The Unfamiliar will hit SA on 28 October 2020

The Unfamiliar

British horror film, The Unfamiliar, created and produced by UK-based South Africans, opened at Number 2 at the Vietnamese Box Office in 1 102 theatres, with Vietnamese critiques praising the horror film’s ability to unsettle an audience by disrupting a family unit.

“The film will also bring a compelling story with an emotional family element thanks to its talented cast and director.” – Tiin.vn, PIM

The Unfamiliar will be available in South Africa to watch this Halloween and tells the story of a British Army doctor (Jemima West) who comes back from war, thinking she has PTSD, only to discover that there are malevolent spirits present at home, making the life that she knew unfamiliar.

This spine-chilling horror film received a premium release to over 100 million households on paper view, cable and digital platforms with the release during August 2020 in the US and trended in the TOP 20 iTunes horror charts with the release during September 2020 in the United Kingdom. The film was officially selected by multi-international film festivals, received numerous award nominations, sold to multiple international territories and was covered by some of the world’s most prestigious media outlets.

“Fans of the genre can expect ‘uniquely twisted’ viewing experience.” – Jacob Stolworthy, The Independent.

“The Unfamiliar is a masterclass in tension building. From formatting to sound design to scene-stealing, off kilter kids, this movie knows how to keep us off balance.” – Katelyn Nelson, Killer Horror Critic.

“A unique perspective on how PTSD impacts families.” – Lauren Anderson, Showbiz Cheat Sheet.

South African filmmaker, Henk Pretorius, known for Leading Lady, Bakgat and Fanie Fourie’s Lobola directed The Unfamiliar and co-wrote the screenplay with Jennifer Nicole Stang. “I am thrilled to soon present The Unfamiliar to South Africa and grateful for the international success the film has received up to now. I remain a proudly South African, who hopes that our journey encourages others to pursue their dreams too.”

The film stars: Jemima West (Indian Summers, The Mortal Instruments) and Christopher Dane (Being Sold) in the lead roles and was produced by South African-born Llewelynn Greeff (Modder en Bloed, Leading Lady) and Barend Kruger.

Dark Matter Studios produced The Unfamiliar in association with Trigger Films and Onsight. Filmfinity (Pty) Ltd releases The Unfamiliar in South Africa digitally on 28 October 2020 on leading VOD platforms.

Credits

Cast: Jemima West (The Mortal Instruments, Indian Summers), Christopher Dane (Ren), Rebecca Hanssen (Tell it to the Bees, Lore, The Drowning of Arthur Braxton) and introducing Harry McMillan-Hunt.

Director: Henk Pretorius Screenwriter: Henk Pretorius and Jennifer Nicole Stang

Producers: Llewelynn Greeff and Barend Kruger Production Company: Dark Matter Studios

Social Media Handles: @unfamiliarmovie www.theunfamiliarmovie.com #TheUnfamiliar

For press inquiries, please contact Starburst Promotions (SA):
Alishia van Deventer / alishia@starburstmusic.co.za

Additional Links and Information

“The Unfamiliar” releases in South Africa on 28 October 2020

Facebook: https://www.facebook.com/unfamiliarmovie
Twitter: https://twitter.com/unfamiliarmovie
Instagram: https://www.instagram.com/unfamiliarmovie/
YouTube: https://www.youtube.com/user/darkmatterstudiosUK
www.theunfamiliarmovie.com

The Unfamiliar tref Suid-Afrika op 28 Oktober 2020

THE UNFAMILIAR sal hierdie Halloween in Suid-Afrika beskikbaar wees en vertel die storie van ’n Britse weermagdokte wat terugkeer van die oorlog af.

Britse gruwelprent, THE UNFAMILIAR, wat deur Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk woon geskep en vervaardig is, het in die nommer twee-posisie geopen by die Viëtnamese-loket in 1 102 bioskope regoor dié land. Viëtnamese kritici prys hierdie gruwelprent se vermoë om die gehoor te ontstel deur ’n familie-eenheid te ontwrig.

