Get ready to lose your heart on Rita Li

Rita Li's new single IEMAND ANDERS

Rita Li’s new single IEMAND ANDERS is the perfect combination of heartfelt lyrics & a catchy melody that showcases her unique vocal ability.

She is optimistic, energetic, positive and sincere and when you look into her blue eyes for the first time, you cannot help but notice the compassion she has for others.  She is RITA LI, the soulful blonde who has won over the hearts of music lovers since the release of her first single – My Eerste My Laaste – 18 months ago.

Now she is back in the spotlight with a brand-new single, IEMAND ANDERS. This Afrikaans pop song, written by Dewald Wasserfall and Danny Smoke, has just been released and is about a love triangle and all the emotions and struggles that goes with it.

“Danny Smoke watched a movie in which a woman cheated on her husband and he wanted to capture the emotion of this situation in a song, which he wrote with Dewald Wasserfall the next day,” the singer explains. “We have all had to make relationship decisions at some point in our lives. Each of us want to be loved and feel that we belong somewhere. When we do not experience this in our relationships, we end up looking for it elsewhere – usually in the wrong place. I have seen how the right decision can make you blossom and be an inspiration to someone else who are struggling with their own choices.”

A music video of the song will be released on 26 February 2021, but the singer doesn’t want to reveal too much about it at this stage.

IEMAND ANDERS is the first release from her upcoming album, ROEKELOOS VERLIEF, which will be released on 9 April 2021. Great things are predicted for the single and upcoming album that were both produced by Murray Lubbe.

Rita Li grew up on a farm in Clocolan in the Free State. She currently lives in Pretoria with her husband and son and has not only mastered the piano and flute, but also has a coaching qualification in tap dance.

She was working as a sports physiotherapist for ten years before deciding to pursue her music career full-time.

The artist is optimistic about the future and says: “I am already planning my next album as well as a nationwide tour and several local shows. Furthermore, I am also working on developing my own clothing line and online store. I want my music to touch people’s hearts and want to continue sharing the stories that come my way.”

IEMAND ANDERS is the perfect combination of heartfelt lyrics and a catchy melody that not only showcases her unique vocal ability, but also invites fans to sing along. It is not only a good indication of what can be expected from her latest album, but also of the quality music she would like to share with her fans.

The song is available for download on all digital platforms.

Download the song here: https://AIG.lnk.to/IemandAndersMB

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/ritalimusiek
Instagram: @ritalimusiek
Twitter: @RitaLimusiek
Website: www.ritali.co.za
YouTube: Rita Li Musiek


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Web: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Maak gereed.. jy gaan jou hart op Rita Li verloor!

Rita Li se enkelsnit,Iemand Anders, is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n meesleurende deuntjie.

Sy is optimisties, energiek en positief.  Opregtheid straal uit haar uit en wanneer jy vir die eerste keer in daardie potblou oë van haar kyk kan jy nie anders as om die deernis en omgee vir  ander  in  haar  raak  te  sien  nie.  Dít is  RITA LI, die blonde sangeres wat al sedert die vrystelling van haar eerste enkelsnit, My Eerste My Laaste, 18 maande gelede, harte regoor Suid-Afrika verower.

En nou kom bederf sy ons wéér met ‘n splinternuwe enkelsnit, Iemand Anders.  Dié Afrikaanse popliedjie wat pas vrygestel is, is geskryf deur Dewald Wasserfall en Danny Smoke en gaan oor ’n liefdesdriehoek en al die emosies en worsteling wat daarmee gepaard gaan.

“Danny Smoke het een aand ’n fliek gekyk waarin die vrou haar man verkul het en hy wou die emosie hiervan vasvang in ’n liedjie, wat hy toe die volgende dag saam met Dewald Wasserfall geskryf het,” verduidelik die sangeres. “Elkeen van ons het al voor ’n keuse in ons lewe gestaan wat betrekking het op ’n verhouding. Almal van ons wil geliefkoos word, êrens hoort en passievol begeer word deur ons lewensmaat. Wanneer ons dit egter nie in ons verhoudings kry nie, gaan soek ons daarvoor – meestal op die verkeerde plek. Ek het gesien hoe die regte besluit jou kan laat blom en ’n inspirasie kan wees vir iemand anders wat dit dalk moeilik vind om reg te kies, maar ek het ook al gesien hoe dit jou totaal kan verwoes en hoe dít wat só idillies lyk, soms net ’n masker is waaragter ons wegkruip om ons eie foute weg te steek.”

Die musiekvideo vir die liedjie word op 26 Februarie 2021 vrygestel, maar meer as dit wil die sangeres nie verder verklap nie.

Iemand Anders is die eerste vrystelling vanaf haar komende album, ROEKELOOS VERLIEF, wat op 9 April 2021 bekendgestel sal word en groot dinge word vir hierdie enkelsnit en opkomende album voorspel waarvan die produksie deur die gesoute vervaardiger Murray Lubbe hanteer is.

RITA LI is ’n plaasmeisie van Clocolan in die Vrystaat, maar woon deesdae saam met haar man en seuntjie in Pretoria.  Sy kan nie net sing nie, maar ook klavier en dwarsfluit speel en het selfs ‘n afrigtingskwalifikasie in tapdans behaal.

Na haar studies het sy vir tien jaar lank as sportfisioterapeut gewerk voordat sy haar praktyk verruil het vir die mikrofoon.

Oor haar toekoms is sy optimisties en opgewonde:  “Ek is reeds besig om te beplan aan my volgende album, ’n landswye toer en verskeie plaaslike vertonings. Verder is my eie klerereeks en aanlynwinkel ook op die kaarte. Ek wil ek ook graag hê dat my musiek mense se harte moet raak en wil ek aanhou om die stories te deel wat oor my pad kom.”

Iemand Anders is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n meesleurende deuntjie, wat haar stem op sy beste laat vertoon en luisteraars uitnooi om saam te sing. Dit is verseker ’n lekker voorsmakie van wat luisteraars van haar nuwe album kan verwag en van die kwaliteit musiek wat sy nog met haar aanhangers gaan deel.

Die liedjie is nou hier op alle digitale platforms beskikbaar en die album kan ook reeds hier vooraf bestel word: https://AIG.lnk.to/IemandAndersMB

SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/ritalimusiek
Instagram: @ritalimusiek
Twitter: @RitaLimusiek
Webblad: www.ritali.co.za
YouTube: Rita Li Musiek


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za