Military Wives released on DSTV Box Office soon

Military Wives

Military Wives tells the story of a group of women who turned what was meant to be a therapeutic hobby into a chart-topping success.

If films like Calendar Girls and The Full Monty top your list of all-time favourites, you are definitely going to love director Peter Cattaneo’s latest masterpiece, Military Wives!

He has once again worked his magic to turn the true story of ordinary women who gained unlikely fame into a heart-warming and inspiring film.

The film will be released exclusively on DSTV Box Office by Filmfinity (Pty) Ltd. on 2 October 2020.

Military Wives tells the story of a group of women who turned what was meant to be a therapeutic hobby into a chart-topping success. Written by Rosanne Flynn and Rachel Tunnard as an ode to female unity, the film centres around the attempts of military wives to raise their spirits while their husbands are deployed.

“You see hundreds of war films, but you never see what happens to the families left behind,” explains Cattaneo. “This film pays homage to the wives and girlfriends left behind. Sometimes, the tougher life gets, the more people need to make each other laugh just to survive. This is an honest story about people who like to make each other laugh. It is a film about humanity, and humanity is full of comedy.”

Military Wives is based on the story of choirmaster Gareth Malone who, in 2011, took a group of military wives under his wing when he was working on the BBC show The Choir. His aim was to help the wives and girlfriends of soldiers deployed on military service to express their feelings through song.

Starring Kristin Scott Thomas and Sharon Horgan, Military Wives shines a light on how women whose partners are deployed fall into a familiar routine while either waiting for their return, or for news they hope will never arrive.

While Kate (Scott Thomas) is all pearls and protocol, Lisa (Horgan) is laid back and unconventional. The two form an unlikely partnership that results in the very first military wives choir, which not only helps the women through some of life’s most difficult moments, but which also results in them becoming a media sensation, setting in motion a global movement in the process.

“It was exciting to bring life on a contemporary military base to the screen through this story of ordinary women in unbelievably testing circumstances, finding courage in the cathartic power of singing together,” says Cattaneo.

Starring alongside Scott Thomas and Horgan are Greg Wise, Jason Flemyng, Emma Lowndes, Gaby French, Lara Rossi, Amy James-Kelly and India Ria Amarteifio.

Military Wives is a feel-good and inspirational story of friendship, love, and support on the home front. “I hope viewers will come away from watching this film having laughed and cried with the characters, feeling inspired by the courage of the women and uplifted by hearing them belt out some classic songs,” concludes Cattaneo.

Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=ts0X-U7uLdw

INTERNATIONAL LINKS
Facebook: @militarywivesmovie
Nuts About Movies: https://www.facebook.com/NutsAboutMovies/

PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za

Military Wives binnekort op DSTV Box Office!

Military Wives vertel die storie van ’n groep vroue wat ’n reuse sukses maak van dit wat veronderstel was om ’n terapeutiese stokperdjie te wees.

As flieks soos Calendar Girls en The Full Monty op jou lys van gunstelinge is, gaan jy beslis mal wees oor regisseur Peter Cattaneo se nuutste meesterstuk, MILITARY WIVES!

Met dié projek het hy dit weereens reggekry om die ware verhaal van gewone vroue – wat onverwags bekendheid verwerf – te omskep in ’n warm, humoristiese en inspirerende rolprent.

Dit sal op 2 Oktober eksklusief deur Filmfinity (Edms) Bpk. op DSTV Box Office uitgereik word.

MILITARY WIVES vertel die storie van ’n groep vroue wat ’n reuse sukses maak van dit wat veronderstel was om ’n terapeutiese stokperdjie te wees. Die draaiboek, wat deur Rosanne Flynn en Rachel Tunnard geskryf is om hulde te bring aan vroue wat saamstaan, draai om die pogings van soldate se vroue om hulle gemoedere te lig wanneer hulle mans gaan oorlog maak.

“Daar is baie oorlogflieks, maar jy sien nooit wat met die gesinne gebeur wat agterbly nie,” verduidelik Cattaneo. “Hierdie rolprent bring hulde aan die vroue en meisies wat agtergelaat word. Wanneer die lewe moeilik raak, het ’n mens soms nodig om saam te lag om te oorleef. Hierdie is ’n eerlike verhaal oor mense wat daarvan hou om mekaar te laat lag. Dit gaan oor menslikheid en mense kan baie snaaks wees.”

MILITARY WIVES is gebaseer om die ware verhaal van die koormeester, Gareth Malone, wat in 2011 ’n groep vroue onder sy vlerk geneem het terwyl hy besig was om aan die BBC-program, The Choir, te werk. Sy doel was om die vroue en meisies van soldate te help om hulle gevoelens weer te gee deur middel van musiek.

Met Kristin Scott Thomas en Sharon Horgan in die hoofrolle, plaas MILITARY WIVES klem op hoe diegene wat agterbly wanneer die manne oorlog toe gaan in ’n roetine verval, terwyl hulle wag vir hulle geliefdes om terug te keer en hoop om nooit slegte tyding te kry nie.

Kate (Scott Thomas) is netjies en georganiseerd, terwyl Lisa (Horgan) meer gemaklik en onkonvensioneel is. Saam vorm hulle ’n onverwagse vennootskap wat lei tot die eerste koor vir soldate se vroue. Hierdie koor help nie net dié vroue deur van die moeilikste oomblikke in hulle lewens nie, maar word ook mediasensasie wat die weg baan vir soortgelyke pogings regoor die wêreld.

“Dit was baie opwindend om lewe te gee aan ’n kontemporêre millitêre basis deur hierdie verhaal van gewone vroue in ongelooflike moeilike omstandighede, wat die genesende krag van saamsing gebruik om mekaar te bemoedig,” sê Cattaneo.

Greg Wise, Jason Flemyng, Emma Lowndes, Gaby French, Lara Rossi, Amy James-Kelly en India Ria Amarteifio is ook in die fliek te sien.

MILITARY WIVES is ’n inspirerende goedvoel rolprent oor vriendskap, liefde en ondersteuning binne ’n gemeenskap. “Ek hoop dat fliekgangers saam met die karakters in die fliek sal lag en huil, dat hulle geïnspireerd sal voel deur hierdie vroue se dapperheid en dat hulle die ou musiektreffers sal geniet,” sê Cattaneo.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=ts0X-U7uLdw

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @militarywivesmovie
Nuts About Movies: https://www.facebook.com/NutsAboutMovies/

PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za

Artslink.co.za Account:
Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717
Starburst Promotions
www.starburstmusic.co.za

Web site:http://www.starburstmusic.co.za