“Te danke aan ’n span talentvolle akteurs en regisseur, bring hierdie rolprent ’n aangrypende verhaal met ’n emosionele familie-element na die grootskerm.” – Tiin.vn, PIM

THE UNFAMILIAR sal hierdie Halloween in Suid-Afrika beskikbaar wees en vertel die storie van ’n Britse weermagdokter (Jemima West) wat terugkeer van die oorlog en dink dat sy aan post-traumatiese stresversteuring (PTSV) ly, net om te ontdek dat daar bose geeste in haar huis is. Die lewe wat sy voorheen geken het word ingrypend verander.

Hierdie vreesaanjaende gruwelprent is in Augustus 2020 in die VSA aan meer as 100-miljoen huishoudings vrygestel deur intekendienste, satelliet TV en digitale platforms en het iTunes se lys van Top 20 gruwelfilms in die Verenigde Koninkryk met die vrystelling in September 2020 gehaal. Die rolprent is gekies vir verskeie internasionale rolprentfeeste, het menigte benoemings ontvang, is aan verskeie internasionale bestemmings uitgereik en het mediadekking deur die wêreld se mees gesogte mediahuise geniet.

“Aanhangers van hierdie genre kan uitsien na ’n unieke grootskermervaring met ’n onverwagse kinkel.” – Jacob Stolworthy, The Independent.

“THE UNFAMILIAR weet hoe om spanning te skep en die mat onder ons uit te ruk, met slim klankontwerp, knap tonele en ongewone kinders.” – Katelyn Nelson, Killer Horror Critic.

“’n Unieke perspektief van hoe PTSV gesinne beïnvloed.” – Lauren Anderson, Showbiz Cheat Sheet.

Die Suid-Afrikaanse rolprentmaker, HENK PRETORIUS, ook bekend vir Leading Lady, Bakgat en Fanie Fourie’s Lobola, was die regisseur van THE UNFAMILIAR en het die draaiboek geskryf saam met Jennifer Nicole Stang: “Ek is baie opgewonde om binnekort ook THE UNFAMILIAR met Suid-Afrikaners te deel en is dankbaar vir die internasionale sukses wat dit sover behaal het. Ek sal altyd trots Suid-Afrikaans bly en hoop dat my reis ander sal inspireer om ook hulle drome te volg.”

JEMIMA WEST (Indian Summers, The Mortal Instruments) en CHRISTOPHER DANE (Being Sold) is te sien in die hoofrolle, en die fliek is vervaardig deur die Suid-Afrikaners LLEWELYNN GREEFF (Modder en Bloed, Leading Lady) en BAREND KRUGER.

DARK MATTER STUDIOS het THE UNFAMILIAR vervaardig, in samewerking met Trigger Films en Onsight. FILMFINITY (Edms) Bpk. stel THE UNFAMILIAR digitaal in Suid-Afrika vry op 28 Oktober 2020 op uitgesoekte VOD-platforms.

Betrokke Partye:

Rolverdeling: Jemima West (The Mortal Instruments, Indian Summers), Christopher Dane (Ren), Rebecca Hanssen (Tell it to the Bees, Lore, The Drowning of Arthur Braxton) en die bekendstelling van Harry McMillan-Hunt.

Regisseur: Henk Pretorius Draaiboek: Henk Pretorius en Jennifer Nicole Stang

Vervaardigers: Llewelynn Greeff en Barend Kruger Vervaardigingsmaatskappy: Dark Matter Studios

Sosiale mediaskakels: @unfamiliarmovie www.theunfamiliarmovie.com #TheUnfamiliar

Vir medianavrae, kontak asseblief vir Starburst Promosies (SA):
Alishia van Deventer / alishia@starburstmusic.co.za

Ekstra Skakels en Inligting:

THE UNFAMILIAR word op 28 Oktober 2020 in Suid-Afrika vrygestel.

Volg ons op Sosiale Media:
Facebook: https://www.facebook.com/unfamiliarmovie
Twitter: https://twitter.com/unfamiliarmovie
Instagram: https://www.instagram.com/unfamiliarmovie/
YouTube: https://www.youtube.com/user/darkmatterstudiosUK
www.theunfamiliarmovie.com

Artslink.co.za Account:
Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
www.starburstmusic.co.za

Web site:http://www.starburstmusic.co.za