Herman Kleinhans releases new single – Vliegtuig!

Herman Kleinhans - Vliegtuig

Herman Kleinhans shares his own love story in gripping new single, Vliegtuig!

“The song is about my relationship with the love of my life, Maryke. About how I want to understand the essence of who she is, but often fail,” reveals TWEE’s Herman Kleinhans about the meaning behind his moving new single, which has already been picked up by several local radio stations.

VLIEGTUIG, written by this Ghoema award-winning songwriter and musician himself, is a captivating contemporary track that perfectly captures their love story… like only Herman can.

The couple, who met on Tinder, actually grew up close to each other in Port Elizabeth and currently run two businesses, TWEE Vellies and TWEE Plakkers, together.

“One day I left Maryke’s kitchen table full of salt after making popcorn and messes up the bed that she has already made. She wasn’t pleased with me at all. I wrote the song to make up for it. The name, VLIEGTUIG, is based on our dream of owning a plane together someday,” he explains. “I am very sentimental about the song and know that it will appeal to a large audience, because more and more people use apps like Tinder to find love. Our relationship is a Tinder success story, and I wrote a song about it.”

VLIEGTUIG is the first release from his brand-new solo album, Ruite Oop, which will release on 30 November 2020. It boasts 12 tracks, written mainly by the artist himself, with the exception of three songs of which he co-wrote two with Bok van Blerk and one – Ons Kan – with his girlfriend, Maryke.

The album will release alongside Herman’s own app, ShareTime. The purpose of this is to create a platform that makes it easy for people to help each other with their time and he believes that it can really make a difference.

Herman was born in Sunland in the Eastern Cape and has mastered the art of keeping audiences captivated with his versatility and passionate stage performances. His love for music started at a young age and was inspired by his father, who always used to play guitar and sing when friends came over for a braai.

Over the years, he has had the privilege of working with several big names in the industry and has achieved numerous career highlights, including a Ghoema Award for the Public’s Favourite Duo or Group as part of the group, TWEE, as well as a SAFTA nomination for the music he and Dawie de Jager created for the kykNET series, Alles Malan. He was also the winner of Afri-Visie’s songwriting competition in 2015, which really did wonders for his career.

When he is not writing songs or performing, he also enjoys coming up with new business ideas and admits that he would have loved to be a psychologist if music did not work out for him.

The music industry has taught him to be patient and to approach his music career like a business. He still has many plans for the future, which include successful businesses ventures, a wedding and an overseas tour, but for now he is focusing on marketing his new app and album.

VLIEGTUIG boasts an upbeat tune and meaningful lyrics, which appeal to audiences of all ages and perfectly complements his impressive vocals. With each new song that Herman releases, he not only gains more fans, but also strengthens his place in the local music industry.

Download the single here: https://music.apple.com/za/album/vliegtuig/1541177750?i=1541177751

The full album will be available on all digital platforms from 30 November, but you can order the album now already at the link below:

https://lnk.to/081txIZY

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/hermankmusiek
Twitter: @HermanMusiek
Instagram: @hermankleinhans
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCipCFcgkd31TNH_2fxlJ_dw


PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za


Herman Kleinhans stel nuwe enkelsnit vry!

Herman Kleinhans deel sy liefdesverhaal in aangrypende nuwe enkelsnit, Vliegtuig!

“Die liedjie handel oor my verhouding met die liefde van my lewe, Maryke. Oor hoe ek haar wese vlot wil praat, maar dikwels struikel,” verklap TWEE se Herman Kleinhans oor die betekenis agter sy hartroerende nuwe solo-enkelsnit, wat verseker van vandag af radiostasies gaan oorneem.

VLIEGTUIG, wat dié Ghoema-bekroonde liedjieskrywer en musikant self geskryf het, is ’n hoendervleismooi kontemporêre snit, wat hulle liefdesverhaal perfek vasvang… soos net Herman weet hoe.

