strong message in the song and the concept of the video truly compliments it – that when we are stripped of everything, with nothing but simplicity, to realise that we are good enough, because we were created by Someone Who is good enough for this broken world,” she adds.

Watch the video here: https://youtu.be/xd5meJilPhI

Her debut album is a gripping combination of heartfelt lyrics and catchy melodies and not only complements her unique vocal ability, but also showcases her skill as a musician. It is a beautiful piece of work that promises to capture the hearts of music lovers without which no playlist would be complete.

“I asked specific people to write songs on specific topics. I also wrote some lyrics myself. In the end, we chose the twelve songs that fit together best. I have a strong emotional connection to each song and have a life experience that relates to each one,” she says.

Rita Li grew up on a farm in Clocolan in the Free State. She’s been extremely fond of singing and has been performing from a young age. She lives in Pretoria with her husband and son and recently announced that they are expecting another little boy early August 2021!

TRACK LIST
–              Iemand Anders
–              Vir Ewig Anders
–              Toe Vind Liefde My
–              2 uur in die Oggend
–              Tyd Staan Stil
–              Dink aan Jou Lyne
–              My Eerste My Laaste
–              Lugballon
–              Sewende Hemel
–              Peace
–              Kleur my in
–              Roekeloos Verlief          

ROEKELOOS VERLIEF is available on all digital platforms.

Download the album here: https://vibe.to/RoekeloosVerlief

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/ritalimusiek
Instagram: @ritalimusiek
Twitter: @RitaLimusiek
Website: www.ritali.co.za
YouTube: Rita Li Musiek


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Rita Li stel debuut album, Roekeloos Verlief, vry!

Rita Li se debuut-album ROEKELOOS VERLIEF, gaan presies dít aan jou doen. Dit gaan jou roekeloos verlief laat voel

Rita Li se debuut-album ROEKELOOS VERLIEF, gaan presies dít aan jou doen. Dit gaan jou roekeloos verlief laat voel! Die album is ‘n mallemeule van twaalf pragtige, sielvolle, kontemporêre snitte, met ’n moderne country-pop-aanslag, wat daarop gemik is om aanklank te vind by ’n wye gehoor. Die meeste liedjies is kraakvars oorspronklike snitte, wat geskryf is met die hulp van liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Elvis Blue, Stella, Dewald Wasserfall en Danny Smoke.

Met die uitreiking van haar enkelsnit op 12 Februarie 2021, Iemand Anders, vanaf hierdie album, het sy reeds kom bewys waarom mense hulle harte op haar gaan verloor en sy jou na jou asem sal laat snak met daardie potblou oë, ongelooflike stem, optimisme en die positiwiteit wat sy uitstraal.

“ROEKELOOS VERLIEF is ook die naam van een van die snitte op die album. Die doel van die album was om my eie identiteit te vestig, oorspronklike materiaal te kon skryf, opneem en my weg te baan in die Afrikaanse musiekindustrie,” vertel Rita Li.

Alhoewel die opnameproses drie maande geneem het, beplan en versamel die kunstenaar al vir meer as twee jaar aan die inhoud van hierdie spesiale projek en sy meen dat gebeurtenisse uit haar eie en ander mense se lewens die hoofinspirasie agter elke liriek was. “Ek sou graag wou hê dat luisteraars hulle eie storie in my musiek moet vind en die emosies geassosieer daarmee gaan beleef,” sê sy. “Dit is vir my belangrik dat bewonderaars moet kan saamsing en aanklank vind by my liedjies en dat dit hulle moed sal gee op ’n af dag.”

Dit is vir haar moeilik om ’n gunsteling-liedjie uit te sonder, omdat elkeen vir haar baie spesiaal is. “My huidige enkelsnit, ‘Iemand Anders’ wat pas uitgereik is, het wel van dag een af vir my uitgestaan en ek glo dat dit en ‘Vir ewig anders’ gewild gaan wees onder luisteraars omdat albei gaan oor keuses en almal daarmee sal kan vereenselwig.”

Saam met die bekendstelling van haar debuut-album reik sy ook nóg ‘n nuwe enkelsnit en musiekvideo, getiteld, Kleur my in, uit. Hierdie besonderse lied wat vir Rita Li die verpersoonliking is van die verhouding wat sy met haar man het, is deur Elvis Blue geskryf. “Die lied gaan oor die persoon wat letterlik my lewe kom inkleur en die swart en wit lyne in die lewe kom ophelder en verander in reënboogkleure. Saam met hom sal ek deur woestyne stap en ‘n duisend myl deur die droogtes in my lewe want hy is genoeg vir my, dis al wat ek nodig het. Ek glo ook dat dit is wat die Here vir elkeen van ons wil sê. Dat ons oorgenoeg is want Hy het ons geskape”, sê Rita Li oor hierdie lied wat haar baie naby aan die hart lê.

Kleur my in se musiekvideo is geskiet op ‘n oop stuk grondpad iewers op die grens tussen Gauteng en die Vrystaat. Die video is vervaardig deur Christian Wolf van BrickWolf Creations en die konsep was “eenvoud”. “Die plaaspad verteenwoordig die hart van Rita Li se grootwordjare in die hartjie van die Oos-Vrystaat, waar stilword in die natuur deel was van haar kinderervarings. Die lirieke “goed genoeg” is ‘n sterk boodskap in die lied en die video konsep sluit so mooi daarby aan – dat wanneer ons kaal gestroop met niks of eenvoud is, ons steeds sal besef dat ons goed genoeg is, omdat ons geskape is in die beeld van die Een Wie goed genoeg is vir hierdie gebroke wêreld,” voeg sy by.

Kyk die video hier: https://youtu.be/xd5meJilPhI Hierdie eerste album van haar is ‘n besonderse kombinasie van treffende lirieke en mooi musiek, wat haar sielvolle stem komplementeer en haar vaardighede as musikant perfek ten toonstel. Dit is ’n knap stukkie werk wat beslis binnekort op elke musiekliefhebber se speellys gaan wees.

“Ek het spesifieke mense gevra om vir my te skryf oor temas wat ek vir hulle gegee het. Ek het ook self geskryf. Op die ou einde het ons die twaalf liedjies gekies wat die beste bymekaar pas. Ek het ’n sterk emosionele verbintenis met elke liedjie en het ’n lewenservaring wat by elkeen pas,” sê sy.

Rita Li is ’n plaasmeisie van Clocolan in die Vrystaat wat al van skool af versot was op musiek en sy leef nou behoorlik haar sangdroom uit! Sy woon saam met haar man en seuntjie in Pretoria en het ook onlangs aangekondig dat hulle nóg ‘n seuntjie verwag wat teen die laaste week in Augustus 2021 sy opwagting gaan maak!

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM:
–              Iemand Anders
–              Dink aan jou lyne
–              Tyd staan stil
–              Twee uur in die oggend
–              Sewende Hemel
–              Vir Ewig Anders
–              Kleur my in
–              Roekeloos Verlief
–              Toe vind liefde my
–              My eerste my laaste
–              Peace
–              Kleur my in
–              Roekeloos Verlief 

ROEKELOOS VERLIEF is op alle digitale platforms hier beskikbaar: https://vibe.to/RoekeloosVerlief

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/ritalimusiek
Instagram: @ritalimusiek
Twitter: @RitaLimusiek
Webblad: www.ritali.co.za
YouTube: Rita Li Musiek


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za