The Father rakes in award nominations

The Father

New Anthony Hopkins film, The Father, rakes in four Golden Globe and two SAG nominations!

Nominations for the new Anthony Hopkins film, THE FATHER are pouring in from all over the entertainment industry. The film, which is based on an award-winning play, has just been nominated for four Golden Globe and two Screen Actors Guild (SAG) Awards and has already won the coveted Audience Award at the San Sebastian Film Festival in 2020.

Florian Zeller’s debut motion picture (as director) is an accurate and somewhat unsettling account of both what it is like to love someone with dementia, and what it is like to live as someone with dementia. It not only received a Golden Globe nomination for Best Motion Picture Drama, but Zeller and his long-time collaborator – Christopher Hampton – also bagged a nomination for Best Screenplay.

Anthony Hopkins, who masterfully portrays the dementia-afflicted man, has received a Golden Globe nomination for Best Performance by an Actor in a Motion Picture Drama and a SAG nomination for Outstanding Performance by a Male Actor in a Leading Role, while Olivia Colman has been nominated as Best Performance by an Actress in a Supporting Role in any Motion Picture and Outstanding Performance by a Female Actor in a Supporting Role. The winners of the 78th Annual Golden Globe Awards will be announced live on air on 28 February 2021, and the winners of the 27th SAG Awards on 4 April 2021. 

Hopkins is also expected to receive a Best Actor Academy Award nomination later this year for his devastatingly emotive performance.

The story, that starts out as a simple drama about a middle-aged daughter who is losing patience with her elderly father who refuses to allow a carer to look after him as his grip on reality is fading, is deliberately told through the eyes of the elderly father, whose life has become a source of ever-disorienting confusion. With the characters and locations constantly shifting – resulting in the viewer feeling as confused as Anthony is. It is disorienting and surreal, but it speaks volumes to living with dementia.

Hopkins and Colman are supported by an excellent cast, including Mark Gatiss, Imogen Poots, Rufus Sewell and Olivia Williams.

THE FATHER offers a heart-rending account of what happens when a relationship, which has functioned in a certain way for decades, suddenly changes, but also celebrates the unbreakable bond between parent and child.

It is distributed locally by Filmfinity Pty (Ltd.) and will be released in South African cinemas on 26 March 2021.

Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=4TZb7YfK-JI

SOCIAL MEDIA LINK
Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Nominasies vir The Father stroom in

Nuwe Anthony Hopkins-rolprent, The Father, spog met vier Golden Globe- en twee SAG-benoemings!

Nominasies stroom van regoor die vermaakbedryf in vir die nuwe Anthony Hopkins-rolprent, THE FATHER. Die film, wat gebaseer is op ’n bekroonde toneelstuk, is pas benoem vir vier Golden Globe- en twee Screen Actors Guild (SAG)-toekennings en het reeds in 2020 die gesogte Gehoorgunsteling-toekenning ingepalm by die San Sebastian Film Festival.

Florian Zeller se debuut-speelfilm (as regisseur) is ’n akkurate en ontstellende vertelling oor hoe dit voel om lief te wees vir iemand met demensie en hoe dit voel om met hierdie toestand saam te leef. Dit is nie net vereer met ’n Golden Globe-benoeming vir Beste Speelfilm (Drama) nie, maar Zeller en sy kollega – Christopher Hampton – het ook ’n nominasie vir Beste Draaiboek gekry.

Anthony Hopkins, wat die rol van die man wat aan demensie ly meesterlik vertolk, het ’n Golden Globe-benoeming vir Beste Toneelspel deur ’n Akteur in ’n Drama en ’n SAG-benoeming vir Uitstaande Toneelspel deur ’n Akteur in ’n Hoofrol losgeslaan, terwyl Olivia Colman benoemings ontvang het vir Beste Toneelspel deur ’n Aktrise in ’n Ondersteunende Rol en Uitstaande Toneelspel deur ’n Aktrise in ’n Ondersteunende Rol. Die wenners van die 78ste jaarlikse Golden Globe-toekennings sal tydens ’n lewendige uitsending aangekondig word op 28 Februarie 2021 en die wenners van 27ste SAG-toekennings op 4 April 2021. 

Na verwagting, staan Hopkins ook ’n kans om later vanjaar ’n Oscar-benoeming vir Beste Akteur te ontvang vir sy uitstaande vertolking van hierdie komplekse karakter.

Die verhaal, wat begin as ’n doodgewone drama oor ’n middeljarige dogter wat ongeduldig raak met haar pa wat besig is om tred met realiteit te verloor en weier dat ’n versorger na hom omsien, word doelbewus vertel deur die oë van die bejaarde pa wie se lewe ’n bron van nimmereindige gedisoriënterende verwarring geword het. Die karakters en plekke wat voortdurend verander veroorsaak dat die kyker net so verward voel soos Anthony.

Hopkins en Colman word verder ondersteun deur ’n uitstaande groep akteurs, insluitend Mark Gatiss, Imogen Poots, Rufus Sewell en Olivia Williams.

THE FATHER wys op ’n hartroerende manier wat gebeur wanneer ’n verhouding – wat al vir dekades bestaan – skielik onherroeplik verander, maar vier ook die onbreekbare band tussen ouers en kinders.

Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity Edms (Bpk.) en sal vanaf 26 Maart 2021 in Suid-Afrikaanse bioskope te sien wees.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=4TZb7YfK-JI

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za