Die paartjie, wat op Tinder ontmoet het, het eintlik naby mekaar grootgeword in Port Elizabeth en bestuur tans twee besighede, TWEE Vellies en TWEE Plakkers, saam.

“Ek het eendag Maryke se kombuistafel vol sout gelos nadat ek springmielies gemaak het. Daarna het ek haar bed deurmekaar gemaak nadat sy dit reeds opgemaak het. Sy het dit geensins waardeer nie. Ek het die liedjie geskryf om op te maak. Die titel, ‘Vliegtuig’, kom van ons droom af om eendag saam ’n vliegtuig te besit,” verduidelik hy. “Die liedjie dra vir my baie sentiment en ek weet sommer dat baie mense daarby gaan aanklank vind bloot as gevolg van die feit dat al hoe meer mense van toeps soos Tinder gebruik maak om liefde te vind. Ons storie is ’n Tinder-suksesverhaal en ek het dit in ’n liedjie vasgevang.”

VLIEGTUIG is die eerste vrystelling vanaf sy splinternuwe solo-album, Ruite Oop, wat op 30 November 2020 uitgereik word. Dit spog met 12 snitte, wat grotendeels uit sy eie pen kom, met die uitsondering van drie liedjies waarvan hy twee saam met Bok van Blerk en een – Ons Kan – saam met sy meisie, Maryke, geskryf het. Die album word saam met Herman se eie toepassing, ShareTime, uitgereik. Die doel hiervan is om ’n platform te skep wat dit vir mense maklik maak om mekaar te help met hulle tyd en hy glo dat dit regtig ’n verskil kan maak.

Herman is in Sunland in die Oos-Kaap gebore en het die kuns bemeester om gehore in die palm van sy hand te hou met sy veelsydigheid en passievolle verhoogoptredes. Sy liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en is geïnspireer deur sy pa, wat altyd kitaar gespeel en gesing het wanneer vriende kom braai het.

Oor die jare het hy die voorreg gehad om saam met verskeie groot name in die bedryf te werk en het hy talle loopbaanhoogtepunte bereik, waaronder ’n Ghoema-toekenning vir die Publiek se Gunsteling-Duo of Groep as deel van die groep, TWEE, asook ’n SAFTA-benoeming vir die musiek wat hy en Dawie de Jager vir die kykNET-reeks, Alles Malan, geskep het. Hy was ook die wenner van Afri-Visie se liedjieskryfkompetisie in 2015, wat sy loopbaan behoorlik laat vlam vat het.

Wanneer hy nie besig is om liedjies te skryf of op te tree nie, hou hy sy lyf entrepreneur en deel hy ook dat hy graag ’n sielkundige sou wou wees as musiek nie vir hom uitgewerk het nie.

Die musiekbedryf het om geleer om geduldig te wees en om sy musiekloopbaan soos ’n besigheid te benader. Hy het nog baie planne vir die toekoms, wat suksesvolle besighede, ’n troue en oorsese toere insluit, maar vir nou fokus hy eers op die bemarking van sy nuwe toep en album.

VLIEGTUIG spog met ’n opgewekte wysie en betekenisvolle liefdeslirieke, wat met gehore van alle ouderdomme praat. Met elke nuwe liedjie wat Herman vrystel, kruip hy nie net dieper in die harte van musiekliefhebbers nie, maar verstewig hy ook sy plek in die plaaslike musiekbedryf.

Laai die enkelsnit hier af: https://music.apple.com/za/album/vliegtuig/1541177750?i=1541177751

Die volle album sal op 30 November op alle digitale platforms beskikbaar wees, maar jy kan die album nou reeds hier bestel:

https://lnk.to/081txIZY

SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/hermankmusiek
Twitter: @HermanMusiek
Instagram: @hermankleinhans
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCipCFcgkd31TNH_2fxlJ_dw


PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za


Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
http://www.starburstmusic.co.za